Kurt-Lee Arendse is ʼn wafferse puntemasjien in die Springbok-trui en hy het ʼn driekuns van drieë teen die pap-in-die-hande Wallabies gedruk.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Anika nou Franse krieket-juweel
Anika Bester se lewenspad het al kuipstoppe in Kuilsrivier en Plettenbergbaai gemaak. ʼn Paar weke gelede het sy egter met ʼn speler van die wedstryd-vertoning vir Frankryk se vrouekrieketspan teen Jersey vorendag gekom.
‘Klein unie?’ Watwou, Pumas blaf saam met groot honde
“Ons wil nooit net bloot aan ʼn toernooi deelneem nie. Ons wil ook presteer.”
Morné sal altyd skop hê
“Ek is in die geheel darem ʼn rustige ou en my aandag word nie sommer deur eksterne faktore afgetrek nie. Maar oudergewoonte het ek vertroue in my voorbereiding gehad – ek het geweet dat ek die nodige ure op die oefenveld ingesit het.”
Muthusamy laat weer paaltjies spat
Die Suid-Afrikaanse draaier het weer eens vyf paaltjies in ʼn beurt teen Sri Lanka A geneem.
‘Ierland gaan nie Wêreldbeker wen’
Ugo Monye het rugbyliefhebbers gewaarsku om hulle nie teen Ierland se nommereenstatus en Andy Farrell se knap afrigterswerk blind te staar nie.
Vlieënde Hollander: Verstappen nou gelyk met Senna
Max Verstappen het nie net in Montreal toegesien dat Red Bull sy 100ste F1-oorwinning behaal nie, maar ook ʼn individuele mylpaal bereik: Hy het nou net soveel wedrenseges as Ayrton Senna.
Max spring eerste weg in Montreal
Fernando Alonso het belowe dat hy alles in die stryd sal werp om die vlieënde Nederlander in sy spore te probeer stuit.
Stonehouse verdien lof vir Laeveldse rugbysukses
Kom ons wees eerlik: Jimmy Stonehouse weet presies hoe om die beste uit sy spelers te kry en hoe om ʼn span van die grond af op te bou. Dit is dalk tyd om ʼn rugbyprofeet in sy eie land te eer.
Karla mik na podiumplek saam met Proteas
Karla Pretorius is in 2019 as die topspeler by die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool aangewys. Sy gesels nou oor ma-wees, haar doelwitte en die Proteas se vooruitsigte vir die netbalskouspel in Kaapstad.
Engelse toeskouers koggel Warner
“Het jy jou skuurpapier onthou, Dave?” is een van die toeskouer-kwinkslae in die eerste toets tussen Engeland en Australië op Edgbaston.
Pumas, julle ramkatte!
Die Pumas het weer eens gewys dat die Curriebeker in gʼn museum hoort nie toe hulle die Haaie in ʼn aksiebelaaide halfeindstryd in Durban geklop het.
‘Ja, hy kan beslis’
Lewis Hamilton meen Max Verstappen kan sy rekord vir die meeste F1-wedrenoorwinnings verbeter.
Crawley jaag eerste bal van As-toets na grens
Engeland het reeds op Edgbaston verklaar en Australië staar ʼn agterstand van 379 lopies in die gesig. En dit net ná die eerste dag se spel.
Immergroen Pienaar begin teen Bulle
Hy mag dalk reeds in Maart sy 39ste verjaardag gevier het, maar die Blou Bulle sal steeds vir die Cheetahs se Ruan Pienaar moet lig loop – veral wanneer ʼn plek in die Curriebeker-eindstryd op die spel is.
Nienaber tevrede met oefenkampvordering
“Dit is lekker om te sien hoe vasberade die spelers is om in die Rugbykampioenskap te speel en sodoende ʼn kleim vir ʼn plek in die Wêreldbeker-groep af te steek.”
Elrigh in Bulle se opdrafspan
Elrigh Louw is verlede week teen die Cheetahs met ʼn rooi kaart van die veld gestuur, maar ʼn tugverhoor het dié besluit intussen herroep.
SA20 beloof groter vuurwerkvertoning
Elke franchise het nou R39,1 miljoen – danksy ʼn bykomende inspuiting van R5,1 miljoen – in sy bankrekening om die beste plaaslike en internasionale spelers na sy opset te lok.
Bokke sit weer met losskakel-kopseer
Dit lyk of Manie Libbok die losskakel-binnebaan het vir die eerste Rugbykampioenskap-toets teen Australië in Pretoria.
Kolisi op koers vir Frankryk
“Ons mikpunt op hierdie stadium is om toe te sien dat Siya in een of twee van die opwarmingswedstryde sal speel,” het Rassie Erasmus gesê.