Josh Hazlewood kom weliswaar van ʼn klein Australiese dorpie, maar hy kan groot vertonings op die krieketveld lewer. Hy het nou vyf paaltjies op die eerste dag van die tweede toets teen Nieu-Seeland laat kantel.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Raducanu slaan wennoot in Kalifornië
“Ek geniet dit om in Amerika te speel; ek het van my beste vertonings hier gelewer en ek is baie bly om weer terug te wees.”
Brok vat voor in vertoonwedstryd
Die Stormers speel Saterdag weg van die huis in ʼn vertoonwedstryd teen die Northampton Saints.
Laura vat vlam in Indië
Suid-Afrika se Laura Wolvaardt het 76 vinnige lopies vir haar span in die Indiese Premierliga vir vrouespelers geslaan.
Engelsman sê Duhan is ‘Skotland se Lomu’
“Daar is baie ooreenkomste tussen Duhan van der Merwe en wyle Jonah Lomu – hulle is groot, sterk en vinnige spelers,” meen Toby Flood.
Nadal onttrek aan nóg ʼn toernooi
“Ek kan nie vir myself en die duisende ondersteuners jok nie,” het Rafael Nadal gesê nadat hy hom aan die Indian Wells-toernooi onttrek het.
Carlos beloof seer enkel sal hom nie stuit
“Ek voel baie beter en wil dit weer eens onderstreep: Ek is hier om my titel te verdedig en sal nie sommer van stryk gebring word nie.”
Siya weer op operasietafel
“Ek sal gou weer op my pos wees,” het Siya Kolisi Dinsdag op sosiale media beloof nadat hy ʼn operasie aan sy hand ondergaan het.
Vurige Sainz laat die vonke spat
“Ek was oortuig dat Carlos op só ʼn manier sou reageer,” het Ferrari-spanbaas Fred Vasseur gesê.
Djoko: ‘Ongelooflik om terug te wees’
Novak Djokovic het laas in 2019 by die Indian Wells-toernooi in Kalifornië afgeslaan.
132,1 km/h: Shabnim die vinnigste nóg
Suid-Afrika se Shabnim Ismail het die spoednaald in die rooi gedruk in ʼn Indiese Premierligawedstryd tussen die Mumbai Indians en die Delhi Capitals.
Neusie verby met toetskaartjies: dis duidelik lekker op Loftus
“Die rugbykoors herleef in Pretoria,” het Willem Strauss, president van die Blou Bulle-rugbyunie, gesê nadat kaartjies vir die Springboktoets op Loftus Versfeld ook uitverkoop is.
Rafa maak ordentlik litte los
“Ek voel baie beter as wat ek verwag het,” het Rafael Nadal gesê nadat hy die eerste stel in ʼn vertoonwedstryd teen Carlos Alcaraz beklink het.
Shimlas eindig Pukke se wenlopie
Die NWU-Puk het sy eerste nederlaag in die jongste weergawe van die Varsitybeker-toernooi gely toe die Shimlas hom in die doodsnikke in Bloemfontein geklop het.
Dobson krap kop oor swak eerste helfte
“As ʼn mens na ons dissipline in die eerste halfuur kyk, kan jy tereg sê dat dit waarskynlik een van ons swakste vertonings nóg was. Ná 12 minute het ons reeds vyf strafskoppe afgestaan.”
Blitsbokke wen, maar swaai byna houtlepel
Die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan het van die bekerwenners in Dubai na die 11de plek in Los Angeles geval.
Lyon draai Kiwi’s deurmekaar
Australië se Nathan Lyon het tien paaltjies in die eerste toets teen Nieu-Seeland geneem, terwyl Cameron Green met kolf en bal uitgeblink het.
Olé! De Minaur wen in Mexiko
“Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het glad nie goed in aanloop tot die toernooi gevoel nie en ek moes myself die heeltyd moed inpraat.”
Bulls kan sege geniet, maar harde werk lê voor
“Dit was ʼn lang pad om tot hier te kom, maar ons het nou ʼn oortuigende oorwinning behaal. Ja, ons is dankbaar om bó die Stormers op die punteleer te bly, maar ons het nog nie iets groot gewen nie.”
Kyk: Wêreld se beste o.18-tennisspeler praat Afrikaans
Oostenryk se Joël Schwärzler klim deesdae die internasionale tennissuksesleer, maar hy het ʼn passie vir Afrikaans, ProNutro en natuurlik krummelpap.