Die driewoordbegrippe moet vinnig van die tong af rol, moet duidelik stel waarteen gemobiliseer word sonder om te veel eie verantwoordelikheid op te neem, want dit moet altyd iemand anders se skuld wees.
Alles deur die skrywer Jan Bosman
Behoede SA dat BLF moet besluit oor grond
Die vraag moet egter gevra word waarom iemand soos Mngxitama en die BLF, wat na hulself verwys as grondwetlike misdadigers, enigsins grondwetlike prosesse kan gebruik om hul ongrondwetlike optrede, aksies en uitsprake te kan bevorder.
Noem regstellende aksie by die naam – ʼn remfaktor vir ekonomiese groei
Transformasie, net soos apartheid, is besig om ʼn wurggreep op die land en sy mense te kry en dit geleidelik te vernietig. Transformasie het in sy wese en in sy diepste toepassing die sirkel voltooi na ʼn nuwe vorm van apartheid.
Wees verantwoordelik met grondbestuur
Meeste Suid-Afrikaners glo dat grondhervorming nodig is, maar glo dat die proses eerlik, opreg en openlik moet geskied. Die Grondwet moet voorop gestel word, waarby ingesluit die beginsel van eiendomsreg en die vryemark, soos lankal reeds ooreengekom.
‘Ons bly betrokke in dialoog en die soeke na oplossings’
“Ons wil ook graag langs dié weg opnuut ons dank en waardering teenoor Ramaphosa uitspreek dat hy, te midde van ʼn polities onsekere tyd, wel gekies het om met die Afrikanerbond in gesprek te tree en sy visie met ons te deel.”
Die politiek van rassisme, ontkenning en blaam
Die nasionale gesprekke mag nooit ophou in die bevordering van nasionale sake nie, maar nooit ten koste van taal of kultuur nie. Die laaste woord oor diversiteit is nog nie gespreek nie.
Die agt pilare van die blaam van apartheid
Ons moet kan praat oor apartheid sonder om dit regverdig. Die grootste struikelblok is nie meer die wil om verskoning te maak nie, maar die wil om aanvaarding van veral wit mense se hand van vriendskap en hulp. Wit mense se bydrae in die Suid-Afrika van vandag is enorm ten spyte van vele struikelblokke en kan nóg groter wees.
Jeugdige werkloses kan ʼn bate word
Wat is verkeerd daarmee om op groot skaal arbeidsmagte byeen te bring om die instandhouding van ons infrastruktuur en byvoorbeeld paaie, veral slaggate, te behartig en herstel?
Red jouself
Die gort was gaar nadat mnr. Johann Rupert onlangs by ʼn jaarvergadering van Richemont gesê het die regering se beleid van “radikale ekonomiese transformasie” is bloot ʼn kodewoord vir diefstal.
Bell Pottinger: Meer as R20 m. moet teruggeploeg word
Die individue wat saam met Bell Pottinger ʼn eie en onaanvaarbare en onverantwoordelike agenda bevorder het moet nog die pad van reg en geregtigheid stap. Intussen kan die geld wat die agenda bevorder het gebruik word om Suid-Afrikaners te help om weer ʼn pad van herstel te stap.
Ek is ʼn bevryde Afrikaner
Die vraag is dus: Hang ‘n mens se identiteit en burgerskap af van iemand anders se politieke nukke of grille? As ʼn Afrikaner is jy onlosmaaklik deel van die groter Suid-Afrikaanse samelewing.
Suid-Afrika, Azanië of Guptastan: Dit is ʼn kwessie van prioriteite
Naamsveranderinge het enorme implikasies, vir ʼn land nog meer, en politieke leiers moet besef dat naamsveranderinge heel onderaan ʼn lys van prioriteite behoort te lê.
Kaders se korrupsie
Die kernwoord is die gebrek aan verantwoordbaarheid. In die Suid-Afrika van 2017 is dit waarskynlik te veel gevra.
Wit mense weer die slaansak
Wit mense se bydrae in die huidige Suid-Afrika, ten spyte van vele struikelblokke, is enorm. Dit kon egter soveel meer gewees het as wit mense nie deur wetgewing en beleidsraamwerke soos swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie uitgesluit word van die ekonomie nie.
Pasop vir die politiek korrekte woordeskat van ʼn nuwe geslag
In die artikel “Universities on the brink” van RW Johnson wat op 27 September 2016 op Politicsweb verskyn het, kritiseer die skrywer die rektore van universiteite en sê dat daar reeds in 2015 vasgeskop moes word teen die inmenging by universiteite en dat universiteite in die proses hulle outonomiteit begin prysgee het.
Die Stem – Ons moet kreatief dink
Om weg te neem, is nie die antwoord nie. Om te vra of die betekenis van die woorde nog sinvol is, is nie die antwoord nie. Ons kan met nuwe en kreatiewe denke byvoeg tot die Suid-Afrikaanse kultuurskat. Dit is waaruit ons inspirasie moet put.
Jeugdag: Waak teen ‘revolusionêre’ leiers
Die jeugleiers van 2016 versaak Suid-Afrika en die Grondwet, skryf Jan Bosman.
Bestaan van kultuurgroepe kan nie weggewens word nie
“Solank jy nie die grondwetlik geldige wette van die land oortree nie, is jy vry om te doen en te sê wat jy wil…”
Die stryd vir Afrikaans begin by die huis
Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, neem deel aan die gesprekreeks “Probleme en oplossings vir Afrikaans”.
Erfenisdag vir Afrikaners en Suid-Afrikaners
Met Erfenisdag op 24 September* is dit nodig om te kyk of ons wel een Suid-Afrikaanse erfenis het en of ek die dag ook as…