Die werkloosheidskoers ingevolge die uitgebreide definisie (wat insluit ontmoedigde werksoekers) word beskou as ʼn meer akkurate weerspieëling van die werklike getal werklose Suid-Afrikaners. Dié syfer staan op 41,1% met ʼn kenner wat waarsku dit dui op langertermyn, strukturele probleme in die plaaslike ekonomie.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Grondrestitusie verbreek armoedesiklus
“Die studiebevindings help ons om te verstaan dat grondrestitusie nie net oor finansiële en ekonomiese geregtigheid gaan nie, maar ook oor sielkundige en maatskaplike herstel; dit is ʼn les wat ons in gedagte moet hou wanneer ons die sukses of mislukkings van grondrestitusieprogramme evalueer,” sê Thoko Didiza.
Toestemming vir korrupsieondersoek by Prasa
Die Swifambo-lokomotiefdebakel en Siyangena se veiligheidsoutomatisering by treinstasies is twee van die grootste kwessies wat die Spesiale Ondersoekeenheid ingevolge die proklamasie moet ondersoek. Albei tenders is egter al meer as ʼn dekade gelede toegeken.
Vrektes aangemeld ná varkpes-uitbreking by George
Die gebied is onder kwarantyn geplaas en inwoners word gevra om geen varke of varkprodukte uit die gebied te neem nie om die verdere verspreiding van die siekte te verhoed.
Kaderontplooiing: ANC het ‘niks om weg te steek’
Die ANC het die rekords van sy kaderontplooiingskomitee – ná ʼn jare lange regstryd – aan die DA oorhandig, dokumente wat die DA glo gaan wys watter rol pres. Cyril Ramaphosa in die aanstelling van amptenare gespeel het, veral dié wat by staatskaping betrek word.
Talle nuwelinge by Bokke se belyningskamp
Springbokafrigter Rassie Erasmus sê hulle sien uit na die kamp wat ʼn geleentheid aan veral jonger en onervare spelers bied om ʼn ware gevoel te kry van wat op die hoogste vlak van rugby van hulle verwag gaan word.
‘Teleurgesteld, nie verbaas’ – RP oor uitsluitingsbesluit
“Die uiterste ironie is dat baie van die partye in die Veelpartyhandves die afwenteling van mag ondersteun. Blykbaar wil hulle dit weg van die ANC na hul eie amptenare afwentel, maar nie heeltemal so ver af as na die mense self nie,” sê Phil Craig in reaksie op die verwerping van die party se aansoek om deel van die Veelpartyhandves te word.
Traer trekkerverkope dui op ‘normalisering’ van sektor
Landboumasjinerieverkope was die afgelope paar jaar uitsonderlik goed en is grootliks toegeskryf aan groot graan- en oliesaadoeste. Die landbousakekamer Agbiz meen egter die kleiner verkope moet nie noodwendig as ʼn gevaarlig vir die bedryf beskou word nie.
‘Waansin’ om SA troepe in DRK te ontplooi
Benewens die lewensgevaar, is die “gedagte dat R2 miljard op die ontplooiing bestee gaan word, eenvoudig belaglik”, sê die DA se Kobus Marais, en die besluit om die troepe in die buiteland te ontplooi, moet dadelik herroep word.
Kaapstad se rioolvuil: dít is opsies
Die Stad Kaapstad soek oplossings vir die minstens 32 miljoen liter onbehandelde rioolvuil wat elke dag by drie seestortingspype in die see gestort word.
Strykyster of skaal vir Valentynsdag? Dalk liefs nie …
Valentynsdag is om die draai en as jy dalk nog wonder wat jou geliefde se hart tjoklits gaan laat klop, is hier ʼn paar geskenkidees oor wat dit waarskynlik nié gaan laat gebeur nie.
Ramaphosa se ‘nuwe dagbreek’ is beurtkragdonker
Dit is ongelooflik, maar ook die werklikheid, dat daar van Suid-Afrikaanse gesinne, gemeenskappe en sakeondernemings verwag word om florerende en produktiewe lewens te lei terwyl hulle in ʼn 24-uur-siklus amper 12 uur lank sonder krag sit.
‘Ons sal jul nooit ophou jag’; Leap-beampte se ‘moordenaars’ vas
“Ek het Magwa se familie en sy kollegas beloof dat ons alles moontlik sal doen om sy moordenaars aan die pen te laat ry. ʼn Aanval op een is ʼn aanval op almal.”
Ramaphosa na Namibië om medelye te betuig
Ramaphosa het opnuut sy medelye namens die Suid-Afrikaanse regering en die land se burgers met Geingob se weduwee, Monica Geingos, en die Namibiese nasie betuig.
Dié grondboontjiebotter nou óók herroep
Die vervaardiger, House of Natural Butters, het die kommissie ingelig dat die handelsmerke hoër as voorgeskrewe vlakke aflatoksien bevat. Dit maak dit ongeskik vir menslike verbruik.
Fase 6 geld weer onbepaald
Die kragvoorsiener sê nadat twee opwekkingseenhede die afgelope 24 uur weer in diens gestel is, moes twee ander eenhede nou weer van lyn gehaal word.
Departement het (nog) nie antwoorde oor ‘super-fêns’
Die departement het Gouws se aansoek oor die koste verbonde aan die projek op 8 Januarie ontvang en moes ingevolge wetgewing binne 30 dae daarop reageer. Hieraan is nie voldoen nie.
ACDP woedend oor student se skorsing by NWU
Die party eis nie net dat Shaun Christie, wat sy misnoeë met ʼn LGBTQIA+-oriënteringsessie te kenne gegee het, se skorsing opgehef word nie, maar ook ʼn verskoning van die Noordwes-Universiteit (NWU).
30 jaar agter tralies vir polisiemoordenaar
Adv. Luzaan Williams, namens die staat, het aan die hof gesê die voorkoms van aanvalle op wetstoepassingsbeamptes is verregaande en dat dit geweldig algemeen in die Wes-Kaap – en die res van die land – geword het.
Ramptoestand in Karoo ná week lange kragonderbreking
Die sowat 20 000 km² is dalk van die mees yl bevolkte dele in die land, maar die ekonomie hier is net so afhanklik van elektrisiteit as enige ander deel van die land.