Die toekoms van Europa lyk wankelrig. Groeiende kommer oor immigrasie, die oorlog en die Europese ekonomie voorspel niks goed vir die politieke elite wat regdeur Europa aan mag probeer vasklou nie.
Alles deur die skrywer Jaco Kleynhans
Duur lesse vir minderhede uit wat in Nagorno-Karabach gebeur
Die oorlogsmisdade wat deur Azerbaidjan gepleeg is en die onderdrukking van die menseregte en selfbeskikkingstrewe van die Armeense volk, word bloot geïgnoreer.
Tien redes om nie te emigreer nie
Vir Afrikaners as ʼn kultuurgemeenskap en Afrikaanssprekendes as ʼn taalgemeenskap bied emigrasie ʼn groot bedreiging wat reeds verwoestende gevolge in families, gemeenskappe, kerke, skole en elke vlak van ons mense se leefwêreld het.
Globale risiko’s, maar tog geleenthede vir Suid-Afrika in 2023
Groot dele van die wêreld gaan ’n moeilike fase tegemoet. Suid-Afrika kan saam ly of geleenthede opneem en die vrugte pluk.
2022 wys wêreld is nie gereed vir krisis(se) wat kom
Om die afgelope jaar se internasionale gebeure te verstaan word 15 belangrike sake uitgelig.
Groot politieke drama wag in VSA in 2023
Amerika bly die magtigste globale rolspeler en juis daarom sal die wêreld se oë in 2023 weer op die VSA wees, selfs al vind daar geen verkiesing plaas nie. Die volgende tien sake in Amerikaanse politiek sal in 2023 deurslaggewend wees.
Reaksionêre eerder as konserwatiewe politieke verskuiwing in Europa
Verskeie gebeure in Europa die afgelope jaar het die gevestigde politieke orde versteur wat tot groot ongemaklikheid onder die politieke elite in Brussel maar ook in hoofstede oor die hele Europa heen gelei het.
China begin ʼn duur prys betaal vir Covid-19-strategie
Die protes van die afgelope tyd bewys tot watter mate Chinese burgers bereid is om hul misnoeë met die regering se Covid-19-maatreëls te toon.
Ramaphosa, Charles en transaksionele diplomasie
Die simboliek van ʼn Britse monargie wat ʼn Afrika-land en Afrika-leier sodanig prioritiseer soos wat die afgelope week afgespeel het, is van onskatbare waarde vir koning Charles.
Gebeure in Turkye behoort duidelike lesse vir Suid-Afrika in te hou
Volgende jaar, presies 100 jaar ná die totstandkoming van die moderne Turkse Republiek, sal kiesers na die stembus gaan om oor hul land se toekoms te besluit.
Republikeine se kanse om senaat te wen al skraler
Vir Republikeine is dit duidelik dat kandidate wat hulle veldtog sterk om die voormalige president Donald Trump gebou het, heelwat swakker as verwag gedoen het.
Republikeine verspeel beste politieke geleentheid sedert 2010
Gister se verkiesing was soos in 2018 en 2020 meer van ʼn referendum oor Trump as ʼn referendum oor die Demokrate se beleid.
Republikeine voor, maar geen rooi tsunami
Terwyl miljoene stemme reg oor die VSA nog getel word, is dit duidelik dat die Republikeinse Party se kandidate in verskeie deelstate baie goed gevaar het.
Groot oorwinning wink vir Republikeine in VSA-verkiesing
Volgens dié koerant se nuutste peiling geniet die Republikeine tans die steun van 49% van kiesers, terwyl die Demokrate se steun tot 45% teruggesak het.
Brittanje net voorsmakie van wat vir res van Europa voorlê
Die bedanking van die Britse premier Liz Truss die afgelope week was in ʼn mate ʼn finale ontbloting van die omvang van die politieke krisis in haar land.
Regstellende aksie dalk gou onwettig in VSA
Regstellende aksie is die afgelope paar jaar, onder andere, deur referendums en wetgewing in deelstate se wetgewers reeds deur nege van die VSA se vyftig deelstate verbied.
Truss, Konserwatiewes diep in moeilikheid in VK
Truss het die afgelope week ʼn uiters verdeelde konferensie van haar party in Birmingham toegespreek. Dit volg op twee weke van groot politieke en ekonomiese probleme in haar land.
Wêreld die naaste aan ʼn kernoorlog in 60 jaar
Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog was die Kubaanse missielkrisis van 1962 die naaste wat die wêreld nog aan ʼn kernoorlog gekom het.
Italianers verkies konserwatiewe regering
Meloni se prestasie in Sondag se verkiesing verteenwoordig ʼn duidelike afkeer van die globalistiese elite. Dié party se steun het van 4% in die vorige verkiesing in 2018 tot meer as 26% in Sondag se verkiesing gegroei.
Internasionale oorsig: Europa skarrel om erge energiekrisis te verhoed
Reg oor Europa is lande besig om noodmaatreëls te tref om ’n ernstige energiekrisis teen die winter later vanjaar te voorkom.