Johan Jack Smith se debuut, Zola, is ʼn aanduiding van dié soort roman wat meer is as (meesleurende) misdaadfiksie: Dit is ook ʼn verhaal van Johannesburg, kompleet met feitelike geografiese, maatskaplike en historiese bagasie.
Alles deur die skrywer Johan Myburg
Boek van die maand: ‘Die boek van gelukkige eindes’
Debbie Loots weef ʼn verhaal wat heg en pas; sy hou koers met ʼn magdom karakters op tou en sy bou en behou spanning reg deur haar verhale. So bly die leser nuuskierig leidrade volg.
Boek van die maand: ‘Die verevrou’ deur Jan van Tonder
Sonder twyfel is Van Tonder ʼn knap wewer van stories. Oor die vaardighede beskik hy; sy belewing van die omstandighede en plekke waaroor hy skryf is só eerstehands dat ʼn mens nie eens van navorsing sou wou praat nie, en die gegewe wat hy as verhaallyn(e) gebruik is eweneens aangrypend.
Boek van die maand: In ‘n land sonder voëls
“In ‘n land sonder voëls” is ‘n verdoemende ondersoek na die impak van ‘n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.
Boek van die maand: Die dao van Daan van der Walt
Hoe het ʼn mens alles wat jy beleef het nietemin oorleef, is die vraag wat bly huiwer nadat jy die boek klaar gelees het.
Boek van die maand: ‘Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey’
Die woordegevoeligheid en poëtiese inslag wat ʼn mens sou kon vermoed, is ruimskoots daar. Dis ʼn boek wat jou op verbeeldingsvlugte neem. Vasklou moet jy, want dié Pegasus is uitbundig.
Boek van die maand: ‘Die troebel tyd’ deur Ingrid Winterbach
Moenie troebel met donker verwar nie. Die manier waarop Winterbach ironie hanteer in Die troebel tyd maak die leeservaring allermins ʼn somber affêre. Die boek is heerlik aweregs, polities onkorrek, sinies snaaks en boonop meesleurend.
Boek van die maand: ‘Die vertes in’ deur Zirk van den Berg
Benewens die historiese gegewe en die vernuftige ontwikkeling van die verhaallyn wat ʼn mens deurgaans boei benut die skrywer die geleentheid ten volle om afgesien van onmenslikheid ook elemente van menslikheid te illustreer.
Boek van die maand: Prooi deur Deon Meyer
Politieke intriges is ʼn integrale deel van die verhaal. Hou in gedagte dat die manuskrip van die boek afgehandel is voordat Cyril Ramaphosa president geword het, en dat die boek op die rak was voor die onlangse opspraakwekkende getuienis voor die Zondo-kommissie.
Boek van die maand: ‘Die daggaboer’ deur Jean-Pierre de Kock
Duidelik beteken ontvlugting allermins dat jou lewe rimpelloos of sonder spanning gaan verloop. Veral as jy boer én handelaar wil wees. Én buitestander.
Pure Coenie: ʼn Tapisserie van klank en teksture
Steek ʼn kaggelvuur aan, skink ʼn glas en draai die volume op…
Boek van die maand: ‘As in die mond’ deur Nicole Jaekel Strauss
Verskeie fasette van karakters kom in verskillende verhale na vore en stelselmatig vorm daar ʼn legkaart in die leser se verbeelding. Dié “speurwerk” is een van die aspekte wat die lees van Jaekel Strauss se bundels so ʼn aangename ervaring maak.
Boek van die maand: ‘Die wêreld van Charlie Oeng’ deur Etienne van Heerden
Dit is ʼn verhaal wat die leser bewus maak van die verskillende maniere waarop ʼn mens na die wêreld kan kyk, dit is ʼn verhaal van hartstog en moord, een van ontdekking en aanvaarding, skryf Johan Myburg.
Fliekresensie: Raaiselkind
“Raaiselkind is ʼn aangrypende prent wat maklik melodramaties of oordrewe sou kon word. Wat dit nié is nie,” skryf Johan Myburg.
Boek van die maand: ‘Spertyd’ deur Elsa Joubert
Johan Myburg skryf: ‘Spertyd’ is geen handleiding vir die ouderdom nie. Tog sal dit jammer wees as ʼn mens oud word sonder om kennis te neem van dié jongste boek van Elsa Joubert.
Boek van die maand: ‘Johanna’ deur Cas Wepener
Die skakering in vertelling vul Wepener knap aan deur teksture in te weef: onder meer geure (dié van Earl Grey-tee, kaneel, dennenaalde), seisoene en die wind. En stilte, skryf Johan Myburg.
Boek van die maand (resensie): ‘Die laksman se dogter’ deur Gerda Taljaard
Dit was die voorblad wat my die boek laat nadertrek het. Met die hoop dat die boek iets van dié noukeurige komposisie sal kan volhou. Wat wel die geval is, en wat die leser wat agter die storie aanlees beloon sowel as dié een wat wil talm in die teks, skryf Johan Myburg.
Boek van die maand (resensie): ‘Rooi haring’ deur Schalk Schoombie
Schalk Schoombie se jongste roman, “Rooi haring”, is ʼn “troosroman”, een wat ʼn uitweg bied na ʼn wêreld van kos, glansganse én mediameelopers, gekenmerk deur naywer wat wrewel word en eindelik uitloop op moord, skryf Johan Myburg. “Rooi haring” is Maroela Media se boek van die maand.
CD van die maand (resensie): Deur my venster – Refentse
“Met ʼn goeie stem en sin vir musikaliteit het hy inderwaarheid vir hom ʼn plek in die Afrikaanse musiekwêreld losgesing,” skryf Johan Myburg.
Boek van die maand (resensie): ‘Die bergengel’ – Verbeelding wat deurgaans betower
Dit is nie om dowe neute nie dat Carina Stander agter in “Die bergengel” na haarself as opgeleide beeldhouer verwys. Dit is juis haar vernuf om te verbeeld wat in dié roman, die eerste van drie, so voorop staan. En daarmee saam die vaardigheid om te verbeel, skryf Johan Myburg.