Die kabinet het besluit om in te gryp in die geweldgeteisterde Noordwes-provinsie en sommige van die Mahumapelo-regering se magte oor te neem.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
EFF neem ANC-setel af in Noordwes
Die EFF het die ANC ontsetel in Coligny, Noordwes, en die DA het stewige terugslae beleef in die Wes-Kaap, maar in Gauteng het die magsbalans grootliks onveranderd gebly in gister se tussenverkiesings.
De Lille hof toe ná mosie van wantroue
Patricia de Lille, Kaapse burgemeester, gaan haar tot die hof wend nadat sy Woensdag ʼn mosie van wantroue op die lyf geloop het in Kaapstad se DA-koukus.
Adjunkpresident op verkeerde voet betrap oor Reserwebank
Adjunkpresident David Mabuza het gister verskeie kere sy rieme styfgeloop in die Nasionale Vergadering, onder meer oor die Guptas en die Reserwebank.
Nasionale Vergadering aanvaar drie wetsontwerpe
Die Nasionale Vergadering het hierdie week sy eerste drie wetsontwerpe van die jaar goedgekeur, en elkeen sal op sy eie manier ʼn impak op die lewe van elke Suid-Afrikaner hê.
Twee oudministers moet verduidelik oor staatskaping
Twee oudministers van minerale hulpbronne in die Zuma-era gaan voor die parlement gedaag word om oor staatskaping te getuig.
DA se valbyl gestel vir De Lille
Twee vrae kom dan op: Wat gaan sy doen, en wat gaan die DA doen?
Parlement se net trek nouer om Supra
Die parlement se net trek ál nouer om die bewerings van korrupsie in die Noordwes-regering sedert die oorname van die huidige premier, Supra Mahumapelo.
Behoeftigste studente hoef nie meer te leen nie
“Hoewel daar nie van studente verwag sal word om die geld terug te betaal nie, sal daar wel van hulle verwag word om aan sekere prestasie- en gedragsvereistes te voldoen.”
Twee politici op dun ys
Twee van die land se bekendste en kleurvolste politici kan vandeesweek uiteindelik hul poste kwyt wees ná maande lange struweling en intrige.
ANC, EFF begin onderhandelings oor samewerking
Daardie proses het nou tentatief begin. Dit sal interessant wees om te sien of die DA ʼn strategiese teenskuif in sy arsenaal het.
DA vat Ramaphosa hof toe oor spioenbaas
Die eerste groot botsing tussen pres. Cyril Ramaphosa en die DA is op hande.
SA vloot nog ʼn jaar in Mosambiek-kanaal ontplooi
Pres. Cyril Ramaphosa het die parlement in kennis gestel dat die ontplooiing van 200 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om seerowery in die Mosambiek-kanaal te bekamp met nog ʼn jaar verleng is.
Skuif van spioenbaas was Ramaphosa se werk
“Ons kon nie nee se nie. Dit was nie ons besluit nie.”
Tronkbevolking styg weer ná aanvanklike daling
Daar is tans 164 000 gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke. Aangesien daar eintlik net plek vir 118 000 gevangenes landwyd is, is daar ʼn oorbevolking van 46 000 prisoniers.
Dien partykongresse nog hul doel?
Die land se twee grootste politieke partye het die afgelope vier maande hul groot partykongresse gehou en gebeure aldaar laat die vraag ontstaan of sulke byeenkomste nog volkome aan hul doel beantwoord.
Vonke spat oor minimumloon
Die vonke het Woensdagoggend behoorlik in die parlementêre portefeuljekomitee oor arbeid gespat oor beoogde veranderings in arbeidswetgewing om ʼn nasionale minimumloon af te dwing.
Kommer oor dalende opbrengs van Tuks se beleggings
Die parlement se portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding is bekommerd oor dalende opbrengste van die Universiteit van Pretoria se finansiële beleggings en oor beweerde ras-eksklusiewe koshuise op kampus, maar het andersins ʼn baie positiewe verslag oor die huidige situasie by Tuks gepubliseer.
DA vra kwytskelding van minimumloon vir werkloses
Maimane het gesê dis gebiedend noodsaaklik dat dit so maklik moontlik gemaak moet word om volhoubare werkgeleenthede te skep, maar ʼn nasionale minimumloon is na die DA se mening nie die beste manier om dit te doen nie.
Grootste akademiese prys in Afrikaans toegeken
Die mees omvangryke Afrikaanse akademiese prys word vanjaar weer tussen twee akademici verdeel.