“Jy moet eers plat op die grond lê voordat jy kan opstaan. Ek het aanvanklik gehoop dat ons ʼn onmiddellike ommeswaai sou sien, maar dit gaan nie gebeur nie.”
Alles deur die skrywer Johann Gresse
SA’ners gee Seattle skop
Wayne Parnell, Heinrich Klaasen en Quinton de Kock het ʼn barshou vir die Seattle Orcas teen Faf du Plessis se Texas Super Kings in die VSA gespeel.
Bokke weet wat in Kolisi, Pollard steek
“Die ding met Siya en Handré is dat hulle al male sonder tal gewys het waartoe hulle in staat is op internasionale vlak en dit tel ongetwyfeld in hul guns.”
Schoeman (43) wil slag by Wêreldkampioenskap wys
“Daar is min dinge so lekker as die wete dat ek Suid-Afrika weer by die Wêreldkampioenskap gaan verteenwoordig.”
Bokke wil op Ellispark pronk ná Auckland-teleurstelling
“Dit sal ongelooflik wees om ʼn volgepakte stadion te sien. Daar is niks so intimiderend soos ʼn vol Ellispark nie en dit sal baie vir die spelers beteken.”
Tatjana, Lara kan water in teenstanders se oë skop
Tatjana Schoenmaker en Lara van Niekerk sal Suid-Afrika se swemaanslag by die Wêreldkampioenskap in Japan lei.
Oud-Bok Bekker by Bulle
Andries Bekker sal tot 2026 deel van die afrigtersopset in Pretoria wees.
Kriel brand om speelkans te kry
“Ek wil bitter graag speel. Daar sal groot fout wees as ʼn speler nie oorgehaal is om vir sy land uit te draf nie.”
Jong spelers kry hupstoot met internasionale toernooi
“Daar is niks wat ʼn speler beter vir topvlakrugby voorberei as gereelde blootstelling aan wedstrydsituasies nie. Ons is opgewonde oor die nuwe kompetisie,” het Rassie Erasmus gesê.
Kevin in kwarteind van terugkeertoernooi
Kragtige afslaanwerk was nou weer eens Kevin Anderson se grootste bondgenoot en hy het ʼn rits kishoue teen Gijs Brouwer afgevuur.
Eben en Jaden beskikbaar vir Poemas-toets
Jacques Nienaber het Woensdag bevestig dat Eben Etzebeth en Jaden Hendrikse vir die toets teen Argentinië oorweeg sal word.
Broad vier 600ste toetspaaltjie
Stuart Broad het slegs die vyfde bouler – naas Muttiah Muralitharan, Shane Warne, James Anderson en Anil Kumble – geword om 600 toetspaaltjies in sy loopbaan te neem.
Pragspeeloppervlak wink vir Stormers
Die Stormers het op sosiale media met die installasievordering van hul splinternuwe speeloppervlak gespog.
Anderson is terug op die baan
Kevin Anderson het sy eerste wedstryd terug op die ATP-toer gewen toe hy vir Gabriel Diallo in Newport geklop het.
Krieketwêreldbeker net 80 dae weg
Daar wag nie veel internasionale krieket op die Proteas voordat die span in sy eerste Wêreldbeker-wedstryd teen Sri Lank speel nie.
Leeus wil in 2025 weer brul
Die Britse en Ierse Leeus sal onder meer tydens hul Doer Onder-toer in 2025 ʼn nie-amptelike “vierde toets” teen ʼn gekombineerde Australiese en Nieu-Seelandse uitnodigingspan speel.
Reën kan vir vonke op Old Trafford sorg
“Ons wil altyd kreatiewe spel opdis. Ons onverskrokke benadering tot die spel beteken dat ons in elk geval teen ʼn vinnige tempo speel.”
Engeland se ‘ooms’ moet Aussies laat bontstaan
Engeland se James Anderson (40), Stuart Broad (37), Chris Woakes (34) en Mark Wood (33) is deel van die oudste snelboulaanval in die Reeks om die As sedert 1928.
Kyk: Novak beboet ná hy raket flenters slaan
Novak Djokovic het sy raket in die vyfde stel van die Wimbledon-eindstryd teen Carlos Alcaraz stukkend geslaan.
KSA bevestig toetsreeks teen Swartpette
Met Protea-rooibalkrieketwedstryde wat deesdae so skaars soos hoendertande is, is daar darem vroeg in 2024 ook ʼn kort toetsreeks teen Nieu-Seeland om na uit te sien.