Die Britse en Ierse Leeus het hul eerste reeksoorwinning in 16 jaar behaal toe hulle Australië vandag in hul derde en beslissende kragmeting afgeransel het in Sydney.
Alles deur die skrywer Eugene Brink
Stormers trap Cheetahs in die Kaap
Die Cheetahs het vanaand op ’n piesangskil gegly toe hulle ’n loesing teen die Stormers op Nuweland in Kaapstad gekry het.
Bulls wen ver op Loftus
Die Bulls het Saterdagaand weer gewys hoekom hulle die Suid-Afrikaanse rugbyleiers is toe hulle die Kings op Loftus Versfeld met 48-18 afgeransel het. Die rustydtelling was 31-13.
Viljoen red Sharks in Durban
’n Laat drie deur die Sharks-heelagter Riaan Viljoen het die Durbaniete ’n sege van 22-20 oor die Nieu-Seelandse Blues op Kingspark laat behaal.
Wallabies klop Leeus in Melbourne-riller
Australië het hul hoop vir ‘n reeksoorwinning oor die Britse en Ierse Leeus lewendig gehou toe hulle met 16-15 in Melbourne geseëvier het.
Bokke leer Samoa ‘n rugbyles op Loftus
Ondanks ‘n louwarm tweede helfte het die Springbokke vanaand korte mette gemaak van Samoa in Pretoria.
BIL klop Wallabies in Brisbane
Die Britse en Ierse Leeus (BIL) behoort hul geluk nie te kan glo nadat hulle die eerste van hul drie toetse teen Australië naelskraaps met 23-21 in Brisbane gewen het nie.
Leeus wen nog een op Ellispark
Die Leeus het vanaand ‘n spannende oorwinning oor die Sharks in hul vriendskaplike kragmeting op Ellispark in Joahnnesburg behaal.
Jong Bokkies uit Junior WB
Die Jong Bokkies het net hulself te blameer vir hul nederlaag vanaand in Frankryk teen die Junior Drake van Wallis in die IRB se Junior Wêreldbeker.
Bokke kry naelbyt-sege in Nelspruit
’n Jong en onervare Springbokspan het rugbyliefhebbers vanaand na hul asems laat snak toe hulle byna teen Skotland op Suid-Afrikaanse bodem vasgeval het.
Leeus sink WP in JHB
Die Leeus het vanaand weer gewys hulle is reg vir groter uitdagings toe hulle die Westelike Provinsie in ‘n vriendskaplike wedstryd met 42-12 ore aangesit het.
Jong Bokkies deur na halfeind
Die Jong Bokkies het ondanks ’n slordige vertoning steeds gisteraand koning gekraai teen die Franse Jong Hane in die IRB Junior Wêreldbeker.
Boek oor Afrikaans bevat talle lesse
Afrikaans – Lewende taal van miljoene is ’n omvattende blik op die ontwikkeling en hedendaagse posisie van Afrikaans. Die boek is reeds in 2004 uitgegee, maar ’n tweede uitgawe het in 2012 die lig gesien (waarskynlik oor die gewildheid daarvan).
Bokke klop Italië gemaklik
Ondanks ‘n flouerige tweede helfte het die Springbokke steeds vyf drieë gedruk om Italië oortuigend met 44-10 te klop. Die halftydtelling was 20-0.
Samoa klop Skotland vir eerste keer
Samoa het ‘n geskiedkundige eerste oorwinning oor Skotland behaal toe hulle die Britte met 27-17 op Kingspark in Durban geklop het.
Blue Bulls seëvier in Bloem
Die Bulls bly onoorwonne teen die Cheetahs in die Super15 nadat hulle vanaand in Bloemfontein met 30-25 geseëvier het. Die halftydtelling was 17-10 in die guns van die besoekers.
Stormers klop Kings
Met reën wat neerstuif kan ‘n oorvloed punte en drieë in ‘n rugbywedstryd nie maklik te wagte wees nie en so ook was dit vanaand in Kaapstad tussen die Stormers en die Kings.
Leeus mors met Samoa op Ellispark
Die rugbywêreld kan gerus regop sit en kennis neem van vandag se stryd tussen Samoa en die Leeus want die Johannesburgse span het laat weet hulle is niemand se duiksak nie.
Bulls wen titaniese stryd in Durban
Fisies, onverbiddellike verdediging, en Morné Steyn se skopvoet.
Cheetahs roer Kings in PE
Die Cheetahs het die Kings op laasgenoemde se tuisveld in Port Elizabeth getroef en gedoen wat hulle nie in hul vorige kragmeting in Bloemfontein kon doen nie naamlik ‘n bonuspunt vir vier drieë behaal.