Suid-Afrika se sewesrugbyspan het met Nieu-Seeland in Vancouver afgereken net om sy volgende kragmeting teen Groot-Brittanje te verloor. Vanaand se finale groepwedstryd teen Ierland sal deurslaggewend vir hul bekerveldtog wees.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Bulls se wedstrydwenvermoë beïndruk White
“Ek hou daarvan dat ons vier drieë kan druk selfs wanneer ons nie op ons beste is nie.”
Sinner se droomlopie duur voort
Jannik Sinner het nie net nóg ʼn titel ingeoes nie, maar gaan ook nou die derde plek op die ATP-ranglys inneem. Die beste vertoning nóg deur ʼn Italiaanse speler.
‘Ons kan nog die reeks wen,’ meen Stokes
Ondanks ʼn reusenederlaag van 434 lopies in die derde toets teen Indië, sê Engeland se Ben Stokes dat daar inderdaad nog ʼn rede is om in ʼn reeksoorwinning te glo.
Boer Jaco gereed om ʼn kragtoer te lewer
Dis weer tyd vir ʼn bietjie boerekrag op die internasionale verhoog: Jaco Schoonwinkel gaan spiere bult by die World’s Strongest Man-kompetisie in die VSA.
Kyk: Blitsige Letsile laat wáái op Pilditch
Die 20-jarige Letsile Tebogo van Botswana het Wayde van Niekerk se wêreldbestetyd in die 300 m in Pretoria verbeter.
Jarry laat Alcaraz in Argentinië struikel
“Die nederlaag maak baie seer,” het Carlos Alcaraz gesê.
Bulls slaan ʼn slag op Ellispark
As ʼn rugbyskouspel gaan dit hoegenaamd nie die toekenning vir die beste nóg ontvang nie, maar die Bulls het vier drieë teen die Lions in Johannesburg gedruk.
Sinner sit nie ʼn voet verkeerd op tennisbaan
Jannik Sinner het in Rotterdam die 200ste ATP-wedstryd van sy jong loopbaan gewen.
Sutherland, Aussies mors met Proteas
Die Protea-vrouekrieketspan sal meer toetse moet speel as daar van sterker vertonings op die internasionale rooibalkrieketverhoog gedroom word.
Kiwi’s en Iere wag op Blitse in Vancouver
“Ons is by ’n baie fisieke groep ingedeel en dit is baie goed om ’n speler van Impi Visser se gehalte terug te hê; ons sal beslis vuur met vuur moet beveg.”
Eenmalige toets ontaard in riller vir SA’ners
Nadat die Protea-vrouekrieketspan vir 76 lopies uitgeboul is, het Australië meer as 500 lopies gemoker met Annabel Sutherland wat ʼn dubbele honderdtal aangeteken het.
White kies sy spoedvrate teen Lions
Die Bulls trek met ʼn gevaarlike agterlyn oor die Jukskeirivier vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Lions op Ellispark.
Coetzé deur na nog ʼn eindronde
“Ek het ʼn bietjie vinniger as gewoonlik begin en ek het beslis in die pylvak die prys daarvoor betaal. Tog leer ek elke keer iets nuuts wanneer ek ʼn 200 m swem.”
Kiwi’s beklink geskiedkundige reeksoorwinning
Die Suid-Afrikaanse boulers het vandag gesukkel om enige hou in te kry – om dan nie eens van die uitklophou te praat nie – en Nieu-Seeland het die tweede toets met sewe paaltjies gewen.
Wolff hoop Mercedes het meer byt in 2024
“Red Bull het ʼn baie suksesvolle motor; hulle is die maatstaf vir die ander spanne. Ek weet nie wanneer ons hulle gaan klop nie – ek is nie ʼn siener nie – maar ons sal binnekort weet waar ons staan.”
Engelsman geniet sy rugbytyd in Kaap
“Jy kom teen spelers van wêreldgehalte en Wêreldbeker-wenners te staan en ek is baie opgewonde oor die geleentheid,” het die Stormers se Ben Loader, ʼn voormalige London Irish-speler, gesê.
Kapp-lose Proteas sukkel in Perth
Suid-Afrika is vir 76 lopies in die eenmalige toets teen Australië se vrouespan in Perth uitgeboul.
Rafa gee Novak ʼn groot klop op die skouer
“Daar is oomblikke waar die frustrasiepot dreig om oor te kook, maar die volgende oomblik is hy weer 100% gereed vir aksie. Dit is die beste wat ek nóg gesien het.”
Bedingham kasty Kiwi’s met 100-tal
Dit mag dalk ʼn afgewaterde Protea-toerspan wees, maar David Bedingham het sy eerste toetshonderdtal teen ʼn sterk Nieu-Seelandse boulaanval geslaan.