Wat duidelik is, is dat die tafel tans gedek is vir een van die mees omvangryke periodes van magstryd in die wêreld se geskiedenis.
Alles deur die skrywer Jaco Kleynhans
Brics plus ses bly alliansie op pad na nêrens
Terwyl die Brics-beraad in Sandton indrukwekkend was, was dit ook ʼn beraad wat terugskouend arm aan samehang, ryk aan geopolitieke griewe en sonder ʼn duidelike toekomsvisie afgesluit is.
Die landelike antwoord op vervallende Westerse identiteit en kultuur
In die groot stede gaan kyk ouer mense nog staatsgefinansierde simfoniekonserte, maar die hart van ware kultuur as ’n sentrale element van mense se daaglikse lewe is deur die kosmopolitaanse, multikulturele stede vervang.
Indië en die krag van die wêreld se grootste diaspora
Byna 20 Britse parlementslede is deel van die Indiese diaspora, terwyl ses Australiese parlementslede en vyf lede van die Amerikaanse kongres van Indiese herkoms is.
Kan Nederland homself herdefinieer ná Rutte?
Terwyl Rutte uitgesproke ten gunste van gesonde fiskale beleid, vryhandel binne Europa en ʼn sterk interne Europese mark was en steeds is, was hy ook een van die luidste stemme ten gunste van sosiaal-liberale kwessies.
Anargie in Frankryk ʼn voorsmakie van Wes-Europa se voorland
Die totale verlies aan nasionale identiteit, gekoppel aan die Christelike geloof en daarmee gepaardgaande die kerk, het in die meeste Wes-Europese lande ʼn teelaarde vir die mobilisering van radikale immigrante geskep.
Wees versigtig om te veel van Brics te verwag
Die vyf Brics-lande verteenwoordig saam 42% van die wêreld se bevolking, maar slegs 23% van die totale globale produksie en slegs 18% van internasionale handel.
Trump-saak kan VSA in groot krisis dompel
Die kanse dat die huidige hofsake teen Trump die VSA in die gevaarwaters van hiperpolarisasie, fisiese mobilisering en selfs geweld kan instuur, is ʼn feit.
Waarskynlik weer Trump teen Biden in 2024
Wie volgende jaar wen, sal bepaal of die VSA sal terugkeer na sy wortels of nog vinniger daarvan sal wegstap.
Globale magte moet by Kissinger oor diplomasie leer
In ʼn media-onderhoud vroeër vanjaar het Kissinger die huidige globale magstryd, en in besonder die stryd tussen die VSA en China, vergelyk met die situasie in Europa voor die Eerste Wêreldoorlog.
Krisis in Soedan bevestig uitdagings met demokrasie in Afrika
Die huidige chaos in Soedan is ʼn enorme terugslag vir demokrasie in dié land, stabiliteit in Oos-Afrika, maar ook vir die hele kontinent waar staatsgrepe, burgeroorloë en toenemend outokratiese regerings die afgelope paar jaar hoogty vier.
In stryd om Taiwan, Oekraïne en globale mag sit China die Weste ore aan
Terwyl president Xi tans met geduld, ʼn slim strategie en volledige beheer oor die hefbome van mag in China sy land se globale rol voortdurend kan uitbrei en versterk, sit die Weste met ondergemiddelde leiers.
Uitlek van dokumente wys VSA se sterk- en swakpunte in globale intelligensie
Die rede waarom hierdie kwessie ernstig is, is omdat dit Russiese bewerings oor die betrokkenheid van Navo-lidlande in die oorlog verder bevestig en die argument versterk dat die oorlog lankal nie meer net een tussen Rusland en Oekraïne is nie.
Trump-saak gaan kloof tussen Amerikaners verder vergroot
Dit verhoog dus Trump se kanse om volgende jaar as die Republikeine se presidentskandidaat aangewys te word, maar dit verklein sy kanse verder om weer as president verkies te word.
Westerse lande en China stuur op breuk af
President Xi en sy lojaliste, wat ook almal onlangs in senior regeringsampte aangestel is, se antwoord hierop is die aanwakker van ʼn nuwe soort Chinese nasionalisme wat die Weste met ernstige agterdog bejeën.
Plattelandse kiesers in Nederland stuur sterk boodskap aan regering in Den Haag
Woensdag se verkiesing in Nederland stuur ook ʼn waarskuwing aan regerings in ander Europese lande en aan die Europese Kommissie in Brussel wat ook drakoniese anti-landbou en linkse klimaatplanne dryf.
Diplomatieke krisis dreig tussen Suid-Afrika en Amerika
Suid-Afrika se stemme saam met muishondlande in die Verenigde Nasies, dikwels ook teen Israel, is ʼn groot irritasie vir die Amerikaners.
Poetin was reg, maar ook verskriklik verkeerd
Wladimir Poetin se oorlog in Oekraïne was onnodig, ongegrond en dwaas. Dit was egter ook meer voorspelbaar as wat die meeste Westerse leiers wou glo.
Rampe het politieke gevolge
Oor baie jare het verskeie rampe soos aardbewings, vloede, tsunami’s, pandemies en oorloë tot politieke verandering regoor die wêreld gelei.
Kiesers in Oostenryk stuur boodskap aan politieke elite in Europa
Die toekoms van Europa lyk wankelrig. Groeiende kommer oor immigrasie, die oorlog en die Europese ekonomie voorspel niks goed vir die politieke elite wat regdeur Europa aan mag probeer vasklou nie.