Die Griekse staatskuldkrisis is vir ons in Suid-Afrika ʼn waarskuwing en ʼn les. ʼn Les omdat dit ʼn duidelike gevallestudie oor die gevare van onvolhoubare staatskuld is en ʼn waarskuwing omdat soortgelyke tendense reeds in Suid-Afrika se staatsfinansies bespeur word.
Alles deur die skrywer Gerhard van Onselen
Kredietgraderingsagentskappe, hoekom is hulle belangrik?
Die kredietgraderingsagentskap Standard and Poor’s (S&P) het onlangs Suid-Afrika se buitelandse valutakredietgradering verlaag na ʼn gradering van BBB-. Dit beteken dat beleggers ons land nou as ʼn groter risiko beskou en kan uiteindelik neerslag vind in ʼn swaarder belastinglas op Suid-Afrikaanse belastingbetalers, skryf Gerhard van Onselen.
Eiendomsreg: Die ‘vergete’ mensereg
Is die wet dan nie juis veronderstel om eiendom en persoon te beskerm nie? Nie altyd nie, skryf Solidariteit se Gerhard van Onselen.
‘n Hartseer kykie na die ‘Obama-phone lady’
Die vrou, wat nou bekend staan as die ‘Obama-phone Lady’ probeer kiesers oortuig om vir Obama te stem: in haar woorde, “stem vir Obama as president, hy het vir ons ‘n foon gegee, en hy sal nog meer gee.’