Die presidensie het aangekondig dat die inhuldiging van die land se nuutverkose president op 25 Mei die grootste en duurste in die geskiedenis gaan wees.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
Jiba, Mrwebi moet afgedank word, bevind kommissie
Twee van die mees omstrede senior lede van die nasionale vervolgingsgesag, wat wyd blameer word vir hul beweerde rol om staatskaping te laat gedy deur die vervolging van korrupte individue te dwarsboom, is waarskynlik uiteindelik hul werk kwyt.
Stappe begin om Eskom-verslag openbaar te maak
Stappe het begin om die verslag wat die Spesiale Ondersoekeenheid oor Eskom se geldsituasie opgestel het, in die openbaar vrygestel te kry.
ANC gedaag om premierskandidate bekend te maak
Die ANC is voor die uitdaging gestel om diegene wat die party as provinsiale premiers wil aanstel, se name aan te kondig sodat kiesers weet vir wie hulle stem.
Geen onafhanklikes in algemene verkiesing toegelaat
Onafhanklikes sal steeds nie in nasionale en provinsiale verkiesings in Suid-Afrika as kandidate kan staan nie – hulle sal hulle by politieke partye moet aansluit of desnoods self partye moet stig as hulle dit wil doen.
Hier is die beste munisipaliteite in die land
Die jaarlikse peiling van Good Governance Africa het die beste munisipaliteite in die land aangewys.
Parlementêre bateregister ’n goudmyn vir ondersoekende joernaliste
Die jaarlikse bateregister van parlementslede, waarin hulle al hul bates, van geskenke en eiendom tot direkteurskappe en aandeelhouding korrek moet verklaar as hulle nie vervolg wil word nie, is Woensdag deur die parlement bekend gemaak.
Beste en swakste parlementêre komitees aangewys
Die Dullah Omar-instituut aan die Universiteit van Wes-Kaapland het die beste en swakste parlementêre portefeuljekomitees aangewys.
EFF-LP in hof vir aanranding
Indertyd het die EFF aangeevoer Dlamini se optrede was verskoonbaar en gegrond omdat die EFF glo oor inligting beskik het dat regses ʼn sluipmoordaanval op die party se leier, Julius Malema, sou uitvoer op die aand van die staatsrede.
Kabinet kanselleer inligtingsessies
Oor die jare het dit die voorste inligtingsgeleentheid geword waar vrae oor die regering gevra kon word.
Sluier oor staat se eiendomme gelig
Suid-Afrikaners weet nou uiteindelik presies hoeveel eiendom die staat besit en huur, en waar elkeen van daardie eiendomme geleë is.
Nzimande sê oor stappe ná dodelike vliegongeluk
Suid-Afrikaanse owerhede het ingegryp om vliegtuie soortgelyk aan die een van die Ethiopiese Lugdiens wat verlede maand geval het, te onttrek, het die minister van vervoer, dr. Blade Nzimande, in die parlement laat blyk.
DA neem ANC-wyk af
Die vreugdevure brand hoog in die Wes-Kaapse DA nadat die party vir die eerste keer ʼn spesifiek hardnekkige ANC-wyk in die suide van die provinsie kon inpalm en in die proses alleenbeheer oor die Hessequa-munisipaliteit op Riversdal kon oorneem.
Meer inligting oor rekenaartablette vir skole bekend
Die plan om rekenaartablette aan leerders in staatskole te verskaf, is vroeër in die staatsrede aangekondig deur pres. Cyril Ramaphosa.
Driehoek-tragedie: Minister sê bruginspeksies is gereeld gedoen
Onderwysowerhede het verskeie inspeksies uitgevoer voor die loopbrugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, sê die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.
Ghadaffi-geldbewerings het al tevore kop uitgesteek
Bewerings oor geld van die Libiese diktator wyle generaal Moeammar Ghaddafi het al tevore ook opgeduik en niks opgelewer nie, waarsku bronne in die Suid-Afrikaanse regering.
Meer as 4 000 polisielede het ʼn misdaadrekord
Meer as 4 000 lede van die land se polisiepersoneel het ʼn misdaadrekord, het die minister van polisie, genl. Bheki Cele, in die parlement aangekondig.
Minister stel moniteringsverslag oor skole bekend
Motshekga het toegegee dat sommige van die bevindings ongemaklik is vir die regering om net voor ‘n verkiesing bekend te maak, maar gesê sy het opdrag gegee dat dit in elk geval volledig gedoen word omdat dit die werklike situasie weerspieël.
Regering waarsku teen fopnuus oor buitelanders
Die kabinet het veral gewaarsku teen vals berigte, vals foto’s en vals video’s wat voorgee om onwettige optrede deur buitelanders te dokumenteer.
Dis hoekom bestuurslisensies so lank vat
Suid-Afrikaners wag so lank vir hul kaarttipe-bestuurderslisensies omdat die masjiene wat die kaarte druk, gebreek het, en die personeel wat dit beman toe gestaak het.