Die storms wat nou by die SAUK woed, wys hoe kwesbaar die openbare media vir politieke oorname is.
Alles deur die skrywer Flip Buys
Die Maroelaboom groei tot ʼn Afrikaanse reus
“…Maar toe kom Maroela Media, en skep ʼn kuberdorpsplein, ʼn gesellige bymekaarkomplek vir Afrikaans en sy sprekers – waar jy ook al is…” Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, vertel van die totstandkoming van Maroela Media tot dié mediahuis gegroei het tot meer as 1 miljoen unieke gebruikers per maand.
[Moet lees] Van die wieg tot in die museum: Afrikaans in een leeftyd
“My ma’t gesê ons moet hierdie boeke sommer ook afgee. Dit het nog aan my pa behoort.”
Só lyk die lesse van 1976 vir 2016
Almal moet vry wees om die taal van hulle keuse in onderwys te gebruik. Maar omdat die 1976-opstand op die oog af teen Afrikaans as onderrigtaal was, kan verwag word dat die gebeure steeds teen Afrikaans as onderrigtaal misbruik gaan word. Lees Flip Buys se rubriek.
Vrystede as model vir groeiende gemeenskap-selfstandigheid
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het dié toespraak op 31 Mei 2016 by Orania se Stadskonferensie in Pretoria gelewer.
Churchill se lesse vir vandag
Churchill was gewoonlik stroomop en uit pas met die openbare mening. Dit het hom gereeld duur te staan gekom en hy is ʼn paar keer uitgeskop en moes op die kantlyn magteloos toekyk hoe sy waarskuwings bewaarheid word… Flip Buys verduidelik hoe ons Churchill se wysheid vandag kan toepas.
Brief aan Afrikaanse jongmense: Die toekoms is Afrikaans!
Eerstens wil ek kortliks agtergrond oor die taalkwessie aan julle gee. Tweedens wil ek “sewe toekomskaartjies” van Afrikaans met julle deel om my siening te regverdig dat die toekoms steeds Afrikaans is.
Die geskiedenis leer daar is altyd ʼn toekoms
Die belangrikste les van 200 jaar se geskiedenis is dat die toekoms nooit “verby” is nie. Dinge bly nooit dieselfde nie, niks is so vas en onveranderlik as wat dit op die oog af lyk nie.
2016: Vat hande, bid saam en help mekaar
Daar is wonderlike juwele in die Bybel wat my kompas is vir die Solidariteit Beweging in 2016.
Tienpunt-aksieplan vir vryheid, veiligheid en voorspoed
Daar is onmiskenbare tekens dat die huidige bedeling sy einde nader, en dat daar opnuut vir die toekoms beplan moet word.
My Oupa se bomskuiling
Daarom bly dit ʼn voorreg om betrokke te wees by Afrikaanse onderwys en opleiding, omdat Oupa se geskiedenis vir my die bewys is dat dit nie net ʼn voorreg is nie, maar soos NP van Wyk Louw gesê het, steeds ʼn broodsaak is.
Geheime tienpuntplan om universiteite te verwoes
“Kaders en kamerade,” sê die voorsitter amptelik voordat hy vervolg: “Ek het skokkende nuus.” Die kaders en kamerade spits hul ore en skuif tot op die punt van hul sagte stoele.
Langenhoven se mot en Marx se kers
Hierdie bekende gediggie van CJ Langenhoven gaan oor die voorspelbare einde van menige mot wat net nie van die magnetiese aantrekkingskrag van ’n kersvlam kon wegkom nie.
Vrye, nie gratis universiteite die oplossing
Daar was die naweek verskeie berigte waarin gevra is waarom Afrikanerstudente nie grootskaals deelgeneem het aan die universiteitsopstande nie. Ander kommentators het tereg daarop gewys dat die opstande oor meer gaan as net studiegeld, en gewonder hoekom jong Afrikaners nie die kans aangryp om teen die onbevoegde leiers en die stand van die land te betoog nie?
PW Botha was nie ál Krokodil nie
Die DA se hantering van een van sy senior leiers, Dianne Kohler Barnard, laat opnuut vrae ontstaan oor die land se vertolking van die verlede. Die NP van oudpres. PW Botha word deesdae alleen verantwoordelik gehou vir die politieke doodloopstraat van die tagtigerjare.
Toekomsberaad: Kom help bou aan ‘n toekoms.
Hierdie strofe uit NP van Wyk Louw het my onlangs weer getref toe ek deur ʼn eensame bejaarde dame gevra is “dat ons tog moet help dat al haar kleinkinders nie landuit trek nie, want sy wil ʼn ouma van kinders in Suid-Afrika wees, nie ʼn ‘granny’ vir kinders in Australië nie”.
Beweging se Tienpunt Diensleweringsplan vir toekoms
ʼn Omvattende plan om te sorg dat dienslewering verbeter, vorm deel van die Solidariteit Beweging se beplanning wat by eerskomende Saterdag se Toekomsberaad bekendgestel gaan word.
Die rewolusie duur voort, maar die winde waai wes
Hoewel die politieke “huwelik” tussen die Weste en die ANC nog nie finaal op die rotse is nie, is die wittebrood beslis verby.
Regstelaksie moet reggestel word
Solidariteit se internasionalisering van “regstellende aksie” deur ʼn klagte by die VN te lê, het die vraagstuk van regstellende aksie weer op die spits gedryf.
Oom Frikkie koop ’n dorpshuis
Daar was nogal redelik belangstelling die middag toe oom Willie sy dorpshuis laat opveil het. Hy was ’n gesiene man in hierdie klein dorpie waar almal mekaar geken het.