Paul Vorster, die breinkrag agter die ingenieursfirma Van Zyl en De Villiers in Engeland, gesels met Klipkouers oor vriendskap en sake, asook innoverende denke in die sakekonteks.
Alles deur die skrywer Esté Meyer Jansen
Luister: Nuwe baadjie vir gewilde Afrikaanse volksmusiek
Die manne van die alternatiewe rock-musiekgroep Beeskraal het saam met verskeie bekendes uit die Afrikaanse musiekbedryf gespan om 21 Afrikaanse volksliedjies op ʼn vars manier te laat herleef.
ToekomsVenster: Aan God se kant
Hy staan aan die kant van die weerloses, gemarginaliseerde, armes en gebrokenes, die verontregtes en vergete mense van ons wêreld. Ons moet seker maak dat ons en God aan dieselfde kant is.
ToekomsVenster: Stel jou hoop op God
Die Bybel sê nie verniet dat ʼn mens nie op ander mense moet vertrou nie, maar op God alleen moet hoop. Dis nie ʼn passiewe hoop wat wag dat alles in pasklaar pakkies uit die hemel moet val nie. Inteendeel, dis ʼn aktiewe hoop wat gestalte vind in inisiatief neem en hand uit die mou steek.
ToekomsVenster: Die krag van gebed
Ons sterkste wapen is egter die krag van gebed. Ouma het altyd gesê: “God slaap nie.”
ToekomsVenster: Daar is ‘n ander manier van lewe
Teenoor die geweld, hartseer, ontwrigting, terreur, trauma en onsekerheid van hierdie wêreld bied God aan ons sy boodskap van geborgenheid en beskerming, van voorsiening, guns, liefde en genade.
ToekomsVenster: Oorgawe aan God
Ek dink die Here wil hê dat ons ons weerloosheid sal begryp en Hom onvoorwaardelik sal vertrou. ʼn Mens moet uiteraard alles doen wat jy kan om ʼn veilige ruimte te skep. Maar meer as dit kan ʼn mens nie doen nie. Al wat jy kan doen is om jou oor te gee en ten volle te vertrou.
Klipkouers: Jacques gesels met Kobus Wiese
Kobus Wiese is ʼn oud-Springbok rugbyspeler wat deel was van die Rugby Wêreldbeker-wenspan van 1995. Sy kleintyd-liefde vir kos en kook het gelei tot Kobus en sy vrou, Belinda, se eerste koffiewinkel, Wiesenhof, wat oor die jare gegroei het tot 65 koffiewinkels.
ToekomsVenster: God neem ons deur die storm
Die Here help ons nie noodwendig wegkom van die storm af nie, maar neem ons daardeur en leer ons nog ʼn stukkie oorlewingskuns.
ToekomsVenster: Geloof is om God te vertrou
Die Here stel nie teleur nie. Hy help altyd, sê die digter. Toegegee, nie altyd soos ons dit wil voorskryf nie.
ToekomsVenster: Nederigheid en afhanklikheid
In baie gemeenskappe moet mense in rye val met gieters en emmers en houers van allerlei aard om hul skeppie water vir die dag te bekom. Miskien leer die Here ons weer nederigheid en afhanklikheid in hierdie dae. Ai, sal die Here nie weer vir ons uitkoms gee nie. Ons sal daaroor baie bly wees.
ToekomsVenster: Hy sal vir my sorg
Soos ʼn stewige boom, in hierdie geval ʼn olyfboom met sy kosbare oes wat genesing en voeding verskaf, word ons geroep om self geanker te wees in God.
Begrond: Deel 27
Begrond is ‘n verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan en rondom ‘n ou stinkhouttafel op ‘n plaas se stoep.
ToekomsVenster: Ken jou plek voor God
God soek na mense wat hul plek voor Hom ken. Voor Hom is alle mense aangewese op genade. Ons het niks om op te roem nie behalwe ons desperate afhanklikheid van Hom. Sulke mense is welkom by God.
Luister: Indrukke van 2015 se matriekuitslae
Hugo Vermeulen, hoof van Helpende Hand se skoleondersteuningsentrum (SOS) het met Esté Meyer Jansen gesels oor sy indrukke van die 2015-matriekuitslae wat verlede week bekendgemaak is.
Begrond: Deel 26
‘n Plaasmoord ruk ‘n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is.
ToekomsVenster: Hy het opgestaan
As getuies van die oop graf (in die geloof) staan ons voor dieselfde opdrag wat die vroue ontvang het. “Hy gaan julle vooruit … soos Hy vir julle gesê het.”
Begrond: Deel 25
Kom luister nou saam na deel 25 van die boek ‘Begrond’.
ToekomsVenster: ‘n Nuwe hoofstuk en geleentheid
Nou, egter, verkondig die weggerolde klip ʼn ander boodskap. Dit nooi uit om te kom kyk en te beleef dat die dood gewyk het en die toekoms oopgebreek is.
Begrond: Deel 24
Luister nou saam na die voorlesing van deel 24 uit die boek ‘Begrond’.