Lukhanyo Am, wat die Springbokke se aanvanklike Wêreldbeker-groep weens ʼn besering misgeloop het, sal saam met kaptein Francois Venter die Sharks se senterkombinasie teen Connacht wees.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Walter tree vir Bavuma in die bresse
“Ek dink baie mense vergeet dat Temba die hoofrol in ons kwalifiseringsproses vir die toernooi gespeel het.”
Sinner wen sy groep, Djokovic ook in semi’s
“Dit was ʼn wafferse tuimeltreinrit om tot hier te kom, maar ek is baie dankbaar om in die halfeindstryd te wees.”
Protea-hartseer op Eden Gardens
ʼn Mens hou altyd heimlik duim vas dat dinge anders kan uitdraai, maar oudergewoonte is Wêreldbeker-uitspeelwedstryde die Proteas se achilleshiel.
Dankie tog vir David!
David Miller se vegtersbeurt van 101 lopies het darem gesorg dat Suid-Afrika ʼn rapsie meer as 200 lopies op die telbord in die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Australië het.
Bavuma uit vir ʼn nulletjie
Die Protea-kaptein het met ʼn dyspierbesering in aanloop tot die halfeindstryd teen Australië gesukkel en hy het vandag ná die muntstuk-lootsessie gesê dat hy nie “100%” fiks is nie.
Alcaraz terug op wenpad in Turyn
“Ek sal moet aanhou om op dié vlak te speel as ek ʼn kans in die toernooi wil hê.”
Proteas kan geskiedenis maak
Indien die Proteas wel verloor, sal dit nie wees omdat hulle “choke” nie. Kenners sê hul sê oor die Proteas se Wêreldbeker-vooruitsigte.
Blitzkrieg! Indië befomfaai Kiwi-boulers
Virat Kohli het sy 50ste eendagkriekethonderdtal gemoker, Shreyas Iyer het die grenshoue laat neerreën en Indië het amper 400 lopies teen Nieu-Seeland aangeteken.
Avontuurlustige Sinner eindig Djokovic se wenlopie
“Ek kon nou onverskrokke spel in die belangrike oomblikke van die kragmeting opdis – veral in die derde stel.”
Temba sal nie voorkeurbehandeling geniet
“Op die ou einde is niemand groter as die span nie. Dit geld vir Temba (Bavuma) en enige ander speler.”
Wêreldrugby gooi gewig in agter beamptes
Wêreldrugby het sy wedstrydbeamptes ondersteun nadat daar in Nieu-Seeland berig word dat Aaron Smith se drie in die Wêreldbeker-eindstryd eintlik geldig was.
Kiwi’s meen Smith se WB-drie was geldig
Volgens ʼn Nieu-Seelandse publikasie het Wêreldrugby glo agter geslote deure toegegee dat Aaron Smith se drie in die Wêreldbeker-eindstryd toegeken moes word.
Tuiswaters wink darem vir sukkelende Sharks
“Ons gaan die hersetknoppie druk en baie hard werk om nie net momentum op te bou nie, maar ook om te verbeter.”
Morkel sê hy is klaar met Pakistan
Morné Morkel is vroeër vanjaar as Pakistan se snelbouler-afrigter aangestel, maar hy het nou besluit om die span vaarwel te roep – ses weke vóór sy kontrak amptelik verstryk.
Ses balle, ses paaltjies: ‘Ek kon my eie oë nie glo’
ʼn Australiese klubbouler het ses paaltjies in ses balle in die laaste boulbeurt van ʼn wedstryd geneem om die kragmeting op ʼn merkwaardige wyse vir sy span te beklink.
Zverev klink Alcaraz se doppie in Turyn
Kookwater afslane was die skerpste pyl in Alexander Zverev se tenniskoker vir sy wedstryd teen Carlos Alcaraz in die ATP-eindronde in Turyn.
Mediese span ‘monitor’ Bavuma
Temba Bavuma toon vordering nadat hy sy dyspier in die Proteas se laaste Wêreldbeker-groepwedstryd seergemaak het.
Op ʼn tennisbaan is niks Grieks vir Sinner
Jannik Sinner het met Stefanos Tsitsipas in Turyn klaargespeel, terwyl Novak Djokovic genoeg teen Holger Rune gedoen het om die jaar as die wêreld se voorste tennisspeler af te sluit.
Novak wil jaar as wêreld se beste afsluit
“Ek speel nog teen ʼn hoë vlak, terwyl rekords ook vir die nodige motivering sorg. Ek is egter op my eie tennispad en ek sal graag wil sien hoe ver ek nog daarop kan stap.”