Boet Schoeman is onlangs aangewys as die nasionale kampioen mampoerstoker by die jaarlikse mampoerfees van die Kultuurstokersgilde. Maroela Media het met hom gesels oor die proses van mampoerstook.
Alles deur die skrywer Burger Meyer
Luister: Proesstraat se Cindy Swanepoel is veel meer as ʼn grapjas
Cindy Swanepoel laat mense gereeld skaterlag in ‘Proesstraat’ maar vanjaar was sy ook in haar eerste vollengte rolprent, ‘Ballade vir ʼn Enkeling’, te sien. Die besige aktrise is egter veel meer as net ʼn grapjas. Maroela Media het met haar gesels oor haar vermoë om mense te laat lag en haar nuwe rol in die televisiereeks ‘Getroud met Rugby’.
Video: SA super-rockgroep staan saam teen kanker
Die Vrede Foundation wat daarop fokus om jongmense bewus te maak van kanker, het vanjaar kragte saamgesnoer met die super-rockgroep ‘Blood Brothers’. Francois van Coke is ook deel van die groep en Maroela Media het met hom gesels oor hoe die Vrede Foundation tot stand gekom het en wat aanhangers van die supergroep kan verwag.
Luister: Dít is wat ʼn Pierneef jou uit die sak gaan jaag
“Space for Landscape: The work of JH Pierneef” is die grootste uitstalling van Pierneef se werk in meer as 30 jaar. Maroela Media het ʼn draai by die uitstalling gaan maak om uit te vind hoekom Pierneef se werk vandag nog so gesog is en wat die kleinste bedrag is wat jy sal moet opdok vir een van dié kunswerke.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 9 tot 15 Julie
Charlie Smidt van die FAK gesels weekliks oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur. Nuwe teaterstukke op die planke naby jou, boekbekendstellings en al die sangers se optredes – jy kan dit alles hoor op kultuurkoerant – elke Donderdag op Maroela Media.
Op die radar: Jorine Rich gesels oor Boerseun
Jorine Rich se album ‘Boerseun’ is vroeër vanjaar op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn bekendgestel. Maroela Media het met haar gesels oor die inspirasie vir die album en sy vertel ook waaroor haar titelsnit, “Boerseun”, gaan.
Luister: Ruda Landman oor groot besluite en nuwe program
Haar naam is amper sinoniem met Carte Blanche en vir 19 jaar lank was kykers gewoond daaraan om haar Sondagaande op televisie te sien. Nou is Ruda Landman weer Sondagaande terug op die kassie met ʼn splinternuwe program, VeranderDinge.
Video: Maak jou eie ‘Back to the future’-modelkarretjie
Dit is vanjaar 30 jaar sedert die immergewilde karakter Marty McFly van die fliek Back to the future op die grootskerm tussen die hede en die verlede rondgespring het. Die video wys vir jou hoe om ʼn modelweergawe te maak van die ikoniese motor wat in die fliek deur tyd kan reis.
Op die radar: Blink toekoms wink vir jong musikant
Ashlinn Gray is slegs 18 jaar oud, maar het reeds ʼn hele paar treffers bekend gestel, insluitend haar nuwe enkelsnit Risking it all. Maroela Media het met haar gesels oor haar musiekloopbaan en waar sy haar inspirasie kry.
Luister: Michelle Botha op die planke met “Twee vir die prys van een”
Michelle Botha was te sien in die verhoogstuk Ons vir jou en The Sound of Music, maar baie mense sal haar onthou vir haar rol as Cornia in die televisiereeks Getroud met Rugby. Sy is nou saam met Lizz Meiring en Hannes Muller te sien in die komiese produksie Twee vir die prys van een en Maroela Media het met Michelle oor dié produksie gesels.
Video: Leerlinge slyp wiskunde- en wetenskapvaardighede by winterskool
Die Aktiwiteitsentrum vir Tegnologienavorsing, of Trac, kry nou kenners om ekstra klasse in die skoolvakansie aan te bied. Die winterskool word aangebied omdat hoërskoolleerlinge se wiskunde- en wetenskapvaardighede ‘n groot bron van kommer is.
Op die radar: Cordelia breek die stilte
Maroela Media het met Cordelia gesels oor haar album ‘Breek die stilte’ en haar nominasie vir die Finesse Voelgoed-Doengoed vrou toekenning.
Video: Innibos in volle swang
Die Innibos kunstefees is tans aan die gang en vanjaar is daar meer as 30 produksies by dié fees.
Luister: Oud en nuut op Albert de Wet se album ‘Yswarm’
Maroela Media het met Albert de Wet gesels oor sy album ‘Yswarm’.
Hier is die 2015 Pendoring-beoordelaarspaneel
Die beoordelaars van vanjaar se Pendoring-reklametoekennings sluit ’n uitgelese span kundiges in van die voorste en mees bekroonde agentskappe in Suid-Afrika.
Luister: Len Muller gesels oor sy ‘Doodgewone Avontuur’
Maroela Media het met Len Muller gesels oor sy album ‘Doodgewone Avontuur’.
Luister: Hier is die wenners van LAPA se Jeugromankompetisie
Die 2015-wenners van LAPA se Jeugromankompetisie is vandag bekend gemaak en lesers kan uitsien na drie splinternuwe jeugromans wat eersdaags verskyn.
Luister: GROOTfm eersdaags op die kassie
GROOTfm se gewilde ontbytprogram, Die Groot Ontbyt, gaan van 10 Augustus af regstreeks op kykNET uitgesaai word.
Video: Só werk Op die Spel
Maroela Media het ʼn draai gaan maak op die stel van dié nuwe program ‘Op die Spel’ en met die beoordelaar, Gerhard van Huyssteen, asook die aanbieder, Rian van Heerden, gesels.
Resensie: Hollywood in my Huis – dit gaan die hartsnare roer
Daar is geen ander woord om Hollywood in my Huis te beskryf as magies nie. Lanklaas was daar ʼn fliek wat dinge soos jong liefde, hoërskool en matriekafskeid so eg uitgebeeld het soos dié fliek.