Vandalisme en diefstal van infrastruktuur het R80,2 miljoen van die geld wat belastingbetalers die afgelope twee jaar aan die Stad Kaapstad betaal het, opgeslurp.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
Spanning laai op oor staat-salarisse
Daar is groeiende druk vanuit sommige Cosatu-geaffilieerde vakbonde om ’n dooiepunt met die staat te verklaar en te begin voorberei vir ’n massa-staking.
Só lyk ‘n skool met ‘n 0%-matriekslaagsyfer
“Omdat hierdie skole so klein is, het hulle dikwels nie genoeg vakspesialiste op die personeel nie.”
Gordhan wen weer teen openbare beskermer in die hof
‘n Volbank regters van die Pretoriase hooggeregshof het reg tot appèl geweier aan die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane.
Stellenbosch vier dié naweek fees
Die naweek se feestelikheid heet “Kom Flikker en Flash”, en die Woordfees wil ruimtes wat tans leegstaan met lig en kuns vul en nuwe lewe blaas in ʼn dorp wat swaar deur die pandemie en die gepaardgaande verlies aan koopkrag en toerisme getref is.
Nuwe planne vir massa-inentings in SA
ʼn Nuwe besending entstof kom Saterdag in die land aan.
Munisipale verkiesing teen 1 November gehou
Vir die landwye munisipale verkiesing sal agt metrorade, 205 munisipaliteite en 44 distriksrade op die spel wees.
SANW gereed om SA’ners uit Mosambiek te help ontruim
Die Suid-Afrikaanse regering het sterk aanduidings gegee dat hy nie ondeurdag militêr by ‘n oorlogsituasie betrokke gaan raak nie, en beslis nie alleen nie.
SAL se vlieëniers staak die eerste keer ooit
Anders as gewoonlik, wanneer stakers daarop aandring om hul werk te behou of hul diensvoorwaardes te verbeter, dring die SAL-vlieëniersvereniging daarop aan dat sy lede afgedank word.
Kanse op matrieksukses beste in Gauteng en Vrystaat
Die minister het uitgewys dat die redes waarom leerders die skool verlaat voordat hulle matriek verwerf het, kompleks, uiteenlopend en dikwels op ‘n persoonlike vlak hartseer maar verstaanbaar is.
Vandalisering van skole kos vanjaar al R74,6 miljoen in drie maande
Vandalisering van skole landwyd het die land in die drie maande sedert 1 Januarie vanjaar reeds R74,6 miljoen gekos.
Geen ANC-plan vir verpligte kwalifikasies in munisipaliteite
Stadsraadslede en munisipale amptenare word wel volgens die minister aangemoedig om hulself verder te bekwaam, maar daar is geen verpligting of vereiste vaardigheidsvlak, en geen vereiste bestuursvaardigheid of rekord van bestuursukses nie.
Wes-Kaapse munisipaliteite is verreweg beter, sê Stats SA
Statistieke Suid-Afrika se nie-finansiële sensus van munisipaliteite landwyd plaas die Wes-Kaap loshande bo (in die mate dat dit lyk na ‘n ander wêreld as die res van die land) wat elke aspek van suksesvolle munisipale dienslewering betref.
Regering het plan as jy grond wil skenk
Die regering gaan binnekort ‘n wetsraamwerk aankondig waarbinne Suid-Afrikaners wat die vermoë en die behoefte het, grond kan skenk vir grondhervorming.
Ouer SA’ners dán ingeënt
Meer as 2 000 inentingspunte in die staatsektor en die private sektor is reeds geïdentifiseer.
Covid-19 knou ook inkomste in tolgeld
Motoriste het kragtens die jongste beskikbare syfers binne een jaar meer as R2 miljard aan tolgeld betaal by die tolhekke op die N3-hoofweg tussen Johannesburg en Durban.
Departement wil proses vir boedels, trusts vergemaklik
Registrasie van boedels en trusts sal dalk eersdaags aanlyn gedoen kan word.
Hoop op verbeterde munisipale dienste in Grahamstad
Belowende nuus oor die verbetering van munisipale dienste in die Oos-Kaapse dorp Makhanda (vroeër Grahamstad) is in die parlement aangekondig.
Bankstelsel kan onder druk kom weens onteiening
Banke bewaar R5,9 miljard spaargeld van Suid-Afrikaners en hou R1,6 triljoen aan verbande op eiendom.
RKK vra ‘dieper denke’ oor grondhervorming
“As mense die bepalings oor die rol van die hof in die proses behoorlik bestudeer sal hulle minder paniekbevange wees, want die voorgestelde bewoording van die wysiging gee wye diskresie aan die hof.”