Alles deur die skrywer Danelle Van Zyl

Boek: Inboekeling

Hy word met ʼn riem op die werf aangesleep. ʼn Seun. ʼn Vreemdeling. Van balans af op sy lomp voete, die slaphandhoed diep tot op sy bakore getrek, rooi in die gesig van die riem om sy nek. Die mense wat hom staan en aangaap, is nie vreemdelinge gewoond nie.