Alles deur die skrywer Eugene Brink

Die DA-jeug se rassepolitiek

Hoewel gemengde huwelike lank nie meer iets ongewoon is nie, lê daar positiewe en negatiewe punte in die DA se studentevleuel se nuutste bemarkingsplakkaat opgesluit en smeek dit om ontleding. Dit is boonop ʼn politieke plakkaat en moet binne die konteks van die Suid-Afrikaanse politieke landskap asook die demografie van die teikengroep ontleed word.