Capalie Botha, stigter en breinkrag agter Elektra Ontwikkelings, gesels met Jacques Basson van Klipkouers oor die tevredenheid wat hy ervaar wanneer hy en sy span ʼn eiendomstekening omskep in ʼn tasbare gebou.
Alles deur die skrywer Esté Meyer Jansen
ToekomsVenster: Die ryke verskeidenheid van eenheid
Die huisgesin van God. Dis wat Paulus ons noem. As ek Sondae na die gemeente kyk, word ek soms van hierdie wonderwerk bewus.
Stem só vir behoud van Afrikaans by Maties
Die Afrikaanse Alumni-vereniging het verlede week sy steun aan prof. André Coetzee, Heinrich Gonzales en adv. Jan Heunis toegesê vir die huidige raadsverkiesing by die Universiteit Stellenbosch (US). Oud-Maties mag drie nuwe raadslede aanwys.
Hoe maak mens: Só laat jy ʼn verhouding werk
Deon van der Berg van Lewensverryking sê die Bybel vra Christene egter om op ʼn radikale ander manier in hierdie gebroke wêreld te leef. Ons moet ʼn lewe leef waarin ons mense vergewe. Deon verduidelik hoe jy dit kan doen.
ToekomsVenster: Gawe en opdrag
Eenheid is ’n gawe en opdrag. Dis hoe jou gemeente in die wêreld as die gemeente van Christus uitgeken sal word!
Luister: Steyn de Wet besing bittersoet affêre om 30 te wees
Hierdie kompetisie is gesluit: Die sanger en liedjieskrywer Steyn de Wet het verlede jaar sy tweede album, Hooglied, uitgereik. Hy beskryf hierdie album as ʼn soort afskeidspartytjie vir die drome en angs van sy twintigs en ʼn omhelsing van die nuwe en die genesende in ʼn nuwe tydvak wat nou voorlê.
Luister: Is daar alternatiewe vir lyfstraf?
Ouergemeenskappe is weer aan die gons ná die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se onlangse dringende aansoek dat die regering die gebruik van lyfstraf in huishoudings moet kriminaliseer.
ToekomsVenster: Dit kos sy liggaam en bloed
Wat het dit gekos om eenheid te bewerk? Alles. Hy het daarvoor gesterf. Jy is saam met Hom opgewek. Wees nou soos Hy. Jaag eenheid na!
ToekomsVenster: Op jou knieë saam met Jesus
As jy langs Jesus op jou knieë staan, sal jy Hom in die rede val met allerhande argumente om Hom te probeer oortuig dat Hy nie hierdie gebed moet bid nie? As jy langs Jesus op jou knieë staan, klop jou hart soos syne, of staan jy in sy pad?
ToekomsVenster: Kinders van een Vader
Ons is een familie wat hande vat en rondom die kruis staan. Dis die kerk. Niks anders is die kerk nie.
Klipkouers: Jacques gesels met Len Fourie
Len Fourie is die breinkrag agter die stads- en streeksbeplanningsfirma, Makroplan. Len gesels met my oor hoe ekonomiese probleme, soos die kragkrisis, tot onvoorsiene voordele vir SA maatskappye kan lei en hoe sy kleintydpassie gelei tot sukses in sy beroep.
ToekomsVenster: Onverdeelde lojaliteit aan Jesus Christus alleen
Uiteindelik gaan dit oor die een sentrale vraag: het jy Jesus bo alles lief?
Hoe maak mens: Die gebroke wêreld se invloed op verhoudings
Deon van der Berg bespreek in vandag se praatjie hoe drie verskillende uitkyke ons verhoudings beïnvloed, wat die impak op jou lewe is en wat die Bybel hieroor sê.
ToekomsVenster: Dié waarheid
Ons gemeente is die produk van die waarheid wat in Jesus geopenbaar is. Hierdie waarheid is aan ons gegee om te verkondig. Die gemeente, skryf Paulus, is die draer en beskermer van die waarheid.
ToekomsVenster: Gebou op die apostels en profete
Dit alles beteken dat geen gemeente kan bestaan as die verkondiging van Christus nie die sentrum is nie. Dis waaroor alles gaan.
ToekomsVenster: Dis die Here se gemeente
Oor die volgende klompie weke gaan ons saam droom oor hierdie geloofsgemeenskap waarvan ons deel behoort te wees. Ons gaan luister hoe hierdie gemeenskap van gebroke mense wat deur God heelgemaak is, iets van die hemel op aarde is en behoort te wees.
ToekomsVenster: God is ewig in beheer
Hy gee nie moed op nie, roep nie ʼn vergadering byeen om alternatiewe te bespreek nie. Hy is ewig in beheer en op weg na sy bestemde bedoeling en einde.
Klipkouers: Jacques gesels met Meyer le Roux
Meyer le Roux is die man agter die welige baard en een van die twee agter Buffelsfontein Baard-olie.
Luister: Irma Venter gesels oor misdaadfiksie
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met Irma Venter gesels oor hoe die misdaadfiksie-genre haar gekies het en hoe uitdagend dit is om ʼn goeie moordtoneel in ʼn boek te skep.
ToekomsVenster: Hy sal jou nie laat verswelg nie
Spreekwoordelik ervaar ons ook geleenthede soos hierdie waar die “dryfsand/modder van omstandighede” dreig om ons te verswelg. Ons roep benoud en verdwaas na God en ander om ons te help. Die psalmdigter se getuienis is dat God telkemale gehelp het.