Die hospitaal in Pamplona, Spanje, het Donderdagoggend bekend gemaak dat ses mense ernstig beseer is toe hulle aan Pamplona se bekende bulren deelgeneem het.
Alles deur die skrywer Herman Toerien
Nuuskommentaar: Weermag en geweld
Met die eskalerende bendeverwante geweld in die Wes-Kaap staan die minister van polisie vas – die hulp van die weermag sal nié ingeroep word nie.
Suid-Afrika 40ste met voedselsekerheid
‘n Groot lansie is vir Suid-Afrika se boere gebreek toe Suid-Afrika die veertigste plek op die ranglys van lande vir voedselsekerheid ingeneem het, hoewel 27 persent van die bevolking ondervoed is. Die indeks is pas bekend gemaak.
Nuuskommentaar: Moermeter in rooi en die bôlle rol – ‘n president van doen en late
Kan die land ‘n tweede termyn van ‘n Zuma-bewind bekostig?
Ark se replika van 135 meter voltooi
In die hawe van Dordrecht lê ‘n houtboot van 135 meter lank, 30 meter breed en 23 meter hoog – ‘n replika van Noag se ark.
Rotterdam waarsku daggakwekers
Die owerhede in Rotterdam het inwoners per brief gewaarsku om nie dagga tuis te kweek nie. Daggakweek tuis is ‘n groeiende probleem in Nederland. Die…
Nuuskommentaar: ‘n Land wat omgee?
Een van die grootste probleme waarmee die ANC nou te kampe het, is ongelykheid.Terwyl baie mense in armoede verkeer en werkloos is, het dit rugbaar geword dat die weermag nuwe vliegtuie van R2-miljard wou aankoop.
Nuuskommentaar: Stel teleskoop se fokus in om simboliese “boekverbranding” te voorkom
Jacob Zuma dreig dat privaat ondernemings wat nie genoegsaam swart ekonomiese bemagtiging toepas nie, selfs tronkstraf opgelê kan word.
Sonskynskrywer PH Nortjé sterf
PH Nortjé se pen is finaal stil na hy op 91-jarige ouderdom in ‘n aftree-oord in die Strand oorlede is
Nuuskommentaar: Vrede of bloedlus?
Soos wat die geskiedenis min of meer oor die bloedorgie by Oran swyg, so speel die regering graag volstruispolitiek oor plaasmoorde.
Cern vind deeltjie, maar is dit Godpartikel?
Terwyl duisende mense die verrigtinge by Cern op die internet gevolg het, het die spanning opgeloop – het Cern die ontwykende Higgs-deeltjie, die sogenaamde Godpartikel, gevind?
Nuuskommentaar: Nkosazana Kliptown se klip in die skoen?
By die beraad op die plek waar die Freedom Charter beslag gekry het, het die minister van Binnelandse Sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma minderhede verwyt omdat hulle nie bloot by die meerderheid integreer nie.
Nuuskommentaar: Diktator-regters? Belangrikheid van Kliptown-beraad
In Suid-Afrika plaas minderhede ‘n groot premie op die grondwetlike demokrasie, in Engels bekend as die “Rule of Law” om te verhinder dat die land in ‘n diktatuur van die meerderheid verval
Swemdrag vir Moslemvroue – die boerkini
Moslems is erg verdeeld oor swemdrag vir Moslemvroue wat soos soetkoek verkoop, wat die bynaam boerkini gekry het.
Japan fnuik weer walvisreservaat
Japan het weer ‘n stokkie gesteek voor planne van Suid-Afrika en Suid-Amerikaanse lande om ‘n walvisreservaat in die Suid-Atlantiese Oseaan te skep.
Nuuskommentaar: Al meer klippe kou vir minderhede
Die bedreigings wat minderhede en inheemse groepe nou in die gesig staar is nie nuut nie, maar die omvang van hierdie bedreigings het nuwe hoogtes bereik.
Drie Jamaikane klop 20 sekondes in een wedloop
Drie Jamaikane het in een wedloop tydens dié eilandstaat se Olimpiese proewe die 20 sekondes in die 200 meter getroef.
Obama se kanse geknou?
Daar gaan geen nagevolge vir die prokureur-generaal, Eric Holder, wees na ‘n kongres hom aan minagting skuldig bevind het nie, maar volgens verskeie kenners kan dié stap pres. Barack Obama se herverkiesingskanse knou.
Vredefortkoepel dalk status as oudste impakkrater op aarde kwyt
‘n Impakkrater aan die suidweste van Groenland is waarskynlik sowat 3 miljard jaar oud – amper ‘n miljard jaar ouer as die Vredefortkoepel in Suid-Afrika wat nog spook om alles in plek te kry wat sy wêreld-erfenisstatus vereis.
Nuuskommentaar: Die vis vrot van sy kop af
Waaroor almal dit egter eens is – die politici sal hul sokkies moet optrek om aan die hoë verwagtinge van die kiesers te voldoen. En die bankbase help nie aldag om die nodige vertroue vir herstel te vestig nie.