Altesame 12 mense is sedert Donderdag dood in voorvalle van massaskietery en nog 11 mense moes weens skietwonde gehospitaliseer word.
Alles deur die skrywer Janice du Plessis
Gemeentelede tydens erediens beroof
Die verdagtes het die gemeentelede beveel om op die grond te lê, waarna hulle kontant, handsakke en selfone geroof het.
Durbanse student sterf in tref-en-trap-ongeluk
Luidens die plasing is die student glo deur ʼn Audi getref. Die bestuurder het nie stilgehou nie en doodeenvoudig van die toneel weggejaag.
Veilige hawe vir diere in Noordwes moet dalk deure sluit
Die provinsie is een van die armstes in die land, en verwaarlosing en onbeheerde teling van diere kom gereeld hier voor.
Negejarige, tiener sterf in Midrand-ongeluk
Daar was niks wat paramedici kon doen om die negejarige by te staan nie en hy is op die toneel dood verklaar.
Verdagte vas ná massaskietery in taverne
Die man het in ʼn argument met een van die kliënte betrokke geraak waarna hy lukraak op die mense in die taverne losgebrand het.
Video: Sweet, bloed en blase is troutrek-wenresep
ʼn Piepklein laerskool van Swellendam het vanjaar skoonskip gemaak by die Suid-Afrikaanse junior toutrek-kampioenskap.
Wetteloosheid op paaie dié Paasnaweek nie geduld
Die aantal voertuie op paaie sal na verwagting teen Donderdagmiddag op verskeie van die land se hoofroetes begin toeneem. Die owerhede pleit by motoriste om by die padreëls te hou en hul deel te doen om padsterftes te help verminder.
Hoë inflasie bring nóg droewe dae
“Die gemiddelde salaris in die land verhoog nie teen dieselfde koers nie en is dus nie genoeg om inflasie teen te werk nie, dus raak Suid-Afrikaners al hoe armer.”
Paasnaweek bring goeie beurtkragnuus
Die kragvoorsiener het dié goeie nuus aan die volgehoue beskikbare opwekkingskapasiteit, asook die beplande 2 300 MW wat weer teen Vrydag beskikbaar sal wees, toegeskryf.
DA dien klagte in oor sukkelwater op Kai !Garib
“Die afgelope jaar het water-uitdagings in Kakamas en Keimoes al meer ontwrigtings vir die plaaslike gemeenskap veroorsaak.”
Landelike misdaad ‘meer as net statistieke’
“Agter hierdie syfers is die werklikheid van traumatiese lewensverlies, voedselsekerheid wat bedreig word en werksgeleenthede wat in gedrang kan kom.”
Slagboomkruising: ‘Hoeveel moet nog sterf?’
Hoeveel mense moet nog met hul lewe boet voordat daar iets aan die “kruising van die dood” op die N11 en R33 naby Marble Hall in Limpopo gedoen word?
Jong seun sterk goed aan ná slangbyt
“Ek het groot geskrik en net dadelik vir my seuntjie begin bid. Toe hulle die teengif spuit en hy al slegter begin voel, was hierdie ma-hart van my in stukke.”
Downsindroom-swemsensasie ryg medaljes in
“Vanaand is die finaal van die 50 m-vryslag. Minke het die vinnigste kwalifiserende tyd en hou tans die wêreldrekord vir hierdie item. Ons is optimisties dat sy nog ʼn goue vir ons kan huis toe bring, maar ons besef ook dat enigiets kan gebeur.”
Sitrusvereniging verwelkom nuwe voorsitter
Gerrit van der Merwe het reeds op agtjarige ouderdom met vakansiewerk op sy pa se plaas begin, wat sy lewenslange passie vir die sitrusbedryf gevestig het.
Grudetail oor moord op Britse egpaar onthul
“Dit wys op ʼn samelewing wat geen respek vir lewe het nie en waar bejaardes en ander kwesbare burgers ʼn maklike prooi vir misdadigers geword het.”
Grensverskuiwende hofsaak oor beskerming van pikkewyne
Handley sê teen die huidige tempo van bevolkingsafname staar totale uitwissing die Afrika-pikkewyn in die gesig.
Jare se ‘hel’ ná pa, seuns in gru-ongeluk sterf
Die man wat glo verantwoordelik is vir Pieter Rossouw en sy seuns se dood, word nie in hegtenis geneem nie, al weet die polisie waar hy woon.
‘Daar is krag in gebed’ sê ma ná slang pik
ʼn Gesin van Botswana sê ná drie uiters traumatiese weke loop hul harte oor van dankbaarheid vir elkeen wat hulle op dié pad help dra het. En vandag kan hulle opnuut getuig dat ʼn mens nooit die krag van gebed moet onderskat nie.