Die maatskappy se eiervoorraad was die afgelope paar maande 60% minder en eierpryse het terselfdertyd ook met meer as 60% gestyg.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Ses vas oor AKA-moord, nog een gesoek
Vier van die verdagtes word ook met ander moordsake verbind. Twee van die ses is in Eswatini (voorheen Swaziland) aangekeer en moet nog na Suid-Afrika gebring word. Daar word steeds na ʼn sewende betrokkene gesoek.
Minister ontken sy bedank, sluit by MK-party aan
“Ek bly ʼn lojale en gedissiplineerde lid van die ANC, ʼn party wat sedert die 1970’s my politieke tuiste is. Eweneens bly ek ʼn toegewyde dienaar van die mense van Suid-Afrika …”
Fase 2 geld nou
Só lyk die jongste beurtkragvooruitsig.
Regstreeks: Kry hier antwoorde op Bela-vrae
Skakel hier in vir ʼn regstreekse gesprek oor die beoogde Bela-wetgewing en die uitwerking daarvan op die onderwysstelsel, kinders, ouers en skole.
Landbou-ontwikkelingsprojek bly groei (en oeste ook)
Die volgende fase van die projek behels die uitbreiding van die sonaangedrewe drupbesproeiingstelsel om die skaal van die projek te vergroot. Dit sal verder bydra tot die volhoubaarheid en winsgewendheid van die projek.
Weermag verwerp bewerings oor DRK-ontplooiing
Een van die bewerings wat gemaak word, is dat die weermag nog “nooit in die DRK was om Kongolese te beskerm of negatiewe gewapende groepe te beveg nie” en ontplooi word om myne te beskerm sodat dit geplunder kan word.
Oplossings vir platteland moontlik danksy gewone SA’ners
“Wat egter tekenend van die platteland is, is dat gemeenskappe hier mekaar ken, saamwerk en net doodeenvoudig weier om te gaan lê. Dit is ʼn nasionale bate.”
Besluit oor Hlophe ‘aanval op swart intelligentsia’
“Hlophe se dapper standpunt teen verskanste rassisme in die regstelsel wys net weer hoekom die staat van beskuldiging ʼn blatante poging is om hom stil te maak.”
Besluit verwelkom om Hlophe, Motata uit amp te verwyder
“Dit is noodsaaklik om die integriteit van die regbank te beskerm, asook vir openbare vertroue in ons regters, dat daar ernstige en sinvolle sanksies teen regters ingestel word wat ernstige oortredings van wangedrag begaan.”
Mashatile se beeldpoetser geskors
ʼn Senior vrouewerknemer het die adjunkpresident se woordvoerder van ongevraagde seksuele toenadering beskuldig en ʼn onafhanklike ondersoeker het in Desember reeds aanbeveel dat hy geskors word.
Beurtkrag: Hoër fase skop vroegdag in
Die verlies aan ses opwekkingseenhede by twee kragstasies het Eskom gedwing om die toepassing van beurtkrag te verskerp.
Hlophe van amp onthef
John Hlophe het Woensdag die eerste regter sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika geword om van sy amp onthef te word.
DA gaan appelleer teen beslissing oor kaderontplooiing
Regter Aubrey Ledwaba het Woensdag die party se aansoek, dat die ANC se beleid van kaderontplooiing ongrondwetlik verklaar word, met koste in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys.
Inflasie weer hoër
StatsSA het Woensdag die jongste inflasiesyfer bekend gemaak: dit staan nou op 5,3% vir Januarie, nadat dit die vorige twee maande agtereenvolgend gedaal het.
Werkloosheidskoers nou op 32,1%
Die werkloosheidskoers ingevolge die uitgebreide definisie (wat insluit ontmoedigde werksoekers) word beskou as ʼn meer akkurate weerspieëling van die werklike getal werklose Suid-Afrikaners. Dié syfer staan op 41,1% met ʼn kenner wat waarsku dit dui op langertermyn, strukturele probleme in die plaaslike ekonomie.
Grondrestitusie verbreek armoedesiklus
“Die studiebevindings help ons om te verstaan dat grondrestitusie nie net oor finansiële en ekonomiese geregtigheid gaan nie, maar ook oor sielkundige en maatskaplike herstel; dit is ʼn les wat ons in gedagte moet hou wanneer ons die sukses of mislukkings van grondrestitusieprogramme evalueer,” sê Thoko Didiza.
Toestemming vir korrupsieondersoek by Prasa
Die Swifambo-lokomotiefdebakel en Siyangena se veiligheidsoutomatisering by treinstasies is twee van die grootste kwessies wat die Spesiale Ondersoekeenheid ingevolge die proklamasie moet ondersoek. Albei tenders is egter al meer as ʼn dekade gelede toegeken.
Vrektes aangemeld ná varkpes-uitbreking by George
Die gebied is onder kwarantyn geplaas en inwoners word gevra om geen varke of varkprodukte uit die gebied te neem nie om die verdere verspreiding van die siekte te verhoed.
Kaderontplooiing: ANC het ‘niks om weg te steek’
Die ANC het die rekords van sy kaderontplooiingskomitee – ná ʼn jare lange regstryd – aan die DA oorhandig, dokumente wat die DA glo gaan wys watter rol pres. Cyril Ramaphosa in die aanstelling van amptenare gespeel het, veral dié wat by staatskaping betrek word.