“Tuiskoms” word as ʼn merkwaardige reis van herbesinning beskryf wat ʼn helder hoop tot die toekoms verskaf. Lees ‘n uittreksel uit Carel Boshoff se jongste boek:
Lees meerAlles deur die skrywer Carel Boshoff
Vryspraak: Mediamense en modernisering
‘n Taal moet gepraat en gehoor word, en geskryf en gelees word.
Vryspraak: Geen selfstandigheid sonder energieselfstandigheid
Praat mens dan oor sonpanele en waterpompe, of ekonomiese teorie en onderwysprodukte, is die gees van ‘n boer maak ‘n plan al klaar weer aan die werk.
Vryspraak: Afrikaners se tweeledige bestaan
Afrikaners was immers nog altyd lief vir die land. Nou is die vraag wat om te doen met die gebroke skikking en die gebroke land.
Vryspraak: Saam in Afrika, waar lê die sleutel tot ’n modus vivendi?
“Nou, ‘n kwarteeu later bevind ons ons onder ‘n heel nuwe stel omstandighede, en nou ontstaan die vraag hoe om onder hierdie omstandighede ons verhoudings in te rig.”
Vryspraak: Dompel Zuma ons tans in ’n grondwetlike krisis?
As hierdie konstitusionele krisis nie die hoof gebied word nie, sal Suid-Afrika as betekenisvolle woord binnekort tot die verlede behoort.
Vryspraak: Wat Afrikaners kan leer by die VSA
Hoe lank kan ‘n beskawing wat sy eie bronne verontagsaam en minag, behoue bly? En wat staan diegene te doen wat steeds tot dié beskawingsbronne aangetrokke voel? Dit is die vrae wat Carel Boshoff van die Vryheidstigting wil beantwoord.
Vryspraak: Gemeenskapsontwikkeling en selfstandigheid in praktyk
‘n Gemeenskap is ‘n komplekse sisteem en ontwikkeling is nie ‘n eenvoudige proses wat in ‘n reguit lyn van begin tot einde afloop nie. En as die gemeenskap Orania is, dan weet jy boonop vriend en vyand hou jou die hele tyd fyn dop!
Vryspraak: Die verband tussen waar jy vandaan kom en waarheen jy gaan
Die punt is dat ons nie mag toelaat dat die stempel van ons tyd ons slagoffers van ons omstandighede maak nie. Stereotiperings soos “jong Afrikaners in die huidige Suid-Afrika” kan net so ontmagtigend wees soos “swart mense onder apartheid”.
Vryspraak: Uit watter bronne put ons in krisistye?
Die vraag oor die wêreld wat ons besig is om tegemoet te gaan, is wat Carel Boshoff en Ernst Roets in die Vryheidstigting se Vrysending Donderdagaand om 19:00 gaan besin.
Vryspraak: Hoe ’n volk hom aan sy eie skoenrieme optrek
‘n Entoesiastiese geskiedenisonderwyser wat die armblankevraagstuk van die 1930’s met ons behandel het, het die beeld van ‘n ou wat in die moeras wegsink, maar hom aan sy eie skoenveters optrek, in my kop geplant.
Vryspraak: Die nuwe wêreld van digitale erfenisbewaring
Dr. Burgert Senekal is ‘n medewerker van die Vryheidstigting en het al buitengewone sukses met talle digitale bewaringsprojekte behaal. Kom kyk ‘n video van die gesprek tussen Carel Boshoff en Senekal oor “Die nuwe wêreld van digitale erfenisbewaring op Facebook.
Vryspraak: Die kwessie van 5G-selfoonseine en Covid-19 se verspreiding
Dit is die soort vrae waarop eenvoudige antwoorde nie sonder meer gegee kon word nie, in elk geval nie tot die bevrediging van mense wat eenmaal begin wonder het of alles pluis is in die wêreld. En as jy reeds skepties is oor die owerhede wat jou sekerheid moet gee en die media wat die boodskap dra, dan word ‘n ontkenning so goed as ‘n bevestiging.
Vryspraak: Is die onafhanklike regbank gewaarborg?
‘n Onafhanklike regbank in ‘n konstitusionele demokrasie is dus nie soseer verkeerd nie as wat ons verwagtings daarvan meestal totaal oorspanne is. Niks kan selfstandigheid vervang nie, daarom bly vryheid ‘n volk se uiteindelike ideaal.
Vryspraak: ’n Kulturele monument vir die grondlegger van Orania
Die leiers verdien erkenning wat nie populariteit nie, maar integriteit eerste gestel het en wat die strukturele kragte wat in hul tyd en samelewing aan die werk was, reg verstaan het. Dit is hulle wat oplossings kon formuleer vir probleme wat die meeste mense nog nie eens sien aankom het nie en vir wie ‘n kulturele monument, soos ‘n gedenklesing, gepas is.
Vryspraak: Naskoolse opleiding met die oog op ’n selfstandige gemeenskap
Betekenisvolle naskoolse opleiding is dalk die belangrikste bymekaarkompunt van al ons ander inisiatiewe en ondernemings. Dit is ‘n uitdaging waarvoor ons nie durf terugdeins nie, ‘n roeping waarvoor ons nie durf doof wees nie.
Vryspraak: Ons lewende erfenis en die FAK se rol vandag
Dit is die moeite werd om ons erfenis te bewaar – nie deur dit te museumifiseer nie, maar deur dit te léwe. Daarom dat ons instellings soos die FAK nodig het, want alleen kan elkeen eenvoudig nie vermag wat ons saam kan regkry nie. Daarom dat die Vryheidstigting Donderdagaand met dr. Danie Langner gesels oor ons lewende erfenis en die FAK se rol vandag.
Vryspraak: Ons misdaad teen die mensdom en die kwessie van oorlewing
Waarom was dit byvoorbeeld belangrik genoeg om dié misdaad, wat immers toe al afgesweer en verby was, in 1998 tot die Statuut van Rome, ingevolge waarvan die Internasionale Geregshof tot stand gebring is, te vervat?
Vryspraak: Dink voor jy doen in tyd van konflik
Om te dink voor jy doen, is altyd belangrik, maar in ‘n tyd van spanning en konflik is dit noodsaaklik.
Vryspraak: Die kwessie van ons mense se gemoed
Die stemming onder ons mense het verander, ons gemoed is nie meer dié van lydelike aanvaarding nie. Ons sê: Nee! Maar is dit genoeg? Word ons toekoms op ‘n groot NEE gebou? Dit sal tog duidelik nie deug nie. Die vraag is waarvoor ons in dieselfde asem JA sê.