“Kyk net wat het die Springbokke in 2019 gedoen – hulle het toe ook hul eerste wedstryd van die toernooi verloor.”
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Proteas beklink eendagreeks teen Pakistan
Nadine de Klerk het met kolf en bal in die tweede eendagwedstryd teen Pakistan in Karatsji uitgeblink.
24 Grand Slams – Novak is die tenniskoning!
“Novak Djokovic is gebore om te wen en ʼn tennismeester. Wat sporttalent betref, is daar nie veel mense soos hy in die wêreld nie.”
Bokke se verdediging, voorspelerspel verfrommel Skotte
Die eerste helfte was ʼn taai affêre, maar die Springbokke se Wêreldbeker-veldtog is op koers nadat hulle Skotland met 18 – 3 in Marseille geklop het.
Wêreldbeker: D-dag is hier vir Bokke
Dit is 1 408 dae sedert Siya Kolisi die Webb Ellis-trofee in Jokohama omhoog gehou het. Vandag, 10 September 2023, is die amptelike begin van die Springbokke se veldtog om hul wêreldtitel te verdedig.
Dié Ford ‘drop’ sy span nie sommer
George Ford het drie skepskoppogings oor die dwarslat gejaag én al 27 van Engeland se punte in hul onwaarskynlike Wêreldbeker-oorwinning teen Argentinië aangeteken. Gʼn wonder Steve Borthwick het sy afrigtersfluitjie vir die heuningkwas verruil nie.
1,2,3… Aussies wen wéér op ʼn drafstap
Temba Bavuma het oor die Proteas se ingesteldheid kopgekrap nadat Australië die tweede eendagwedstryd in Bloemfontein met 123 lopies gewen het.
Marnus moker Protea-boulers disnis
Marnus Labuschagne, wat nie in die Aussies se Wêreldbeker-groep opgeneem is nie, het weer eens vir die keurders tong uitgesteek met sy spogbeurt van 124 lopies teen Suid-Afrika in Bloemfontein.
Daar is natuurlik druk, maar Bokke speel vir ondersteuners
Met die horlosie wat die sekondes na Suid-Afrika se Wêreldbeker-wedstryd teen Skotland aftik, het Siya Kolisi gesê dit is ʼn voorreg om die Springbok-trui te dra.
Daniil laat Carlos sy tassies pak
Daniil Medvedev sal nou in die eindstryd van die Amerikaanse Ope rakette met Novak Djokovic kruis nadat hy met ʼn “12/10-vertoning” teen Carlos Alcaraz vorendag gekom het.
Hane kráái en dis ʼn blou Vrydag vir All Blacks
“Dit het met tye gevoel of ons gemiddelde spel opdis, maar ons kon steeds die telbord aan die gang hou,” het Antoine Dupont gesê nadat Frankryk met die All Blacks in Parys afgereken het.
Aryna bly staande om uitklophou te plant
Aryna Sabalenka het slegs die derde vrouespeler in die Ope-era, naas Steffi Graf en Ana Ivanovic, geword om ʼn Grand Slam-halfeindstryd te wen nadat sy die eerste stel met 6-0 verloor het.
Aussies: Van 113/7 na wedstrydwenners
Temba Bavuma se moedige honderdtal was pure verniet nadat Marnus Labuschagne en Ashton Agar die wedstryd vir Australië in Bloemfontein gewen het.
RG Snyman oorgehaal om verskil in Bok-trui te maak
“Jy is altyd gretig om die Springbok-trui oor die kop te trek, maar dit is eers wanneer dit van jou weggeneem word dat jy besef hoe spesiaal dit werklik is.”
Proteas kolf eerste in Bloemfontein
Quinton de Kock sal vir oulaas saam met Temba Bavuma die kolfwerk in ʼn eendagkrieketreeks open.
All Blacks het respek vir Franse flair
“Ek dink elke Franse span beskik oor die vermoë om met die All Blacks af te reken; dit is iets wat jy nie van baie ander lande kan sê nie. Tog het ons al meer Wêreldbekerwedstryde as hulle gewen.”
50 vir flinke Faf teen Skotte
Faf de Klerk speel Sondag in sy 50ste toets vir die Springbokke teen Skotland in Marseille en kenners (plaaslik én internasionaal) het die blondekop skrumskakel as een van die beste spelers in sy posisie uitgesonder.
Carlos-Novak-eindstrydtrein tel spoed op
Carlos Alcaraz en Novak Djokovic het al twee na die halfeindstryd van die Amerikaanse Ope deurgedring.
Nienaber kies sy span om Skotte te tem
Jacques Nienaber het ses voorspelers en twee agterspelers op die plaasvervangersbank vir die Springbokke se openingswedstryd van die Wêreldbeker-toernooi gekies.
Horner weet Red Bull sal nie altyd F1-septer swaai
“Een of ander tyd gaan iemand ons klop; dit is een van sport se onvermydelikhede. Ons moet net sorg dat dit nie in die afsienbare toekoms gebeur nie.”