Met Covid-19 is baie mense se lewens holderstebolder. Ons s’n ook, maar ons probeer orde skep in hierdie chaos. Planne maak. Die wêreld is kwesbaar. Mense moes aanbeweeg, groet, trek, rou, planne maak en nuut begin. Dis soos geboorte gee. Dis nie maklik nie. Dis pynlik, maar dis nie die einde nie, dis ’n nuwe begin.
Lees meerAlles deur die skrywer Jak de Priester
Koppieteefontein: Kom ons wees dankbaar vir saamwees
As 2020 my iets kon leer, is dit die volgende: Saamwees is ’n voorreg. En soms kom dit saam met ’n bietjie stres, maar ons almal is net mense.
Koppieteefontein: Die Groot Trek
Om te trek, is nie vir sissies nie. Hulle beweer nie verniet dat naas die dood van ’n geliefde, is die tweede grootste trauma om te trek nie. Maar waar moet ons wortel skiet, is dalk die groter vraag skryf Jak de Priester.
Koppieteefontein: My huis is waar my hart is
Wat maak ’n huis ’n huis? Hoekom kan ons nie net alles los en aanbeweeg nie? Bring aardse goed dan soveel waarde in mens se lewens?
Koppieteefontein: Old Spice om ’n vreemde wêreld beter te maak
En toe besef ek weer watse goddelike seën dit is om goeie vriende te hê. Vriende wat altyd daar is vir jou en jy vir hulle. Dis priceless. Die aande om ’n vuur. Die bottels rooiwyn. Die geselskap.
Koppieteefontein: ’n Teken van God in my hand
Ek besef net daar, tussen al die vreemde mense op ’n trein in Londen, ver weg van Suid-Afrika – ver weg van die Vrystaatse dorpie waar ek grootgeword het, ver weg van alles wat bekend is – dis nie ’n pennie nie, dis ’n 1 sent-stuk. ’n Suid-Afrikaanse 1 sent. Ek bring dit nader aan my oë toe om mooi te kyk… dan sien ek die twee mossies.