Dit is nou prakties bykans onmoontlik dat die amnestietydperk, wat volgens die beplanning van 1 Oktober vanjaar tot 31 Maart aanstaande jaar sou duur, nog sal plaasvind.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
Parlement verskil hewig oor toekoms van pensioenfondse
Die debat is aangevra en ingelei deur die DA-LP Geordin Hill-Lewis. Hy het aangevoer die regering is op die punt om ʼn baie duur fout te maak en gewone Suid-Afrikaners gaan die gelag betaal.
Ministers kondig stappe aan teen geweldsmisdaad
Op ʼn vraag was Dlodlo nie by magte om enige geslaagde voorkomingswerk deur die intelligensiedienste op te noem nie, maar Cele het later ʼn hele string plekke aan die Oos-Rand en in Soshanguve genoem waar aanvalle wél voorkom is.
ANC se planne om beter in parlement te vaar
Die ANC het ’n groot beplanningsvergadering gehou om beter in die parlement te funksioneer.
Parlement begin proses bou om OB te verwyder
Die parlement begin hierdie week met die daarstel van ‘n proses om die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, uit haar pos te verwyder.
Minister onthul studente se slenters met beursgeld
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het in die parlement onthul hoedat behoeftige studente allerlei slenters uithaal om geld wat hulle deur die Nasionale Finansieringshulpskema vir Studente (NSFAS) bekom, vir ander doeleindes as die aankoop van boeke te gebruik.
Regeringsyfers toon afname in plaasmoorde
Plaasmoorde in Suid-Afrika is besig om beduidend te daal, het die minister van polisie, genl. Bheki Cele, in die parlement gesê.
Resensie: Meesleurende ‘Kamphoer’ ʼn móét
Twee boeke later is die verhaal van Susan Nell, wat die ergste onnoembare oorgekom het in die konsentrasiekamp Winburg tydens die Anglo-Boereoorlog, miskien aan baie van ons bekend, maar hierdie toneelstuk pak dit nuut aan.
Groot verskille oor aanpak van werkloosheid blootgelê
Groot verskille oor hoe om die land se groeiende werkloosheidskrisis die hoof te bied, is Donderdag in ‘n parlementêre debat oor die onderwerp blootgelê, met die ANC wat die staat as die oplossing sien, en die DA wat die staat as die probleem eien.
Ramaphosa beloof swaarder strawwe vir misdaad teen vroue
Pres. Cyril Ramaphosa het swaarder strawwe vir diegene wat geweldsmisdade teen vroue pleeg beloof toe hy die land Donderdagaand in ‘n nasionale televisie-uitsending oor aanvalle teen vroue, kinders, buitelanders en die gay gemeenskap toegespreek het.
Kaapstad verenig teen vrouegeweld
Die middestad van Kaapstad het vanoggend ontplof in ʼn spontane en nierassige massa-optog van duisende mense wat teen geweld teen én moord op vroue betoog het.
OVK oorweeg drempel vir aanmelding van partyfinansiering
In ’n belangrike wending het ’n kommissaris van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Woensdag aangedui dat die OVK simpatiek gesind is teenoor die daarstel van ’n drempel waaronder donasies aan politieke partye nie verklaar hoef te word nie.
Minister maak deur oop om kopieregwetgewing te stuit
Die regering het in die parlement ‘n belangrike sein uitgestuur dat die omstrede bepalings in die wysigingswetsontwerp op kopiereg nog verander kan word as die kunstenaarsgemeenskap spoedig met ‘n beter voorstel vorendag kan kom.
Belangrike geveg oor kopiereg woed vandag in parlement
Die implikasies van die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg word vandag in ʼn uiters ongewone stap wat dalk ʼn welkome aanduiding van politieke nadenke by die ANC verteenwoordig, deur belanghebbendes en die parlementêre portefeuljekomitee oor kuns en kultuur bespreek.
Resensie: ‘Die verhaal van Racheltjie de Beer’ ʼn móét om te kyk
Een van die hoogtepunte van die hele belewing is die rol van die magiese in die verhaal, in die taal van die plante, en die verhouding tussen Racheltjie en haar moeder.
Skel op Kaapse strande kan eersdaags tot tronkstraf lei
Die regulasies beslaan 17 bladsye en dek alles van visvang tot vuurmaak.
Motshekga: Sit skoolkinders in grondslagfase outomaties deur
Volgens Motshekga dui internasionale neigings en studies in die opvoedkunde tans daarop dat herhaling van ’n skooljaar baie min voordele vir jong leerlinge in die grondslagfase inhou.
Resensie: ‘Fiela se kind’ ʼn rolprenthoogtepunt dié jaar
Hierdie is ʼn nuwe produk en vergelykings met die vorige rolprent is onnodig en teenproduktief: Die nuwe Fiela staan op haar eie bene.
Ramaphosa ondersteun Die Stem in die volkslied
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag in die parlement sy steun uitgespreek vir die behoud van die deel uit Die Stem in die nasionale volkslied.
Taai vrae vir Ramaphosa vandag
Niemand het gesê dit gaan maklik wees om president te wees nie.