Almal vra: Waarom word die aanstigter(s) nie aangekla nie? Die anargie moet stop. Vervolg dié wat breek en brand. Kla die spul aan wat onskuldige winkelgangers intimideer. En wat doen Clicks? Julle beloon die anargiste. Julle ontmoet hulle en bieg en buig.
Alles deur die skrywer Dirk Hermann
Ons sal self
As hierdie staat ons uitskop, skop die gemeenskap in. Ons doodkry is min. ʼn Boer maak ʼn plan, skryf Dirk Hermann.
Te wit vir my land?
Ek is keelvol, om dit lig te stel, vir die rasmalheid van hierdie land, skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Ode aan ons onderwysers
Deel hierdie boodskap en gee erkenning aan al ons wonderlike onderwysers.
Akademia bied studente ’n uitnemende toekoms – tienvoudig!
Hierdie is maar net die begin. Tientalle meer grade gaan geakkrediteer word en ’n nuwe kampus wat 5 000 voorgraadse studente en 1 000 nauurse studente kan huisves, gaan gebou word.
Video: Ons het ʼn plig om nee te sê en mekaar te help
In elke geslag se leeftyd is daar ʼn plig om nee te sê. Dis nou óns tyd! Dr. Dirk Hermann lees self sy ope brief voor.
Lesse uit die rooi galery – ons reguleer dit reg
Hoe langer die virus hoe groter die mag en hoe meer die regulering.
Ope brief: Het jy al ʼn boer en sy werkers sien huil?
“Johan het gehuil omdat getroue werkers en ook hy nie meer ʼn inkomste het nie.” ’n Ope brief van Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, aan Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme.
Skenk jou ‘twee hoenders’ en help mekaar in die koronakrisis
Op 7 April is ʼn Helpmekaardag midde-in die koronakrisis. Die doel is om geld vir die noodfonds in te samel. Dit is die begin van ʼn enorme helpmekaarpoging. In die tye wat voorlê, sal ons mekaar moet help. Ons gaan almal onseker wees en ons gaan almal swaarder kry, maar juis daarom moet ons mekaar help. Dit is ʼn tyd waarin ons moet saamdra en saamwerk. Dit is tyd dat ons ons “twee hoenders” gee.
Rassekonfrontasie in Sandton se strate
Ek stap van Nelson Mandela-plein (ironies) na die Gautreinstasie. ’n Netjies geklede swart man konfronteer my skielik, uit die bloute, van skuins agter.
Die land brand en julle eet koek
“Op 13 Februarie 2020 is u geleentheid om as staatsman die land bó die party te plaas.”
Ope brief aan Ramaphosa: ‘U poog om Afrikaners se geskiedenis te kriminaliseer’
Ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa na aanleiding van sy Versoeningsdagtoespraak: “U het gekies om die geskiedenis te verdraai en te misbruik vir u politieke ideologie oor grond.”
Geloftedag: Want haar naam is vrou en moeder…
Hulle is die volgende in die lyne van trotste geslagte van Afrikanervroue. Vroue wat in moeilike tye opgestaan het, voortgegaan, hard gewerk en baie gebid het.
Ope brief: ’n Reuse-rooikaart vir Totalsports
Saterdag gaan Eben Etzebeth uit Totalsports se winkels wees, maar in miljoene Suid-Afrikaners se huise.
Wat maak Orania daar?
Ek het Orania al verskeie kere besoek en het besluit om verder te gaan ondersoek instel na, soos baie dit sien, hierdie vreemde, abnormale gemeenskap. Hier is hoe ek die Orania-idees verstaan:
Vir die volgende geslag …
Solidariteit gaan sy wettige belastingprotesveldtog verskerp. Ons gaan baie sterk opstaan teen planne om voorgeskrewe pensioenbates te gebruik om sukkelende staatsondernemings te help en beslis ook teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Ons kan nie ons gesondheid laat “eskom” nie.
‘Ons Oranje, blanje, blou’: Dit gaan oor vryheid
In die afgelope 25 jaar het ek ook nooit die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon nie. Ek het ook nie ʼn behoefte daaraan gehad nie. Ek en ander Afrikaners verstaan en erken die groter konteks van die land, wat insluit historiese pyn en vernedering vanuit ons eie geskiedenis. Die afgelope week het ek my egter gevang dat ek neurie: “Ons Oranje, Blanje, Blou.”
Basta, Zindzi, ons voetspore is in Afrika!
Basta, ons voetspore is in Afrika skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit in ’n brief aan Zindzi Mandela na haar uitsprake op Twitter.
Om die toekoms trompop te loop
Ontwrigtende kennis is kragtig. Dit is ’n golf wat nie eens deur ’n staat wat al hoe meer wil sentraliseer, gekeer kan word nie. Dit bring nie net antwoorde vir werk nie, maar vir talle terreine waarvan die probleme onoorkomelik lyk. Die Solidariteit Netwerk loop die toekoms trompop vir ons wat net hier bly.
‘Die land’ is weg
Dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, het dié ope brief aan Heidi Edeling, uitvoerende hoof van die Ghoemas, geskryf nadat die musiekvideo van “Die Land” waarin Steve Hofmeyr sing van die benoemingslys van die Ghoema-musiektoekennings verwyder is.