Verskeie organisasies het die afgelope paar weke hande gevat om met water- en voerskenkings verligting vir gemeenskappe te bring wat onder die voortslepende droogte gebuk gaan.
Alles deur die skrywer Cyril Blackburn
Afrikaanse sanger verheug oor swangerskap ná hartseer
Die paartjie het reeds in November verlede jaar vasgestel dat hulle kan uitsien na ʼn babadogtertjie, maar wou eers verseker dat sy buite gevaar is. “Ons het gewonder of so iets weer sou gebeur, maar ons het alles oorgegee aan die Here. Alles gebeur met ʼn rede, en ons het dit so aanvaar,” het hy gesê.
Hier is die 2016 Golden Globe-wenners
Die 73ste Golden Globe-toekennings is Sondagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Beverly Hills uitgeloof. Dié toekennings erken die heel beste van die beste internasionale flieks en televisieprogramme.
[Foto’s] Boeties se manewales nou in Pretoria
Hoewel Tom ʼn gerespekteerde middelklasbestaan voer, kan dieselfde nie van sy broers Dick en Harry gesê word nie. Dick het pas teruggekeer van Zimbabwe met gesmokkelde sigarette en brandewyn, en Harry probeer ʼn kadawer in Tom se tuin begrawe. Dit sorg vir ‘n behoorlike deurmekaarspul…
Samaritane se ongewone wittebrood in Kaapstad
“Rassisme kan slegs hok geslaan word deur dade van vriendelikheid en begrip. Die beloning wat mens kry wanneer iemand vir jou glimlag omdat jy vir hulle iets goed gedoen het, kan nie met geld gekoop word nie,” het Nathan Haynes vertel.
Luister: Beradingskampe vir geliefdes van oorledenes
Ná Elize Perrin se broer in 2012 op sy kleinhoewe buite Brits vermoor is, het sy ʼn beradingskamp op die been gebring wat ondersteuning aan vriende en familie van oorledenes bied.
Netflix nou in SA
Netflix, die aanlynverskaffer van TV-programme en flieks wat deur middel van die internet gekyk word, het Woensdagaand aangekondig dat die diens amptelik in Suid-Afrika beskikbaar is.
[Foto’s] Bekendes verwelkom pienkvoete in 2016
“Ons lewe het onherroeplik verander. Dit het eintlik verander van die dag dat ons gehoor het ‘ons’ is swanger. Voor troues en kinders doen mens alles vir jouself, nou draai my lewe van dag een om hom,” het die sanger vertel.
Australiërs wil seerommel verwyder met Seabin
Twee Australiese branderplankryers het ʼn patent ontwerp wat poog om rommel uit hawens, en uiteindelik die see, te verwyder.
Boer van Wes-Kaap beproef eerlikheid met mielies
ʼn Boer in Baardskeerdersbos naby Gansbaai in die Wes-Kaap het harte laat warm klop toe hy onlangs sy bakkie met ʼn vrag mielies langs die pad gelaat het waar verbygaande motoriste mielies kon koop en die geld in ʼn kis los.
Veiligheid- en gesondheidswenke vir die nuwe skooljaar
Met die nuwe skooljaar wat aangebreek het, is dit belangrik dat ouers, veral dié van jonger kinders, die veiligheid en gesondheid van hul kinders in ag neem. Chitra Bodasing, ER24 woordvoerder, het ʼn paar gesondheid- en veiligheidswenke vir Maroela Media gegee wat ouers in gedagte kan hou dié nuwe jaar.
[Video] Nagligte stel nuwe musiekvideo bekend
Die Afrikaanse rockgroep, Nagligte, wat bekendheid verwerf het vir hul eerste enkelsnit en liriekvideo, “Dit stop nou”, het pas ’n nuwe musiekvideo vir hul liedjie “Bly” uitgereik.
Beyoncé wil Saartjie Baartman vertolk
Die gewilde popster, Beyoncé, gaan die hoofrol in haar eie fliek speel wat die lewe van die Khoi-San-vrou Saartjie Baartman uitbeeld.
Blinde meisie (7) vertel hoe sy fliekkarakters sien
ʼn Hartroerende advertensie waarin ʼn sewe jaar oue blinde meisie die 1939-fliek The Wizard of Oz beskryf, roer behoorlik die hartsnare.
[Meeste gelees] Top 10 In diepte-artikels in 2015
Hiermee die gewildste diepte-artikels wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.
Man vas vir saakbeskadiging en brandstigting
Die polisie in Madibogo in Noordwes het man (24) in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging en brandstigting ná hy twee huise beskadig het.
[Meeste gelees] Die top 10 nuusstories in 2015
Hierdie nuusstories is in 2015 die meeste gelees op Maroela Media. Soektog na tienermeisie eindig tragies Die soektog na ʼn 14-jarige meisie van Johannesburg het…
[Meeste gelees] Top10-vreemdhede vir 2015
Onthou jy nog die rok wat die internet gebreek het? Of die skattige foto’s van die volwasse broers wat foto’s uit hul kinderdae herskep het vir ʼn kalender vir hul ma? Talle stories het ook Maroela Media lesers laat gryp na die sneeusdoekies. Kyk hier na die toptien-vreemdhede wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.
Inwoner trek byna drie boewe vas
ʼn Lid van die publiek in King Williams Town in die Oos-Kaap het byna drie vermeende verdagtes van ʼn huisroof vasgetrek deur sy flink optrede.
[Meeste gelees] Top 10 vermaakstories vir 2015
Vanjaar was daar groot uitsette met groot suksesse in die vermaaklikheidsbedryf gelewer. Ons vat die hoogtepunte van Maroela Media se vermaaklikheidstories saam in die top10 vir 2015.