In hierdie Allegaartjie praat Karin Venter in Bobaas beroepe met ʼn tydskrifjoernalis. Lochner de Kock vertel ons meer oor die klankboek-weergawe van Leon Rosseau se Die Groot Verlange en Burger Meyer doen verslag oor die Litnet SingIt liedjieskryfkompetisie.
Alles deur die skrywer Esté Meyer Jansen
Allegaartjie 2 – Program 15
In hierdie Allegaartjie gesels Inge Strydom met Thys die Bosveldklong, ons vertel jou van ʼn nuwe tuinboek vir die jongspan en Burger Meyer doen verslag oor die Afrikaanse rolprent, Verraaiers, wat vandag op die silwerdoek begin wys.
Allegaartjie 2 – Program 14
In vandag se Allegaartjie gesels Cilleste van der Walt met Leana Pool oor die samestelling van die Proe Pretville resepteboek. Ons begin ʼn nuwe reeks oor vakansies en reis en in vandag se insetsel gesels ons oor sakereise. Allegaartjie-joernalis gesels met die sanger, Henry van Dyk, oor sy nuwe album.
Allegaartjie 2 – Program 13
In vandag se Allegaartjie bespreek Hettie Brittz in Immergroen Ouerskap die denneboom-persoonlikheidsprofiel. Ons gesels oor arbeidsterapie en kuier saam met die Suid-Afrikaanse super rockgroep Prime Circle.
Allegaartjie 2 – Program 12
In hierdie Dinsdag-aflewering van Allegaartjie bespreek ons regskenner ondermeer dissiplinêre verhore in ‘Jou regte in die werkplek’. Allegaartjie-joernalis, Burger Meyer, gesels met die ekonoom Mike Schussler oor werksgeleenthede en ons kuier by die liedskrywer en sanger Piet van Wyk de Vries.
Allegaartjie 2 – Program 11
In vandag se Allegaartjie begin ons ʼn nuwe reeks oor beroepsleiding waar Karin Venter elke Maandag verskeie beroepe onder die vergrootglas neem en kwessies wat onderwys en opleiding raak bespreek. Ons kuier ook by die sanger Michael Lindt en gesels met die bestuurder van Maroela Media oor ʼn splinternuwe veldtog wat die Groot Trek se 175e herdenking vier.
Allegaartjie 2 – Program 10
In hierdie Vrydag se Allegaartjie gesels Inge Strydom in Vernames Verklap met Anel Alexander. Dominee Elza Meyer en haar dogter, Ellenore van den Heever, vertel ons meer van hulle boek en ons kuier by die aktrise Angelique Pretorius.
Allegaartjie 2 – Program 9
In hierdie Allegaartjie vertel die karakter Grieta Geeverniet ons van haar gunsteling resep uit die boek Proe Pretville. Ons gesels vir die oulaas met Isabel Groesbeek oor genealogie en hoor wat doen Shaun Tait deesdae.
Allegaartjie 2 – Program 8
In vandag se Allegaartjie gesels Hettie Brittz oor kinders met roosboom-persoonlikhede. Allegaartjie-joernalis, Burger Meyer, neem aanlyninkopies onder die vergrootglas en ons kuier by die sanger, Simeon.
Allegaartjie 2 – Program 7
In Allegaartjie praat ons regskenner oor dienskontrakte en onbillike ontslag in “Jou regte in die werkplek” met Nico Strydom. Ons kuier by opkomende musiekster, Liebe Loubser en gesels met Chris Chameleon oor die Drakensbergse seunskoor en sy nuwe CD en DVD wat hy saam met hulle opgeneem het.
Allegaartjie 2 – Program 6
In vandag se Allegaartjie gesels Burger Meyer met Abel Loedolff oor Target Life, nog ʼn instansie wat ʼn oorbruggingsjaar vir studente bied. Willie Strauss vertel ons meer van sy nuutste kabasert, ‘Daar is ʼn Engel in die koskas’ en ons kuier by jong sangeres, Michelle Kuyper.
Allegaartjie 2 – Program 5
In hierdie Vrydag se Allegaartjie vra ons joernalis, Inge Strydom, vir Zetske van Pletzen om ʼn paar geheime oor haarself te verklap. Mariska le Grange vertel ons meer oor haar eerste boek, Prinses Pippie Verjaar en ons kuier by die span van die nuwe Afrikaanse rolprent, Klein Karoo.
Allegaartjie 2 – Program 4
In vandag se Allegaartjie begin ons ʼn reeks oor die resepteboek, Proe Pretville. Cilleste van der Walt vra die karakter Serah Somers wat haar gunsteling resep uit dié boek is. Isabel Groesbeek, familiegeskiedenis-navorser, vertel ons meer van ons Britse voorouers en ons gesels met die musikant Louwtjie Rothman.
Allegaartjie 2 – Program 3
In hierdie Woensdag se aflewering van Allegaartjie begin ons met nog ʼn splinternuwe reeks ‘Immergroen Ouerskap met Hettie Brittz’. Hettie gesels nou elke Woensdag met Susan Lombaard oor ouerskap en hulle kyk na die Immergroen Ouerskap-kursus se persoonlikheidsprofiele vir kinders. Ons gesels ook met die akteur Anrich Herbst en vertel jou van nuwe klassieke verhoogproduksie uit die pen van Deon Opperman.
Allegaartjie 2 – Episode 2
In vandag se Allegaartjie begin ons met ʼn nuwe reeks, ‘Wat is my regte in die werkplek?’, ons bespreek ook ʼn nuwe waardesprogram wat binnekort landswyd uitgerol word en kuier by die sanger Donovan Vallance.
Allegaartjie 2 – Episode 1
Allegaartjie is van vandag terug op jou gunsteling radiostasies!
In vandag se program gesels Allegaartjie-joernalis, Burger Meyer, met Karin Venter van Helpende Hand se beroepsleidingsdienste oor die waarde van ‘n oorbruggingsjaar. Ons vertel jou meer die WAT-woordeboek se Borg ‘n Woord projek en ons kuier by Martin Bester, die hoofsanger van die groep Kinky Robot.
Simeon Hamman spog met sy tweede musiekvideo
Die sanger, Simeon Hamman, het onlangs sy tweede Afrikaanse musiekvideo van sy nuwe album, Rooi rok vrygestel.
Allegaartjie 25
2012-11-16 In hierdie Allegaartjie bespreek ons spanwerk in ons gebruiklike ‘In My Werk’ insetsel. In ‘Vernames Verklap’ vra ons Die Heuwels Fantasties uit oor hulle…
Helpende Hand verras graad 1-leerlinge
Solidariteit Helpende Hand se Nasionale Skooltassieprojek het graad 1-leerlinge van Laerskool Danie Malan met skoolbenodighede verras.
Allegaartjie 24
2012-11-15 In vandag se Allegaartjie bespreek Marthinus Visser van Akademia die nuutste tendense in die universiteitswese. In ons gesprekreeks oor familie-geskiedenis navorsing vertel Isabel Groesbeek…