Die krisis met agterstallige lisensie-aansoeke is dus geen verrassing nie, want benewens ʼn magdom onbekwame amptenare in die departement, vier korrupsie rakende lisensie-aansoeke hoogty.
Lees meerAlles deur die skrywer Gideon Du Plessis
Dagboekinskrywing van ʼn VIP-Benoni-inboorling
Ek trek by Bloemfontein se Ultra City in, en die petroljoggie sê opgewonde in suiwer Afrikaans: “volmaak”. Ek sê toe verleë ja, maar noem tog dat ek ook foutjies het. Met ʼn frons kyk hy my aan en versoek of hy dié brandstoftenk moet “vol maak”?
Dis-Chem – vir domheid is daar nie medisyne nie
Vir domheid is daar nie medisyne nie en die gevolge van die berugte interne memorandum en gepaardgaande indiensnemingsbeleid gaan nóg ʼn groter hoofpyn vir Dis-Chem se topbestuur en direksie word.
Die opleidingskaart moet die rassekaart vervang
Geen ander mynbouvakbonde het opleiding-verwante eise gehad nie, maar het eerder gefokus op die verkleining van die “apartheidsloongaping” – iets wat lankal nie meer bestaan nie!
10 jaar ná Marikana: Agter die skerms
Die Marikana-gebeure kan nie herdenk word deur oor die wreedaardige moorde van tien onskuldige mense te swyg en ander feite rondom die tragiese gebeure vir populistiese gewin te verbloem nie.
Die arbeidsverhoudinge-bedeling ná Covid-19
Die bykomende arbeidsverhoudinge-uitdagings is veral die Eskom-kragkrisis, regulatoriese onsekerheid, ʼn verswakkende staat en rommelstatus – uitdagings wat die ander lande waarmee ons op ekonomiese terrein meeding, nie gaan ondervind nie.
Daar’s ʼn liggie aan die einde van die tonnel
Gideon du Plessis het onlangs drie situasies beleef rakende ekonomiese beleid, ras en Christenskap wat hom weer moed laat skep het.
Politici ‘plant bomme’ onder ‘brûe’
Hierdie tipe ervarings met politici is ook ʼn bevestiging waarom gewone Suid-Afrikaanse burgers van alle rasse so sukkel om brûe na mekaar oor te steek, want daar is politici wat “bomme plant” onder die brûe wat ons wil bou.
Agter die skerms van Marikana
Om jaarliks die dood van 34 mense te herdenk, is nie verkeerd nie. Dit kan egter nie gedoen word deur oor die wreedaardige moorde van tien onskuldige mense te swyg en ander feite rondom die tragiese gebeure vir populistiese gewin te verbloem nie, skryf Gideon du Plessis.
Boodskap raak maklik verlore by openbare verhore
Min dinge kan jou egter voorberei op die grond- en mynbouhandvesverhore waar ras die onderbou is en debatte en uitlatings geken word aan haatdraende en growwe rassistiese uitsprake. Andersins word daar bloot ʼn string populistiese uitsprake gemaak en “feite” voorgehou wat totaal vals is.
Rasverwante onderhandelinge ʼn taai toffie
Gideon du Plessis, hoofsekretaris van die vakbond Solidariteit, gee lesers ‘n blik van hoe daar soms baie fyngetrap moet word met onderhandelinge soos tydens die besprekings rondom die jongste weergawe van die mynbouhandves.
Beleggers bang vir praatjies wat goud en grond bedreig
Buitelandse beleggers hou onderhandelinge en prosesse oor die Mynbouhandves en grondonteiening fyn dop. Dit is bevestig toe Solidariteit verlede week met ʼn senior afvaardiging van die Amerikaanse ambassade vergader het oor hul regering se besluit om hoë invoertariewe op SA staaluitvoere na Amerika te hef – ʼn besluit wat ons plaaslike staalbedryf ernstig benadeel.
Wat het die mynbouhandves, die grondkwessie en ujamaa in gemeen?
Deur bloot Zimbabwe, ujamaa en die Wêreldbank se Berg-verslag as verwysing te gebruik, behoort politici tot hul sinne te kom wat grondgrype betref. Dit is duidelik wat die uiteinde gaan wees.
Mag die goeie leier in Ramaphosa ons lei
As Ramaphosa president word, mag dit die goeie leier in Ramaphosa wees wat ons lei.
Om te staak of nie te staak nie
Ons Mango-lede en die #SwartMaandag-protes teen plaasmoorde en -aanvalle het egter gewys dat daar ʼn tyd en plek vir openbare protes en “straat-aktivisme” is wanneer ons wil seker maak ons boodskap word gehoor wanneer ons geduld opgeraak het.
Die ABC van optogte
Gideon du Plessis, hoofsekretaris van die vakbond Solidariteit, gee ‘n tong-in-die-kies kykie na ABC van optogte:
Mynbouhandves is staatskaping tot nadeel van armes
“Verkies julle die huidige situasie waar 480 000 permanente mynwerkers in die sektor werksaam is en wat 50% getransformeer is, of verkies julle die 2030-scenario waarin 180 000 werknemers in die mynbousektor gaan oor wees, maar wat darem naby aan 100% getransformeer gaan wees?”
Vakbondwêreld wys ANC kan inplof
Hoewel ek nie die Num se inploffing sien kom het nie, kan ek egter die ANC se inploffing sien kom weens die direkte parallelle wat tussen die ANC en die Num getrek kan word. Gepaardgaande is pres. Jacob Zuma op sy eie besig om die party se inploffing te versnel deur sy eie belange bo dié van die ANC en Suid-Afrika te stel.
Kitsoplossing vir Suid-Afrika se probleme
Die onbeantwoorde vraag bly ongelukkig steeds wat gedoen moet word om die regerende party te laat besef dat die hoofslagoffers van sy swak aanstellings sy tradisionele ondersteuners – die armes en werkloses – is. Of, word dit dalk so verkies dat jou ondersteuners arm, ongeletterd en afhanklik van die staat moet bly?
Populisme en fopnuus lankal deel van vakbondwêreld
ʼn Vakbondpopulis benodig ʼn militante platform wat nie vrae vra nie. Bloukraagwerkers wat nou glo dat hulle uitgebuit word deur “wit kapitaliste”, bied die ideale platform, skryf Gideon du Plessis.