Suid-Afrika is in ’n diep krisis, en die ANC-regering het nie die wil of die vermoë om dit op te los nie. Inteendeel, die ANC is juis die grootste oorsaak van die toestand waarin die land homself bevind.
Alles deur die skrywer Flip Buys
Monumente van hoop
Ons het ’n hele beweging van selfhelporganisasies begin as monumente van hoop, skryf Flip Buys.
Krisisse bring ook oplossings na vore
Die slegte nuus uit die geskiedenis is dat daar maar altyd krisisse is. Die goeie nuus is dat krisisse nie nét sleg is nie, en dat dit selfs tot ongelooflike hoogtepunte lei.
IRV moet eerder voor sy eie deur vee
Daar is groter krisisse in die land as om nou mense te belaster wat talle raakpunte met mekaar het, skryf Flip Buys in reaksie op Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, se meningstuk.
Rewolusie van die ‘rykes’
Met “rykes” word hier nie die handvol miljardêrs bedoel nie, maar gewone middelklasmense met ’n kwalifikasie, ’n huisverband en ’n mediese fonds.
Tien lesse uit Senekal-gebeure
Die afgelope tyd se gebeure by Senekal het tot soveel berigte en gerugte gelei, dat dit moeilik is om sin uit alles te maak. Daar staan vir my tien lesse in die gebeure uit, skryf Flip Buys.
Ope brief: ’n Oproep tot aksie teen plaasmoorde
“Ons is moeg vir die dubbelstandaarde wat in Suid-Afrika heers. Ons weier om tweedeklasburgers te wees. Ons is niemand se onderdane nie. Die land is in ʼn krisis en vertroue is op ʼn laagtepunt.”
Afrikaners se stukkende harte
Dis asof hulle een oggend in ’n vreemde land wakker geword het, byna asof hulle in ’n nagmerrie geëmigreer het na ’n onbekende plek.
Lesse van Afrikaner- ekonomiese bemagtiging
Die wydverspreide armoede en staatsverval ná ’n kwarteeu van ANC-bewind laat vrae ontstaan oor hoe Afrikaners die armblankevraagstuk van die 1930’s bykans binne een geslag opgelos het. Baie van hierdie oplossings kan nou weer toegepas word om die huidige ekonomiese krisis te oorkom, skryf Flip Buys.
Plaasmoorde of People’s War?
Sit iemand agter die plaag wrede plaasaanvalle wat boere teister, of is dit net deel van die “gewone” geweldskrisis in die land?
Skep nuwe vrye Westerse ruimtes vir voortbestaan
Die ANC het die knaende ontwikkelingsprobleme wat die hele Afrika teister, heeltemal misgekyk en blameer bloot Afrikaners en apartheid vir die knellende armoede van miljoene swart mense, skryf Flip Buys.
Die ander kant van die geskiedenis
Indien die ANC daarin slaag om Afrikaners van hulle meesterverhaal te oortuig, beheer hulle ons toekoms, skryf Flip Buys.
Nuwe krisis, dieselfde ANC
Dit word al meer duidelik dat die ANC-regering besig is om die Covid-19-krisis in ’n omvangryke menslike ramp te omskep, skryf Flip Buys.
Regerings skuldig aan roekelose nalatigheid oor korona
Die ironie is dat die meeste staatsleiers boonop vir hul nalatigheid “beloon” word met groter steun van ’n dankbare bevolking – die helde in die krisis waarvoor hulle medeverantwoordelik is!
Gesonde werk noodsaaklik vir menslike gesondheid
Die vraag is egter nie of die staat van afsondering die een of ander tyd opgehef of uitgefaseer moet word nie, maar wanneer en in watter omstandighede.
Stop die politieke misbruik van werknemers se pensioengeld
Hardwerkende werknemers se pensioengeld word al jare lank misbruik vir politieke doelwitte wat pensioenfondslede al miljarde rande gekos het. Hierdie benadeling het in baie gevalle op verkwisting en selfs op gewettigde plundering neergekom.
Tien redes hoekom Afrikaners moeg is om verskoning te vra
Die EFF en sekere Afrikaanse kommentators, het opnuut ’n oproep gedoen dat Afrikaners weer om verskoning vir apartheid moet vra. Aan die ander kant blyk dit dat ’n groot groep Afrikaners moeg daarvan is om jammer te sê. Die vraag is hoekom soveel Afrikaners so voel? Flip Buys het verduidelik.
Dertig jaar ná die onderhandelinge
Dit sal nie help om die verdeeldheid onder Afrikaners van drie dekades gelede weer te laat opvlam nie. Die groot vraag is nie hoe ons in die huidige krisis beland het nie, maar hoe ons hier gaan uitkom.
2020 is jaar van bou en beskerm
Dis die begin van ’n nuwe jaar, wat nie gekenmerk word deur die opgewonde vooruitsigte wat gewoonlik die aanbreek van ’n nuwe dekade kenmerk nie. Die rede vir hierdie taamlike swaarmoedigheid is alombekend:
Eskom-krisis bewys transformasie is ’n reueseflop
Die Eskom-krisis is tekenend van die mislukking van die ANC se sentrale staatsideologie van transformatisme, en ongelukkig is hierdie mislukking landwyd in almal se huise ingedra.