Die Sheraton-hotel, ʼn gebou van die departement van water en sanitasie en ʼn bekende winkelsentrum in Centurion se dienste is afgesny weens agterstallige rekeninge.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Trollip nou provinsiale leier by ActionSA
Trollip is ʼn voormalige voorsitter van die DA se federale raad en ʼn oudburgemeester van die Nelson Mandelabaaimetro.
‘Oom Boggom’ se stem nou stil
Ian de Jager, bekend as die gewilde Oom Boggom op Facebook, is Dinsdagaand dood.
‘Aksieplan’ om vuurwapenregister reg te ruk
Die polisie word al jare lank gewaarsku dat hy beheer oor die vuurwapenlisensiëringsproses verloor.
Staat SA se ‘remskoen’
Pres. Cyril Ramaphosa lewer Donderdagaand sy staatsrede te midde van rekordhoë werkloosheidsvlakke, voortgesette beurtkrag, verdoemende verslae oor staatskaping en die staat se reaksie op verlede jaar se verwoestende onluste. Kenner sê watter stappe die president kan aankondig om vertroue te help skep.
Beloftebos nou nie meer trouvenue
Dié venue is etlike jare reeds in ʼn geskil met die Menseregtekommissie oor gay-huwelike gewikkel en wil die saak nou op vriendskaplike wyse skik.
Liggaam gevind ná boot oor damwal stort
Christo Fritz word sedert Saterdag vermis nadat die boot wat hy en ʼn vriend op die Roodeplaatdam gaan toets het, oor die wal getuimel het.
Oorwinning vir skool met swak infrastruktuur
Die Gautengse onderwysdepartement het nie op die hofsaak gereageer nie, maar die hof het die departement ieder geval gelas om binne 15 dae terugvoer oor sy vordering te gee.
Oproer: Ramaphosa moet regering se ‘mislukkings’ erken
ʼn Kenner waarsku indien die legio maatskaplike probleme nie gepak word nie, die moontlikheid van verdere oproer bestaan.
Voormalige IT-bestuurder ook in hof oor Cell C se vermiste miljoene
Sewe mense is tot dusver in hegtenis geneem en volgens die Valke kan die moontlikheid van nog inhegtenisnemings nie uitgesluit word nie.
Ministers se koppe moet rol oor Julie-oproer
GOOD bestempel Suid-Afrika as ʼn “kruitvat”, terwyl die DA sê die ANC se interne faksiegevegte was die hoofoorsaak van die dodelike geweld wat die land in Julie verlede jaar geruk het.
Een van Richardsbaai-skool nog in hospitaal
Talle leerders is Maandag na ʼn hospitaal geneem nadat verskeie inwoners van die gebied naarheid, braking en asemhalingsprobleme na ʼn vermoedelike gaslek begin ondervind het.
Covid-19-statistieke: Al hoe minder sterftes
Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng, gevolg deur Mpumalanga.
Polisie kry gewonde man langs pad ná plaasaanval
Die man is gedwing om geld by verskeie OTM’s te trek, waarna hy geskiet en in ʼn bos agtergelaat is.
Verdoemende verslag oor Julie-oproer bekend
Die paneel het onder meer bevind faksiegevegte in die ANC het ʼn ernstige bron van onbestendigheid in die land geword, asook dat die polisie versuim het om die oproer en plundering te stuit.
OB loop hofbloutjie oor Zille-twiet
Zille het in die appèlhof onder meer aangevoer die OB se verslag skep ʼn gevaarlike presedent oor vryheid van uitdrukking en veral politieke uitsprake.
Gebruik van Chinese entstof in SA goedgekeur
Ook Pfizer se Comirnaty-entstof is op 25 Januarie ten volle geregistreer. Dit was vantevore net vir noodgebruik geregistreer.
Britte maak harte oop vir SA hond wat huis soek
“Dit is my passie om soveel mense as moontlik te help. Ek hoop nou ek kan een mens vind wat vir my en Dingo sal help.”
Probleme by vuurwapenregister ‘vererger’
Korrupsie vier glo hoogty, daar is begrotingsprobleme en sommige wapeneienaars wag langer as twee jaar vir ʼn lisensie.
Minister kap terug ná EFF-bewerings oor ‘sameswering’
“Om die gedagte te laat posvat dat die proses, soos voorgeskryf in die Grondwet, die kaping of manipulasie van die regbank is, is agterbaks om die minste te sê,” lui ʼn verklaring van die departement van justisie.