Novak Djokovic se laaste nederlaag op ʼn tennisbaan was teen Carlos Alcaraz in ʼn titaniese Wimbledon-eindstryd.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Akker dra no. 2-trui teen Italianers
Akker van der Merwe sak Saterdag in die middel van die Bulls-skrum wanneer die Pretorianers teen Zebre in ʼn Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Italië speel.
Novak so byna deur Tallon ontspoor
ʼn Olike Novak Djokovic moes diep delf teen Tallon Griekspoor, maar die Serwiese ster het uiteindelik na sy negende kwarteindstryd op ʼn streep in die Parys-meesterstoernooi deurgedring.
Sharks kies Dyantyi op vleuel
“Ek belowe om my heel beste te gee wanneer ek die trui oor my kop trek. Ek is nou al geruime tyd in Durban en ek het gesien wat die Sharks vir baie mense beteken.”
Jansen se krieketster skitter in Indië
Die 23-jarige hemelbesem – hy laat die maatband tot 2,06 m rek – slaan gereeld sesse teen die einde van ʼn kolfbeurt, terwyl hy ook paaltjies in die belangrike kragspelfase neem.
Skeidsregter Barnes steek fluitjie in sak
“Verlede Saterdag het ek die voorreg gehad om in beheer van ʼn Wêreldbeker-eindstryd tussen twee ikoniese spanne te wees. Mense sê gereeld dat jy weet wanneer die tyd reg is om jou uittrede aan te kondig en ek stem met hulle saam.”
‘Ons kán Indië klop,’ sê krieket se Rassie
Suid-Afrika is tans een van die min Wêreldbeker-spanne wat nie net by die onoorwonne Indiërs kan kers vashou nie, maar hulle ook op hul tuisveld kan ore aansit.
Beperk TV-skeidsregter se invloed, pleit kenners
’n Paar rugbykenners is dit eens dat TV-beamptes hopeloos te veel sê in die afgelope Wêreldbeker-rugbytoernooi gehad en só afbreuk aan die spel gemaak het.
Proteas slaan rekord los
Ná sewe Wêreldbeker-wedstryde het die Proteas reeds 82 keer die bal oor die grenstou laat seil om Engeland se rekord van 76 Wêreldbeker-sesse in ʼn enkele toernooi met ses groot grenshoue te verbeter.
Briljante Proteas mors met Kiwi’s
Die Proteas se swaargewig-kolwers haal eerstens die fut uit hul teenstanders se seile, waarna die boulers vir die uitklophou sorg.
No. 4 vir Quinton!
Met sy vierde Wêreldbeker-honderdtal het Quinton de Kock nou reeds 545 lopies in sy sewe wedstryde teen ʼn gemiddeld van 77,85 gemoker.
Vasseur glo Ferrari is op die regte pad
“So saam met die voorste wegspringplek is ʼn derde en vierde plek glad nie ʼn slegte uitslag nie. Ons het heel goed die naweek gevaar.”
Bokke bó, All Blacks val so bietjie
Die Springbokke is die topspan op Wêreldrugby se amptelike ranglys, maar die All Blacks het na die derde plek teruggesak.
Siya wil nog die Bok-trui dra
“Ek is nog beskikbaar om gekies te word. Niks gaan verander nie. Ek wil speel.”
Ras(s)ie-leier: Sir Clive nou ook ʼn Erasmus-aanhanger
“Rassie Erasmus is werklik soos ʼn vars briesie wat oor die rugbyveld waai. Dit is seker nie onmoontlik dat hy eendag deel van die Engeland-opset kan word nie.”
‘Max-iko!’ Verstappen is weer onstuitbaar
Sergio Perez se droom om sy tuis-Grand Prix te wen het skipbreuk gely toe hy reeds om die eerste draai in ʼn botsing was.
Ardie bó Eben in toekenningstryd
Ardie Savea, en nie Eben Etzebeth nie, is as Wêreldrugby se speler van die jaar aangewys.
Kaptein Cane radeloos ná rooi kaart
“Dit is iets waarmee ek vir die res van my lewe sal moet saamleef.”
Pieter-Steph: ‘Die Malmesbury-missiel’
“Hy was fenomenaal. Verdediging is my afdeling en hy het buitengewone spel gelewer.”
‘Dankie Suid-Afrika,’ sê Siya
“Mense wat nie van Suid-Afrika is nie, verstaan nie noodwendig wat die oorwinning vir ons land beteken nie. Dit gaan nie net oor die spel of die wedstryd nie; ons land gaan deur so baie dinge.”