Die enigste gevolgtrekking wat ons kan maak, is dat die koronavirus nie grense ken nie en nie diskrimineer nie – maar die ANC-regering se reaksie hierop diskrimineer wel.
Alles deur die skrywer Jan Bosman
Moraliteit is aan die staat uitgekontrakteer – Ons moet dit terugneem
Dit is ʼn fout wat reggestel moet word en dit is dié een kontrak wat onmiddellik opgeskort moet word.
Staatsverrotting en verval – die gevolge van transformasie
Mens hoef net na die aanhef tot die 1996-Grondwet te kyk om te weet dat die regering in 2019 in ʼn vorm van kontrakbreuk met die mense van Suid-Afrika is, skryf Jan Bosman.
As die Springbokke deur die regering bestuur moes word
Ná halftyd sou die hele afrigtingspan deur die Valke aangekeer word vir beweerde “spankaping”.
Bly en bou – proaktiewe Afrikaners in SA
Die aanslag op die Afrikaner wat manifesteer in heelwat van die regering se beleidsraamwerke het ʼn toenemende bewuswording van die behoud van identiteit, kultuur en waardes by die Afrikaner geskep. Daar het ook nuwegenerasie-Afrikaners ontwaak wat hul erfreg as Afrikaners weer wil opeis.
Ideologie en verengelsing word bo enige beginsels gestel
Dalk moet die ANC se Nzimandes en Lesufis en lede van ander politieke partye net weer hul Vryheidsmanifes gaan lees.
Respekteer mekaar se erfenisse, ook myne
Ons nasionale Erfenis is en sal slegs simbolies bly tot tyd en wyl daar ʼn eendragtige Suid-Afrika geskep word waarop Suid-Afrikaners trots kan wees. Ons nasionale erfenis behoort veel meer te wees as die sing van die nasionale lied voor groot internasionale byeenkomste.
Vergelding of versoening – ’n selektiewe omgaan met die verlede
Vergelding of versoening of algemene versaking van verantwoordelikhede? Die ANC-leierskap het etlike jare terug toegegee dat hulle die bal laat val het met die Mandela-projek van versoening. Daar het in die laaste paar jaar ʼn algemene versaking van verantwoordelikhede gevolg. Niemand wil verantwoordelikheid neem vir gebrekkige dienslewering, korrupsie en staatskaping nie.
Nederlandse fabel is Suid-Afrikaanse riller
Deur ons vingers in die talle krake en barste te hou, wil ons Suid-Afrika veilig en suksesvol maak. Maar dan moet dit ʼn Suid-Afrika wees waar Afrikaners hul kundigheid kan aanwend tot voordeel van Suid-Afrika en nie as gevolg van regstellende aksie daarvan ontneem word nie.
Bouers en brekers – die twee gesigte van Suid-Afrika
Suid-Afrika roep, nee, pleit vir meer bouers. Mense wat elke dag ʼn positiewe en konstruktiewe verskil maak, wit en swart. Mense wat hulle talente ontsluit en aanwend tot voordeel van ʼn groter gemeenskap en uiteindelik ʼn beter Suid-Afrika.
Menseregtekommissie skeer nie almal oor dieselfde kam
Suid-Afrikaners verloor toenemend vertroue in dié grondwetlike instelling om rassisme en haatspraak behoorlik te monitor en om kragdadig op te tree teen enige vergrype wat menseregte sou skend, skryf Jan Bosman.
ANC praat met gevurkte tong oor Afrikaans
Die miskenning van moedertaalonderrig word deur elke gemeenskap in ons land ondervind. Hiervan is die deurlopende jaarlikse matriekuitslae-fiasko ‘n lewende voorbeeld van taalwanorde in die onderwys.
Gee SA ʼn ministerie vir minderhede, vra AB
Om minderhede te ontken of te ignoreer, is nie in Suid-Afrika se beste belang nie.
MultiChoice en ’n nuwe era van sensuur
Finansiële afdreiging veroorsaak dat kuns die eerste slagoffer is van ʼn nuwe era van sensuur.
Moet ons tevrede wees met die minimum standaard?
Slegs meriete en verdienste sal die Suid-Afrikaanse samelewing, onder meer die staatsdiens, verhef tot ʼn aanvaarbare standaard van uitnemendheid waar ons behoort te wees.
Afrikaners is nie stemvee wat hulle om die bos sal laat lei nie
Ons as bevryde Afrikaners weet wie en wat ons is en is trots op ons herkoms, ons geskiedenis en ons vele bydraes tot Suid-Afrika. Ons het nie wéér ʼn oomblik van bevryding nodig nie. Ons verlang net vryheid binne ʼn regverdige bestel en dit is iets wat min politieke leiers of partye wil bied.
Afrikanerlesse vir die ekonomie
Moeletsi Mbeki, politieke waarnemer en broer van ʼn voormalige president, het reeds in September 2011 ernstige kritiek uitgespreek teen die regering se beleid van swart ekonomiese bemagtiging deur te sê dat dit niks gedoen het vir die meerderheid Suid-Afrikaners nie.
Korrupsie moet ʼn misdaad teen die mensdom wees
Die skaal en omvang van korrupsie is van so ʼn aard dat mens moet vra of Suid-Afrika se strafregstelsel nog die vermoë het om dit behoorlik te ondersoek en die reg behoorlik toe te pas? Die publiek sal moet sien dat die reg toegepas word en die tyd sal leer of senior politici en staatsamptenare agter tralies gaan beland.
ANC gee net lippediens sewentig jaar na verklaring van menseregte
Met die algemene verkiesing van 2019 voor oë is dit duidelik dat kortsigtige politieke winste belangriker is as grondwetlike regte en waardes, en die Universele Verklaring van Menseregte is bloot ’n irritasie.
Die media is nie die enigste slagoffer van Malema nie
Uitsprake van Julius Malema ondermyn die demokrasie en speel in die hande van elemente, merendeels misdadig, met moontlike noodlottige gevolge.