Ek het lanklaas soveel innerlike konflik beleef soos toe ek onlangs Cecil John Rhodes se graf besoek het, skryf Ernst Roets.
Alles deur die skrywer Ernst Roets
Malawi se gordyne en die gebreektevensterteorie
Moenie toelaat dat die gebreektevensterteorie in jou eie lewe posvat nie, veral nie as dit deur ’n onbekwame regering op jou afgedwing word nie.
Grondhervorming: Dit is tyd vir ’n eenhoring-Kodesa
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, reken dat ’n Kodesa oor eenhorings (unicorns) waarskynlik beter vir Suid-Afrika sou wees.
Die probleem met gelykheid
“Miskien moet ons begin praat van gelyke vryheid vir almal.”
Grondhervorming is ʼn politieke set
Die feit is dat dit vir die ANC nie oor die opbou van swart mense gaan so veel as wat dit gaan oor die sentralisering van mag in die ANC-beheerde staat nie – ʼn punt wat Dlodlo onbedoeld openbaar wanneer sy dit betreur dat die staat “slegs” 14 uit elke 100 hektaar grond in die land besit.
Is 2017 die einde van die ‘Einde van die Geskiedenis’?
Daar lê interessante tye vir ons voor. Maar dat die einde van die “Einde van die Geskiedenis” aangebreek het, is ’n feit soos ’n koei, skryf Ernst Roets.
Waarom wit mense nie oor witheid praat nie
Daar is groeiende kommer oor die waarneming dat baie wit mense, die Afrikaner in besonder, verkies om nie aan openbare gesprekke oor ras deel te neem nie.
Sensuur van Steve Hofmeyr dui op dieperliggende probleem
Suid-Afrikaners moet hulself ook vra of Suid-Afrika werklik die beste grondwet in die wêreld het en of Suid-Afrika werklik ’n wonderwerk is. Dit lyk of Suid-Afrika al hoe minder vry word hoe verder ons die “vrye, nuwe Suid-Afrika” betree.
As jy dink #FeesMustFall is ’n goeie idee, lees hierdie…
Dit is ongelukkig nie so eenvoudig nie. Ek gaan nie probeer om die eis vir gratis onderwys belaglik te maak nie, maar as jy ook reken dat dit ’n goeie idee is, wil ek tog vir jou ’n bietjie stof tot nadenke gee wat jou sal help om te besin of gratis tersiêre onderwys enigsins ’n oplossing is.
Rassisme is nie ons grootste probleem nie
Uiteindelik kom alles neer op wat jou definisie van gelykheid is. Dit wil voorkom asof ons almal verskillende definisies het van wat gelykheid eintlik beteken.
Die toorn van swart rassiste: “Niemand weet meer wat om te doen nie”
Ernst Roets neem die nuwe golf van anti-wit rassisme en die ooreenkomste tussen Suid-Afrika en die VSA onder die loep. Hy haak aan by Jesse Williams se “whiteness”-toespraak by die BET-toekennings waarna Justin Timberlake op Twitter geroskam is toe hy gesê het die toespraak het hom geïnspireer.
Plaasmoorde word prioriteitsmisdaad
Een plaasmoord is een te veel. Maar elke plaasmoord wat ons verhoed, is een plaas wat nie sterf nie, een werkgewer wat aanhou om die ekonomie te versterk, een produsent wat aanhou om kos op ons tafels te plaas, een familie wat nie vernietig word nie en een gemeenskap wat nie in rou is nie.
Eerlikheid oor die verlede nou belangriker as ooit
’n Mens kan nie help om te wonder nie: Indien die film regtig so lui, swak en propagandisties is soos hulle die lesers probeer oortuig dit is, waarom ontstel dit hulle dan so? Die antwoord lê in hul eie ideologiese oorloggie.
Dubbele standaarde en swart bevoorregting: Die nuwe storie van Suid-Afrika
Ek glo dat die onderwerp van “witheid” ʼn misplaaste onderwerp is. Ek glo dat ʼn oplossing vir die sogenaamde probleem van “witheid” min sal doen om Suid-Afrika vorentoe te laat beweeg, aangesien witmense nie te blameer is vir Suid-Afrika se hedendaagse krisis nie.
Versoening: Hoe ons misluk het
Versoening het nog nie in Suid-Afrika plaasgevind nie en die skuld kan slegs geplaas word op diegene wat vir die proses verantwoordelik was.
Hoekom Cecil die nuus domineer en wat jy moet doen as dit jou ontstel
As jy dus, soos ek, ook gefrustreerd is oor die buitensporige media-aandag wat aan die sogenaamde “moord” op Cecil die leeu gegee word, terwyl ander erger brandpunte agterweë gelaat word, moet nie die leeu en die media daarvoor blameer nie.
Ope brief: Gebrek aan optrede teen aanhitsing en haatspraak teen minderheidsgroepe
“Dit wil vir ons voorkom of daar ʼn toenemende vloed van haatspraak en aanhitsing tot moord op sosiale media in Suid-Afrika verskyn.”
Die harde werklikheid oor persvryheid in Suid-Afrika
ʼn Harde werklikheid het oor die afgelope twintig jaar die land egter getref, naamlik dat grondwetlike “waarborge” in teorie nie noodwendig beteken dat iets in die praktyk gebeur nie, skryf Ernst Roets.
Kom ons praat oor die ANC se gruweldade
Miskien het die tyd aangebreek om die “twintig-tot-twee reël” in die asblik te gooi. Wat hierdie land nodig het, is minder misleiding en meer waarheid, ook oor die geskiedenis.
Sewe maniere waarop die SA regering swart mense stief behandel
Swart Suid-Afrikaners voer inderdaad ’n sukkelbestaan. Die eintlike probleem is egter nie die gesindheid van wit mense nie, maar dat die Suid-Afrikaanse regering hulle grootliks in die steek gelaat het, skryf Ernst Roets na aanleiding van ‘n rubriek in Mail & Guardian.