Ses prominente Suid-Afrikaners wat ten nouste met staatskaping verbind word, gaan deur die parlement gedagvaar word om in die openbaar voor ‘n parlementêre komitee te getuig oor hul dade.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
Nasionale droogteramp afgekondig
Die regering het die droogte tot ʼn nasionale ramp verklaar.
Vonke gaan spat in parlement hierdie week
Die vonke gaan behoorlik spat in die parlement hierdie week, maar teen die einde van die week behoort daar veel groter duidelikheid oor verskeie kwessies te wees – veral oor die twee grootste huidige brandpunte, naamlik die grondkwessie en staatskaping.
DA gaan ANC en EFF beveg oor grondkwessie
Die DA-leier, Mmusi Maimane, het Maandagoggend belowe dat die DA op elke manier, met al sy kragte en tot in die laaste loopgraaf sal veg teen onteiening sonder vergoeding, omdat die voorgestelde ANC- en EFF-model sal beteken dat armes die reg ontneem word om ooit eiendom te besit.
Kiesers opgeroep om burgerlike plig te doen
Die Verkiesingskommissie het vandag ʼn spesifieke beroep op Maroela Media se lesers gedoen om hierdie naweek te verseker dat hulle as kiesers geregistreer is.
Ysters in siel maak goeie opposisieleiers
Ysters in die siel en die bereidheid om teleurstelling te hanteer ter wille van beginsels is die kern van goeie opposisieleiers, het die leidende historikus prof. Hermann Giliomee Woensdag by die Universiteit Stellenbosch se Woordfees in Stellenbosch gesê.
Hoop vir SA wittes
Daar is hoop dat die lewering van munisipale dienste aan spesifiek wit Suid-Afrikaners op die platteland kan verbeter namate meer van hulle uit klein dorpies na groter streekdorpe trek, het Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit-beweging, vanoggend in Stellenbosch gesê.
Was ons byna die slagoffers van ‘n staatsgreep?
Vertellings en spekulasie is besig om in ingeligte en gerespekteerde kringe toe te neem dat oudpres. Jacob Zuma en sy trawante ‘n staatsgreep oorweeg het toe dit blyk die gety draai teen hul kandidaat, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, in die pas afgelope ANC-leierstryd.
Invloedryke struggle-stem teen onteiening sonder vergoeding
Die stryd teen onteiening van grond sonder vergoeding het vanoggend ʼn enorme hupstoot gekry toe ‘n vooraanstaande menseregte-advokaat hom teen ʼn wysiging van die Grondwet uitgespreek het.
ANC krabbel terug oor Reserwebank
Die ANC het gister teruggekrabbel en ‘n omstrede parlementêre mosie oor die nasionalisering van die Reserwebank teruggetrek.
ANC kan opposisie se beleid kaap voor 2019
Die opposisie gaan moet wakker slaap, want die ANC is besig om sowel die DA as die EFF se beleid te kaap in die aanloop tot die 2019-verkiesing.
Jacques Pauw se vermaning oor Ramaphosa
Die skrywer Jacques Pauw, wie se boek The President’s Keepers so ʼn groot rol gespeel het om die weg voor te berei vir die val van oudpres. Jacob Zuma, het hierdie naweek Suid-Afrikaners vermaan om ewe waaksaam te wees teen vergrype deur sy opvolger, pres. Cyril Ramaphosa.
Ramaphosa se kopseer: ʼn Eensgesinde kabinet
Pres. Cyril Ramaphosa het nie verniet so lank gesukkel om Maandagaand sy kabinet aan te kondig nie. Na verneem word was dit maar ʼn woeste stryd agter die skerms, en gaan dit ʼn taai taak wees om die nuwe kabinet eensgesind te hou.
Onderlinge verhoudinge en beleid kan grond-toekoms bepaal
Die eerste stappe het agter die skerms begin om die nagevolge van die parlementêre besluit oor die onteiening van grond sonder vergoeding met die mins moontlike benadeling van die land te probeer hanteer.
Klag van haatspraak teen Malema ingedien
ʼn Klag van haatspraak is teen die leier van die EFF, Julius Malema, ingedien nadat hy gedreig het om die burgemeester van Nelson Mandelabaai, Athol Trollip, se keel af te sny.
Meer produkte dalk BTW-vry
Geen tydraamwerk is egter vir die afhandeling van die taak gestel nie.
Trollip nou in EFF se visier
Die EFF-leier, Julius Malema, het die nuus Dinsdagmiddag by die parlement aangekondig.
Parlement aanvaar onteiening sonder vergoeding
In ‘n geskiedkundige keerpunt met potensieel ernstige gevolge het die parlement ‘n mosie aanvaar dat hy maniere ondersoek om die Grondwet te wysig sodat grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind.
Wouter Wessels wil met integriteit ʼn verskil maak
Die Vryheidsfront Plus se nuwe parlementslid het groot skoene om vol te staan, maar hy meen hy het geleer by die beste leermeester in die Suid-Afrikaanse politiek.
Skeuring dreig glo by Salga
“Salga se hoofamptenaar kry byvoorbeeld dubbeld die salaris van die Suid-Afrikaanse president, mnr. Ramaphosa.”