Die man is skuldig bevind aan betreding in die Krugerwildtuin, sameswering om ʼn misdaad te pleeg en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Verval op dié Noord-Kaapse dorpe ruk handuit
Slaggate, rou rioolvuil en onooglike vullisterreine is net sommige van die probleme waarmee inwoners van De Aar, Hanover en Britstown te kampe het.
Strooier bring omwenteling in presisieboerdery
Ontwerp met duursaamheid en toeganklikheid in gedagte word dié moderne strooier van dik, hoëgehalte staal vervaardig. Boonop gebruik dit ʼn versterkte onderstel en dit loop op ekstragroot flotasiebande.
‘Onbegryplik’; Vodacom vaar uit oor ‘Please Call Me’-beslissing
Vodacom voer aan die appèlhof se bevele is “onbegryplik, onverstaanbaar en vaag wat dit onmoontlik maak om uit te voer en af te dwing,” en dat die maatskappy hom nou tot die land se hoogste hof gaan wend.
Bullet-die-bul nou wingerdbewoner
Nguni-beeste het geweldige estetiese, kulturele en geestelike betekenis, is gehard en vereis min onderhoud.
Impak van voëlgriep nog maande gevoel
Die maatskappy se eiervoorraad was die afgelope paar maande 60% minder en eierpryse het terselfdertyd ook met meer as 60% gestyg.
Ses vas oor AKA-moord, nog een gesoek
Vier van die verdagtes word ook met ander moordsake verbind. Twee van die ses is in Eswatini (voorheen Swaziland) aangekeer en moet nog na Suid-Afrika gebring word. Daar word steeds na ʼn sewende betrokkene gesoek.
Minister ontken sy bedank, sluit by MK-party aan
“Ek bly ʼn lojale en gedissiplineerde lid van die ANC, ʼn party wat sedert die 1970’s my politieke tuiste is. Eweneens bly ek ʼn toegewyde dienaar van die mense van Suid-Afrika …”
Fase 2 geld nou
Só lyk die jongste beurtkragvooruitsig.
Regstreeks: Kry hier antwoorde op Bela-vrae
Skakel hier in vir ʼn regstreekse gesprek oor die beoogde Bela-wetgewing en die uitwerking daarvan op die onderwysstelsel, kinders, ouers en skole.
Landbou-ontwikkelingsprojek bly groei (en oeste ook)
Die volgende fase van die projek behels die uitbreiding van die sonaangedrewe drupbesproeiingstelsel om die skaal van die projek te vergroot. Dit sal verder bydra tot die volhoubaarheid en winsgewendheid van die projek.
Weermag verwerp bewerings oor DRK-ontplooiing
Een van die bewerings wat gemaak word, is dat die weermag nog “nooit in die DRK was om Kongolese te beskerm of negatiewe gewapende groepe te beveg nie” en ontplooi word om myne te beskerm sodat dit geplunder kan word.
Oplossings vir platteland moontlik danksy gewone SA’ners
“Wat egter tekenend van die platteland is, is dat gemeenskappe hier mekaar ken, saamwerk en net doodeenvoudig weier om te gaan lê. Dit is ʼn nasionale bate.”
Besluit oor Hlophe ‘aanval op swart intelligentsia’
“Hlophe se dapper standpunt teen verskanste rassisme in die regstelsel wys net weer hoekom die staat van beskuldiging ʼn blatante poging is om hom stil te maak.”
Besluit verwelkom om Hlophe, Motata uit amp te verwyder
“Dit is noodsaaklik om die integriteit van die regbank te beskerm, asook vir openbare vertroue in ons regters, dat daar ernstige en sinvolle sanksies teen regters ingestel word wat ernstige oortredings van wangedrag begaan.”
Mashatile se beeldpoetser geskors
ʼn Senior vrouewerknemer het die adjunkpresident se woordvoerder van ongevraagde seksuele toenadering beskuldig en ʼn onafhanklike ondersoeker het in Desember reeds aanbeveel dat hy geskors word.
Beurtkrag: Hoër fase skop vroegdag in
Die verlies aan ses opwekkingseenhede by twee kragstasies het Eskom gedwing om die toepassing van beurtkrag te verskerp.
Hlophe van amp onthef
John Hlophe het Woensdag die eerste regter sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika geword om van sy amp onthef te word.
DA gaan appelleer teen beslissing oor kaderontplooiing
Regter Aubrey Ledwaba het Woensdag die party se aansoek, dat die ANC se beleid van kaderontplooiing ongrondwetlik verklaar word, met koste in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys.
Inflasie weer hoër
StatsSA het Woensdag die jongste inflasiesyfer bekend gemaak: dit staan nou op 5,3% vir Januarie, nadat dit die vorige twee maande agtereenvolgend gedaal het.