“Om die Indiese Premierliga en die Wêreldbeker mis te loop is opofferings wat my hopelik in staat sal stel om die veelsydige speler te wees wat ek graag vir die afsienbare toekoms wil wees.”
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Blitsbokke wíl beter in Hongkong
“Ons ken hom en ons is deeglik bewus van wat hy van ons verwag,” het Selvyn Davids gesê. Die komende Hongkong-toernooi is Philip Snyman se eerste solo-avontuur aan die stuur van die Blitsbokke.
Boult en Burger briljant teen Mumbai
Trent Boult het ʼn snelboulwerkmeesterles teen die Mumbai Indians aangebied en Rohit Sharma is saam met Naman Dhir en Dewald Brevis vir nulletjies uitgeknikker.
Graeme Pollock in hospitaal ná beroerte
Hy word as een van die beste linkshandige kolwers in die spel se geskiedenis beskou. In ’n toetsloopbaan wat tot net 23 wedstryde weens Suid-Afrika se internasionale sportisolasie beperk is, het hy 2 256 lopies teen ’n gemiddeld van 60,97 aangeteken.
Miller beklink wedstryd met ses
David Miller het weer sy wa-deur-die-drif-trek-vaardighede uitgestal in die Gujarat Titans se oorwinning teen die Sunrisers Hyderabad in Ahmedabad.
Manie bly wedstrydwenner
Manie Libbok beskik oor die vermoë om wedstryde vir sy span te wen. Ongeag of hy in die groen en goud van die Springbokke of die blou en wit van die Stormers te siene is.
Sinner weer aan trofeewenkant
Met sy Miami-opesukses het Jannik Sinner vir die derde keer in 2024 die toernooisilwerware omhoog gehou.
De Kock se kolf flits in IPL
Quinton de Kock het Saterdag met sy tydsberekening en houespel uitgeblink in die Lucknow Super Giants se oorwinning van 21 lopies teen die Punjab Kings op hul tuisveld.
Uittrede wink, tog glimlag Danielle steeds
“Die energie van die toeskouers was bloot ongelooflik op die baan en dit het gevoel of ek voor duisende van my vriende speel. Ek sal vandag nooit vergeet nie,” het Danielle Collins gesê nadat sy die Miami-ope gewen het.
Dit was naelbytstories, maar dinge is Roos-kleurig in Stormersland
Die Stormers kon uiteindelik ʼn spannende tweestryd teen Ulster met 13 – 7 op die DHL-stadion wen nadat die spelers genadiglik in die laaste 40 minute hul voete gevind het.
Novak onseker oor afrigterspad
“Sedert ʼn jong ouderdom was daar nog altyd afrigters in my hoek en ek probeer tans uitpluis wat vir my werk of nie.”
Leinster sukkel nie om ratte te verwissel
“Hulle het elke fout wat ons gemaak het, gestraf,” het Jake White gesê nadat die Bulls met 47–14 teen die Ierse rugbyreuse verloor het.
Hongkong is Snyman se eerste Blitsbok-sending
“Ons is maar alte bewus daarvan dat ons afgelope vertonings nie op standaard was nie en ons is ʼn beter vertoning aan onsself en ons ondersteuners verskuldig.”
Grigor se droomlopie duur voort
“Ek het heeltyd in myself geglo en my beste gegee. Hierdie jongste vertonings is bloot die kersie op die koek,” het Grigor Dimitrov gesê nadat hy vir die eindstryd van die Miami-ope gekwalifiseer het.
Leinster looi Bulls in tweede helfte
As dít ʼn maatstafwedstryd vir die Bulls was, is die Jakarandastad se rugbytrots geweeg en te lig bevind.
Flitsende kolwe gaan Kwena nie van stryk bring
Ondanks sy IPL-vuurdoop teen die Sunrisers Hyderabad, hoef ʼn mens nie ʼn krieketsiener te wees om te voorspel dat ʼn blink toekoms op die 17-jarige Kwena Maphaka wag nie.
Kitshoff terug op ou tuisveld
Steven Kitshoff draf Saterdag weer op die DHL-stadion uit, maar dié keer sal die Springbok-stut in die kleure van Ulster wees.
Dis deesdae rof teen Dimitrov
Grigor Dimitrov het sy tweede wedstryd op ʼn streep teen Carlos Alcaraz gewen toe hy die Spaanse tenniskroonprins in die kwarteindstryd van die Miami-ope uitgeskakel het.
Bulls teen Leinster – groot stryd wag in Dublin
“Ek het verneem dat die kaartjies vir die wedstryd uitverkoop is en dit is goeie nuus vir die spelers, want dit beteken dat ons as ʼn span iets reg op die rugbyeld doen. Mense wil die Bulls in aksie sien.”
Kyk: Tebogo wen 200 m-stryd teen Simbine
Suid-Afrika se Akani Simbine is tevrede met sy vertoning in Johannesburg. Die 200 m is immers nie sy voorkeuritem nie en hy is gereed vir die res van die seisoen.