ʼn Jaar gelede is Novak Djokovic uit Australië gedeporteer. Vandag het hy sy tiende titel in Melbourne gewen.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
ʼn Skoolhoof met ʼn passie vir tennis
Die foto’s teen Nico Coetzee se kantoormure getuig van sy liefde vir die spel. ʼn Klinkklare bewys dat dit nie net die groot sterre is wat buitengewone dinge vir die sport kan doen nie.
Van SA20 tot administrasie: Jacques Faul gesels krieket
“Jy moet die sport dien. Dit is jou werk. As jy nie die sport dien nie, doen jy die verkeerde ding.”
Sabalenka vier Slam-sukses in Australië
“Die ander spelers sal ʼn bietjie opvangwerk moet doen as hulle voortaan by hierdie twee wil kers vashou.”
Ulster, beseringspook kniehalter Stormers
Evan Roos moes die veld in die 22ste minuut met ʼn kniebesering verlaat en John Dobson (afrigter) het intussen bevestig dat die jong agtsteman vir ʼn ruk op die krukkelys kan wees.
Ditsem, Proteas!
As Sisanda Magala se paaltjievuishou die Engelsmanne in Bloemfontein laat steier het, dan het Anrich Nortjé beslis die uitklophou geplant.
ʼn Perfekte 10 wink vir Novak
Dit is Novak Djokovic teen Stefanos Tsitsipas in die eindstryd van die Australiese Ope.
Blitsbokke druk vyf drieë teen Kenia
“Ons het met daardie vertoning weer ʼn bietjie trots in die trui teruggesit, maar mag nooit tevrede met onnodige foute wees nie.”
Bulls oorgehaal vir Scarlets-stryd
“Ons moet met die fisieke spel vorendagkom waarvoor Suid-Afrikaanse spelers bekend is.”
‘Ons is baie lief vir ons tuisskare’
Hoewel Shadine van der Merwe erken dat daar beslis nog werk op die Proteas vóór die komende Wêreldbeker-toernooi wag, is sy dankbaar vir die ondersteuning wat die span in die afgelope vierhoekige reeks in Kaapstad geniet het.
Stefanos soek sukses in ‘tuis-Slam’
“Ek speel tans goeie tennis. Trouens dink ek dat ek lanklaas só goed oor my spel gevoel het.”
Speler van jaar binnekort aangewys
SA Rugby het gesê sy toekenningswenners word volgende week bekendgemaak. Siya Kolisi en Eben Etzebeth is onder meer in die speler van die jaar-kategorie benoem.
IKR gee Jansen ʼn klop op die skouer
Die Internasionale Krieketraad het die Protea-hemelbesem as sy opkomende speler van die jaar aangewys.
Foutlose Djokovic het sy oog op 10de titel
Novak Djokovic het vir nóg ʼn Australiese Ope-halfeindstryd gekwalifiseer toe hy binne ʼn japtrap met Rusland se Andrey Rublev afgereken het.
Dubbeldoor Suid-Afrikaanse spierkrag
Cameron Saaiman gaan saam met Dricus du Plessis amok maak by UFC285 in Las Vegas.
Proteas moet blom teen Rose
Die Protea-netbalspan speel vandag in die bronsmedaljewedstryd teen Engeland in Kaapstad. ʼn Goeie vertoning sal hul Wêrelbeker-voorbereidingswerk ʼn definitiewe hupstoot gee.
Faf-tein span die seile
Faf du Plessis het gister ongetwyfeld ʼn kapteinsbeurt gespeel toe hy 113 vinnige lopies van slegs 58 aflewerings gemoker het. Dit was die eerste honderdtal van die SA20-toernooi.
Lewis praat oor ‘traumatiese’ skooljare
Volgens die F1-ster het medeleerders hom glo met piesangs bestook en name toegesnou.
Snorkrag wek boulerwoema op
Van die wêreld se gevaarlikste snelboulers het al met indrukwekkende snorre gespog – van Dennis Lillee en Fred Spofforth tot Mitchell Johnson en Anrich Nortjé.
Novak gee homself ʼn rede om te glo
Tennisliefhebbers het ʼn bevestiging gekry van iets wat hulle eintlik lankal reeds weet: Selfs al sukkel Novak Djokovic met ʼn besering is hy steeds beter as die meeste ander spelers.