Protestantse Christene vier met Luther 500 meer as die herdenking van 95 stellinge teen ’n kerkdeur. Ons vier die reg op vryheid om jouself te mag wees, diensbaar aan ’n liefdevolle en genadige God.
Alles deur die skrywer Danie Langner
’n Pa se botterbakkie
“Watter kaart of ster sal ek jou wys om veilig deur die grysland te reis,” vra DJ Opperman. Dalk is dit die verkeerde vraag. Miskien moet ons eerder vra: Waaraan gaan jou lewe eendag gemeet word? Aan sakke vol geld, grade teen die muur, groot prestasies, posisies of titels?
Onbeskaamd Christelik in die skool
Elke swart, wit en bruin Christenouer, -onderwyser en -skoolhoof wat ernstig is oor hulle kinders se reg op Christelike skole, sal in hierdie moeilike dae soos Luther dapper in die beskuldigdebank moet staan en soos die Romeinse offisier onbeskaamd moet getuig. Ons kan nie meer anders nie.
Die mag van vernedering en die krag van vryheid
Afrikaners is nie slagoffers nie, maar bouers. Hoe groter die vernedering, hoe harder bou ons.
Bybels vir die Russe
Ons is Protestants, hulle Russies-Ortodoks, maar ons dien een Here. Geloof is die sterkste band wat ons oor grense bind.
Die sewende taak
“Ons luister nie na die bevreesdes nie. Ons kan en sal onsself orals handhaaf. Voorwaarts sonder vrees!”
Geloftedag: Om anders te sien
Wanneer ons vanuit God se perspektief na ons reuse kyk, sal ons vind dat groot reuse klein word, dat sterk stede swak word, dat God vir ons en ons kinders met die oorvloed van hierdie land sal sorg. Dit het Hy beloof. Sy woord is genoeg.
Van gemeenskap tot stad
Respek is die sleutel vir gelukkige gemeenskappe en ʼn florerende stad.
Geseënd is die vredemakers
Op 31 Oktober 1517, vanjaar 499 jaar gelede, het Maarten Luther sy 95 stellinge teen die kerkdeure van Witteberg vasgespyker. Dié daad van protes was die begin van die Hervorming waaruit vele Protestantse kerke gegroei het.
Gemaak om te behoort: Die noodsaaklikheid van kulturele geborgenheid
Om betrokke te wees by burg-organisasies wat geborgenheid skep, maak mense gelukkig. Betrokkenheid gee betekenis in ons kultuurbelewing en ons menswees.
Vrees vir die Here
Wanneer my geestelike lewe begin draai om my eie selfsugtige geestelike behoefte aan geestelike gelukbringers, verloor ek iets wat die wese van ons godsdiens en ons geestelike belewenis raak, naamlik die vrees vir die Here. Vrees, nie in die sin van verskrik en bang wees nie, maar vrees soos die woordeboek sê: ’n diepe ontsag, eerbied en respek vir wie God is. ’n Heilige eerbied vir die lewende God.
Die doodsheid van geestelike gelukbringers
Om nie net met die kop te dink nie, maar ook met die hart te voel, is een van die grootste gawes wat God deur Sy Gees aan mense geskenk het. Geestelike belewenis is daardie heilige Geesvervulde oomblikke waar mense se siel geroer word – of dit nou is met die sing van ʼn lied, die aansteek van ʼn kers, die stil word by ʼn waterstroom. Die mens het ʼn diep geestelike behoefte om nie net oor God se werke na te dink nie, maar om God te ervaar.
U dienaar luister
In die ou Hallelujaboek is daar ’n liedjie wat my oupa gereeld vir ons kleinkinders laat sing het: “God bly altyd getrou. Hy sal sy kinders onthou. As droefheid my deel is en laste te veel is bly God altyd getrou.”
Waarheen, Here?
’n Joernaal, sê die woordeboek, is “’n dagboek vir aantekeninge van belangrike gebeurtenisse waarin die ondervindings van die reis neergeskryf word”. Van die begin af gaan God met mense op reis. ’n Reispad wat loop deur eeue-oue geskiedenis, deur woestyne, oor berge, deur verskillende lande, tot op die heuwel Golgota, deur ’n oop graf in ’n tuin, totdat die eindbestemming in die nuwe Jerusalem bereik word. Op sy reis roep God mense om Hom op hierdie weg te volg.
Wie is Raka?
NP van Wyk Louw se epiese gedig, “Raka”, is beslis een van die meesterwerke in Afrikaans wat steeds die verbeelding aangryp. Wie was dié Raka? Vir Van Wyk Louw was Raka veels te kompleks, te veelkantig vir ʼn oppervlakkige oplossing. Dr. Danie Langner meen Raka skuil ook in elkeen van ons.
Geskiedenis is nie ’n wapen nie
Mense wat met God se ouerhart na mekaar kyk, kyk anders na die verlede en anders na die toekoms. Hulle word vredemakers, sagmoediges, barmhartiges, rein van hart, verdraagsaam en regverdiges genoem.
SA jeug se toekoms: Anderkant woede
Tydens die Zuid-Afrika-avond van Vlaamse kultuurorganisasies in Sint Niklaas, België, was die bekommernis oor die politieke en ekonomiese toekoms van Suid-Afrika opvallend. Ledy Broeckx, voormalige hoofleier van die Vlaamse Nasionale Jeugverbond (VNJ) het gevra of ek werklik glo dat Afrikanerkinders steeds ’n toekoms in die land het.
Koersvas na die toekoms – soos die Voortrekkers
Die Voortrekkers se toekomsbeitel is nie ’n breekbeitel nie. Die Voortrekkerbeitel is NP van Wyk Louw se “klein-klein beiteltjie” waarmee ons daagliks “tik” en “klink”. Die “donker naat loop deur my land”, maar op ’n dag sien ons “die nag daar anderkant gaan oop met ’n bars wat van my beitel af dwarsdeur die sterre loop”. Koersvas na die toekoms.
Tussen dwaasheid en wraaksug
Wat Suid-Afrika nou nodig het, is koelkop Christene wat nie op die kantlyn staan nie, maar tussen dwaasheid en wraaksug opstaan om te beskerm wat vir hulle kosbaar is.
Afrikaners, Afrikaanses en die ideaal van nasiebou
Kulturele vryheid skep ʼn grondwetlike ruimte vir gemeenskappe wat ook hul kulturele identiteit en erfgoedere wil beskerm, maar dit bied veel meer. Kulturele vryheid bied ʼn werkbare suksesmodel om blywende en stabiele nasiebou te bewerkstellig.