As ons weet wie ons is, sal ons weet waarheen ons op pad is.
Alles deur die skrywer Hannes Noëth
Studentebetogings: Ek wil iets sê en ek wil iets vra
Die afgelope twee weke se universiteitnuus is nogal opspraakwekkend. Natuurlik. Dit raak ons hele samelewing as ons oor opleiding begin gesels. Van alle kante is en word hierdie studentebetogings bespreek, ontleed, geëvalueer en geanaliseer. Ek wil graag, baie graag, net iets sê en iets vra.
Nasionale onderwysersdag
Maandag, 5 Oktober, was nasionale onderwysersdag. Ek hoor eers aan die einde van dié dag daar was so ʼn dag. Ek het dit heeltemaal gemis.
’n Misdaad-ekonomie
In hierdie stadium voel dit vir my in Suid-Afrika word te veel gelieg, te veel gesteel en te veel gemoor. Ons raak te gewoond aan hierdie dinge. Hoe ons die patroon gaan breek, weet ek nie, maar iewers sal ons moet begin. Intussen dra ons misdaadsyfer ruim by tot ons ekonomie.
Waar is die ouers?
Bewaar ’n samelewing as gevra moet word: Waar is ons ouers?
‘Treurgrond’ is die harde werklikheid
Ek en my vrou het ‘Treurgrond’ gaan kyk. ‘n Ontstellende, harde werklikheid. Ek skryf nie ‘n resensie oor die film nie, daarvan is daar genoeg. Wat sleg is, is dat ons moet sê dat die werklikheid veel erger is.
Ons het wysheid broodnodig
’n Ou wysgeer het eeue gelede opgemerk daar is drie maniere om wysheid te bekom: die maklikste deur nabootsing, die bitterste deur ondervinding, die edelste deur selfondersoek.
Verf Oom Paul dan maar groen
Ons hou van onthou. En goeie onthou laat ons veilig voel. Daarom is ek so kwaad as hulle vir Oom Paul groen verf. Dit raak so ’n bietjie die veiligheid van my onthou, skryf Hannes Noëth.
Kletspraatjies in ’n kits maak die wêreld ’n koue plek
Net daar besluit ek om ’n heerlike uitdaging aan almal om my te rig: Kan jy vandag meer woorde praat as wat jy tik? Kan jy dit regkry om met mense te gesels sonder om na jou foon te loer?
‘n Vrolike uitkyk
Laat ons in hierdie maand mekaar so ‘n bietjie digitaal moed inpraat, so ‘n bietjie die silwerrandjies om die donker wolkies soek.