’n SANW-personeellid wat ’n Star-pistool gesteel het, en ’n ander een wat R4-ammunisie verloor het, is albei afgedank, het Mapisa-Nqakula gesê.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
Groot afname in jong kiesers
Die OVK se hoof van verkiesingskwessies, Granville Abrahams, het gesê die OVK het planne om met nuwe tegnologie meer jong kiesers in die toekoms te lok.
Minister katvoet oor lening aan Swaziland
In die onlangse verlede het Swaziland al probeer om by Suid-Afrika geldelike hulp te kry of ’n lening aan te gaan, maar Cosatu en die SAKP as die ANC-regering se vennote staan dit altyd sterk teen.
Mboweni verduidelik groeiverwagting van 1,5%
Die minister van finansies, Tito Mboweni, het uiteengesit waarom die nasionale tesourie ‘n reële groeikoers van 1,5% vir vanjaar verwag van die land se bruto binnelandse produk, en watter aspekte dit kan beïnvloed.
Mboweni oor stryd teen beleidsonsekerheid
Die regering is besig om te vorder met die uitskakeling van beleidsonsekerheid, wat ekonomiese groei en buitelandse investering beduiwel, meen Tito Mboweni, minister van finansies.
Taalbeleid vir universiteite vanjaar voltooi
Pandor het gesê die kwessie word tans in samewerking met universiteite gefinaliseer en die finale dokument sal in die Staatskoerant gepubliseer word.
Geen bewyse vir manipulasie van rand
Die minister het gesê die rand se waarde is vlottend in ʼn ingewikkelde en verwikkelde mark, so manipulasie sou nogal moeilik wees.
DA wen maar VF Plus groei in Krugersdorp
Die DA het in hierdie week se tussenverkiesings twee wyke in Krugersdorp aan die Wes-Rand gemaklik behou, maar baie steun aan die VF Plus ingeboet.
Omvattende statistieke oor naskoolse studie vrygestel
Die getal universiteitstudente wat suksesvol gegradueer het, het sedert 2000 meer as verdubbel, van sowat 93 000 tot 203 000. ʼn Baie groot probleem in die Suid-Afrikaanse universiteitesektor is egter dat soveel studente opskop.
Radebe: ‘Geen geheime’ oor Suid-Soedan-olieonderhandelings
Jeff Radebe, minister van energie, het Donderdag gesê daar is geen geheimhouding oor onderhandelings tussen Suid-Afrika en Suid-Soedan rakende die aankoop van olie nie.
Kernafval lek drie keer by Koeberg
Die inligting – wat tot dusver van die publiek weerhou is – het aan die lig gekom toe die minister van energie, Jeff Radebe, ʼn skriftelike parlementêre vraag oor die kwessie beantwoord het.
Munisipale skuld skuif verby R9 miljard-merk
Munisipale skuld in Suid-Afrika staan nou op R9,6 miljard, en dit neem vinnig toe, het dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering, in die parlement aangekondig.
Behou hof se rol as arbiter oor grondwaarde, meen parlement
In sy omvangryke voorlegging het die invloedryke regspraktisyn adv. Tembeka Ngcukaitobi bevind die Grondwet hoef nie gewysig te word nie.
Staatsmaatskappye vra nog R120 miljard
Verreweg die grootste bedrag is deur die elektrisiteitsvoorsiener Eskom aangevra.
Al minder nuwe registrasies vir kindertoelaag
Daar is ʼn onbevestigde vermoede in sommige kringe dat arm jong vroue spesifiek swanger raak en geboorte skenk sodat hulle kindertoelae kan kry, maar die hoeveelheid nuwe registrasies vir kindertoelae het tussen 2015 en 2018 met sowat 10% afgeneem.
Trengove oor grond en ‘weerlegbare vermoede van wit bevoorregting’
Trengove het in sy voorlegging gesê een van die maniere waarop grondhervorming versnel kan word, is dat die weerlegbare regsvermoede in die wet ingebou kan word dat grond in wit besit deur bevoorregting bekom is. Die wit eienaar sal die teendeel dan moet bewys.
Dlamini-Zuma erken swakhede in die staatsdiens
Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie belas met monitering, het erken omvattende strukturele tekortkominge in die staatsdiens weerhou die staat dikwels daarvan om sy rekeninge betyds te vereffen.
Wees versigtig met Grondwet, maan kundige insette
Die eerste drie kennersmenings wat ingewin is deur die parlement se ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het gemaan tot groot omsigtigheid.
Steinhoff erken grootkoppe het syfers gekook
Vier binnelandse en vier buitelandse leiersfigure in die probleemgeteisterde Steinhoff-groep het meegewerk om winssyfers te bekook sodat die maatskappy sterker moes lyk as wat werklik die geval was.
VF Plus na kieshof oor BLF
Die Vryheidsfront Plus het Maandag die verkiesingshof in Bloemfontein genader om die party Black First Land First (BLF) te verbied om aan die algemene verkiesing deel te neem omdat BLF nie nierassig is nie.