Die kanse vir ʼn Chinese inval in Taiwan was nog nooit so groot sedert die einde van die Chinese burgeroorlog meer as sewe dekades gelede nie.
Alles deur die skrywer Jaco Kleynhans
Internasionale oorsig: Terreurgroepe kry veilige vesting in Afghanistan
Byna ’n jaar nadat die Taliban beheer oor Afghanistan geneem het, word dit toenemend duidelik dat dié land nou ’n veilige hawe vir van die wêreld se gevaarlikste terroristegroepe geword het.
Internasionale oorsig: Somber vooruitsig vir globale ekonomiese groei
Die inkrimping in die tweede kwartaal is erger as wat ekonome verwag het, en dit voorspel niks goeds vir die VSA se ekonomiese vooruitsigte vir die res van die jaar nie.
Internasionale oorsig: Nederlandse boere kan globale protes ten regeringsmaatreëls inlei
Die afgelope paar weke het die grootste protesaksie deur boere in die geskiedenis van Nederland plaasgevind.
Internasionale oorsig: Tories kies veilig, eerder as vars, in leierskapstryd
Rishi Sunak of Liz Truss sal op 5 September vir Johnson as partyleier en premier van die VK opvolg.
Internasionale oorsig: Dobbs-uitspraak se invloed op middeltermynverkiesing oorskat
Demokrate is naïef, oordrewe opportunisties of oneerlik as hulle dink dat aborsieregte ’n wesenlike invloed op November se verkiesing gaan hê. Daar is vier redes waarom die federale hooggeregshof se uitspraak oor aborsies ’n baie beperkte invloed op die verkiesing behoort te hê.
Internasionale oorsig: Wêreld gevaarliker, nie veiliger, ná G7- en Navo-beraad
Westerse leiers en leiers van die grootste demokrasieë in ander wêrelddele het die afgelope week eers in die suide van Duitsland en daarna in Madrid, Spanje, vergader oor huidige globale uitdagings.
Internasionale oorsig: Berade bevestig globale verdelingslyne
Die afgelope week is die Brics-beraad deur China aangebied met die vyf staatshoofde van die Brics-lande wat per videoverbinding oor globale uitdagings vergader het.
Internasionale oorsig: Wapenregte in VSA bevestig
Twee belangrike verwikkelinge die afgelope week in die VSA het weer die klem op wapenregte en die voortslepende krisis met vuurwapengeweld in dié land laat val.
Internasionale oorsig: Omgekrapte VSA kiesers voorspel niks goed vir Demokrate
Peilings voorspel dat die Demokrate, wat die afgelope paar jaar skerp na links beweeg het, in November ’n ernstige loesing in die gesig staar.
Internasionale oorsig: Chinese wêreldwye strewe al hoe duideliker
Sedert 1989 is die grootste binnelandse veiligheid- en spioenasiestelsel ter wêreld in China ontwikkel, en enige vorm van opposisie teen die regerende kommuniste word pro-aktief gemonitor en onderdruk.
Internasionale oorsig: ‘Die pandemie is verby’
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het die afgelope week weer gesê dat hy nog nie gereed is om die einde van die Covid-19-pandemie aan te kondig nie. In werklikheid is dit egter duidelik dat min mense wêreldwyd nog Covid-19 as ʼn pandemie beskou.
Internasionale oorsig: Met lang lys krisisse is Westerse leiers ongewilder as ooit
Daar is ’n lang lys van uitdagings wat Westerse leiers tans moet hanteer. Peilings, tussenverkiesings en plaaslike verkiesings en ander maatstawwe bevestig egter dat Westerse politieke leiers tans kollektief meer ongewild as ooit tydens die onlangse verlede is.
In Pinkstertyd tekens van lig in ʼn donker wêreld
Ek hunker terug na kinderdae met minder materialisme, minder individualisme, minder wêreldse invloede, minder selfsug en minder vyandskap, twis, jaloesie, afguns en alles wat in Galasiërs beskryf word.
Internasionale oorsig: Kloof tussen Turkye, res van Navo-lidlande al groter
Turkye is tans die enigste van die 30 Navo-lidlande wat verhoed dat Swede en Finland by Navo aansluit.
Internasionale oorsig: Globale ekonomiese onweerswolke pak saam
Die president van die Wêreldbank het aan die Amerikaanse kamer van koophandel gesê dat ʼn wêreldwye resessie nou onvermydelik lyk en dat dit veral stygende kommoditeitspryse weens die oorlog in Oekraïne is wat hiertoe bydra.
Internasionale oorsig: Palestynse terreur hou hernude uitdagings vir Israel in
Die afgelope ses weke is 19 Israeli’s dood in verskeie aanvalle deur Palestynse aanvallers.
Internasionale oorsig: Scholz het reeds Duitse kiesers se vertroue verloor
Scholz het die afgelope drie maande onder skerp kritiek deurgeloop oor sy hantering van die oorlog in Oekraïne.
Internasionale oorsig: Uitgerekte oorlog gaan Weste se uithouvermoë toets
Dit raak duidelik dat daar nou algemeen verwag word dat die oorlog nog vir maande of selfs langer kan voortduur, terwyl soldate van Rusland en Oekraïne dag na dag om elke stukkie grondgebied veg.
Internasionale oorsig: Aborsie-uitspraak gaan oor basis van Amerikaanse federalisme
Terwyl inflasie knaend hoog bly en die VSA toenemend betrokke raak by die oorlog in Oekraïne, is dit egter die omstrede vraag oor aborsieregte wat die afgelope twee weke nuus in dié land oorheers.