As daar nou een vraag is wat die hele debat oor Afrikaans vervlak, is dit die sinlose vraag oor watter Afrikaans nou eintlik Afrikaans is? Afrikaans is Afrikaans, en Afrikaans is die somtotaal van die taal se dialektiese moontlikhede.
Lees meerAlles deur die skrywer Hans Du Plessis
Om talig uit te sluit
Aan die een kant klou jy verbete vas aan staatsbeheer van mislukkings soos die SAL en Eskom, maar terselfdertyd maak jy van ’n regverdige taalbedeling so ’n perfekte gemors dat moedertaalgemeenskappe nie anders kan as om taalinstellings, soos skole en universiteite, te privatiseer nie.
Hou jou by jou lees
Nou eers begin ek verstaan dat al het my regmaaksels nogal soms gewerk, dit beslis nie ’n estetiese pronkstuk was nie. Om dit te kon insien, het ek die eerlikheid van kleinkinders nodig gehad. Kon ek nie maar kleinkinders op twintig gehad het nie?
Koester jou moedertaal
Dit is hoekom dit moedertaal genoem word: Jou identiteit spreek uit die woorde wat jy geken het lank voordat jy jouself geken het.
Vergeet om te onthou
Van dié siekte verstaan ek min omdat ek so min weet – selfs jare ná my eie pa se dood en sy vergeetsiekte.
‘Ons groei dennebome’
Die beangste vasklou aan Europese Kersgebruike bly vir my egter nogal duister, skryf Hans du Plessis.
Kom ons skep ’n taaltweeling
Afrikaans sal oorleef in ʼn veeltalige Suid-Afrika, mits dié van ons wat Afrikaans is, ons ophou skaam vir ʼn kultuurtaal wat oor eeue heen taalprodukte van wêreldgehalte kon lewer. En as ons tog net wil ophou hoop dat iemand anders dit vir ons sal doen!
Elf tale, die onderhandelde leuen
Selfs ʼn gesiene Afrikaanse regter wys daarop hoe onprakties meertaligheid in ons howe sou wees. Kan jy nou meer! Kan jy jou iets meer onprakties voorstel as ʼn owerheid wat met die volk probeer kommunikeer in ʼn taal waarvan sy eie amptelike statistiek sê dat meer as die helfte van sy mense dié betrokke taal glad nie verstaan nie?
Breek tog net asseblief ordentlik weg
Kan jy vir my sê hoekom iemand ʼn strandhuis in die Tsitsikamma vir ʼn week by die see bespreek, net om die soet stem van die see met ʼn gedoef-doef te verdoof?
Inheemse veeltaligheid: Die mens is die taal wat hy praat
Dat die inheemse tale in Suid-Afrika gemarginaliseer word, is ʼn feit, maar is sodanige verlaagde status ooit ʼn probleem?
Van Mica tot La Motte – die reis van ’n Pierneef-skildery
En wat as Jacob Hendrik Pierneef daardie dag in die jaar 1945 by Mica nie geskilder het waaroor hy gedroom het nie? Om te skep, is om te droom en hy wat nie in drome glo nie, is nie ʼn realis nie!
Die Liebenbergmoord en die Vaalrivierslag
Die vraag is hoekom so ʼn betreklik onbekende en oënskynlik onbelangrike gebeurtenis ná byna twee eeue vandag nog van belang kan wees, veral aangesien die presiese datum en die aantal sterfgevalle steeds nie bo alle twyfel vasgestel kan word nie? Prof. Hans du Plessis verduidelik.
Mengelmoesies, die dood van Afrikaans
Afrikaans se toekoms word in die eerste plek deur sy eie mense bedreig, skryf Hans du Plessis.
Boekresensie: Nagblind
“Nagblind” is ʼn bundel wat my weer opgewonde maak oor die Afrikaanse poësie, maar jy sal dit meer as een keer moet lees, skryf Hans du Plessis.
Die ANC se nuwe tuislande
Moet dit nou net vir die politici sê nie, maar as jy ʼn taal wil red, verbied dit, skryf Hans du Plessis.
Wil jy ook graag skryf?
Om woorde op papier te sit, kan ʼn uitdagende taak vir enige ontluikende skrywer wees. Gelukkig hoef jy nie net op ingebore talent staat te maak nie – daar is ʼn paar wenke wat jy kan volg om jou skryfwerk so suksesvol moontlik aan te pak.
[Video] Ek onthou PG du Plessis
“Suid-Afrika en Afrikaans het ʼn ikoon verloor, ʼn woordmeester, maar ek, ek het ʼn goeie vriend verloor, ʼn woordvriend sonder gelyke.”
Kom ons los die emosionele gekyf oor taal
Ons sal moet loskom van ʼn oorverhitte emosionele gesprek oor taal. Ons het nie ʼn oorlog nodig nie, en ons kwesbare demokrasie kan dit nie bekostig nie.
Afrikaans en rassisme
In ʼn demokrasie waar rassisme nog lewendig is, hoef jy nie rassisme te bewys nie, jy moet dit net kan beweer.
Afrikaans, die sonde van transformasie
Afrikaans het die oorgang na die nuwe bedeling nie net oorleef nie, dit het boonop een van die voortreflikste voorbeeld van transformasie in Suid-Afrika geword sedert die dood van apartheid. Taal van die demokrasie, en taal is die mense wat dit praat.