ʼn Gebou van drie verdiepings met parkeerplek vir soveel as 600 motors word na bewering in die vooruitsig gestel.
Lees meerAlles deur die skrywer Danie Keet
Kyk: Unieke opleidingsentrum moet stropers help vasvat
Die Wildlife Forensic Academy aan die Weskus is die enigste van sy soort in Afrika en lei forensiese ondersoekers in wildsmisdade op.
Verblyftekort kan krisis raak by US
Eiendomsagente op Stellenbosch vrees dat ʼn krisis wag op studente wat by die Universiteit Stellenbosch (US) vir die 2024- akademiese jaar ingeskryf, geregistreer en op die gebruik van privaat losies staatgemaak het. Dié studente kan binnekort op straat wees weens ʼn ernstige tekort aan verblyfopsies.
Ondernemings ly oor Montagupas gesluit bly
Dié geskiedkundige baken is reeds maande lank gesluit weens skade aan die pad en werksverliese dreig indien dit nie binnekort oopgestel word nie.
60 jaar gelede: Shackleton 1718 se doodsvlug
Ds. Rudolf Scharneck van Goudini, self ʼn opgeleide vlieënier, het onlangs die wrak van die Shackleton besoek en vertel dat dit ʼn besonderse ervaring was.
Gaan groot skenking pad na omstrede Libertas-ontwikkeling plavei?
Die beoogde ontwikkeling van ʼn gedeelte van die geskiedkundige plaas Libertas op Stellenbosch het inwoners woedend. Besware teen die ontwikkeling sluit in die vernietiging van ʼn historiese plaas en selfs groter druk op ʼn reeds stram verkeerstelsel.
Pikkies sonder vere gehelp met voeding
Tientalle Kaapse pikkewynkuikens op Dyer-eiland naby Kleinbaai is die afgelope paar weke van die eiland verwyder, in ʼn poging om hulle by te staan met voeding terwyl hul ouers verveer.
Steengroef in Birdstraat jare reeds omstrede
Inwoners kla die omheining om die steengroef waarin Leila Lees en Ethan Kirkland se motor verlede week beland het, sou nie eens ʼn fiets kon uithou nie.
WK-regering nét so laks met stropers – aktiviste
Die regering, ook die Wes-Kaapse DA, het geen erns met die uitwissing van perlemoenstropery nie.
Jagluiperdwelpies ʼn ‘eerste’ vir Kaapse reservaat
Die koms van die welpies is verblydend en bevestig dat Buffelsdrift se bewaringspogings en -doelwitte – om vrylopende jagluiperds te help beskerm – vrugte begin afwerp.
Vonke spat in MRK-ondersoek oor Afrikaans by US
“Daar is vir ons gesê dat indien die HK sien dat ons eksklusief optree deur Afrikaans te praat tydens verwelkomingsaktiwiteite, hulle ons kamer toe sal stuur omdat hul verwelkoming in Engels geskied.”
Reuse-withaai langs kus opgemerk
Dit is ongewoon om só ʼn groot wyfiehaai naby die kus op te merk.
Besigtig wilde jagluiperds in hulle natuurlike habitat
Dié wildreservaat het pas hierdie nuwe ervaring in die natuur bekend gestel, sover bekend die enigste van sy soort in die Klein-Karoo.
Video: Wetstoepassers deur perlemoenstropers verjaag
Hulle was met klippe, stokke en pangas gewapen en het die wetstoepassers verhinder om teen die stropers op te tree.
US kry wind van voor oor Afrikaans
“Dit is duidelik dat Engels as die openbare taal op die kampus bevorder word, terwyl die gebruik van Afrikaans as die probleemtaal afgeskaal word.”
Staat kan nie (altyd) waak oor plasings op sosiale media
Pres. Donald Trump het sy rieme op sosiale media styfgeloop – en ander mense kan ook. Vryheid van spraak – ook op sosiale media – beteken egter dat daar soms selfs aanstoot gegee kan word.
Voortrekkermonument se feesvierings op Geloftedag ingeperk
Die Geloftedagvieringe wat vir vandag by die Voortrekkermonument sou plaasvind is dus drasties ingekort en is ʼn verdere terugslag vir dié grootse baken van Afrikaner-geskiedenis wat reeds finansieel sukkel om die mas op te kom.
Talle mediese interns steeds sonder poste
Altesaam 2 200 mediese studente wat vanjaar hul studie voltooi moes vir internskapposte landwyd aansoek doen. Van hierdie groep, het 159 geen plasings gekry nie.
Kinderontvoering en mensehandel: Hoe groot is die probleem werklik?
Gesprekke om etenstafels oor mensehandel en kinderontvoering in Suid-Afrika het algemeen geword nadat beeldmateriaal van ʼn man wat probeer het om ʼn kind by haar ma aan die Wes-Rand te gryp, verlede maand wyd gedeel is. Die brandende vraag van al hierdie besprekings is: Hoe groot is die probleem in ons land?
Covid-19: Onakkurate voorspellings lei tot drastiese oorskatting van SA-sterftesyfers
Die inperkingstyd was ’n groot fout en het ongekende skade aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aangerig.