Maar ek hou van daai tyd af van kampvure en swartpotte en koffieketels met regte koffie. Ek maak ook “moer-potte” en gooi enige ding wat ek in die hand kan kry bymekaar. En ons kyk vandag nog sterre en geniet stiltes en wonder oor goeters wat mens nie kan sien nie …
Alles deur die skrywer Koos Greeff
Wanderlust: Hoofstuk 1
Mamma het my later opgespoor en, terwyl sy my aan my oor terugsleep, vertel sy my ek is nes my oupa Kammie, want ons twee het die “Wanderlust”. Lees die eerste deel van Koos Greeff se rubrieke, “Wanderlust”.
Briewe uit Bagdad: Die tuiskoms
Koos Greeff vertel in sy laaste aflewering in die reeks, “Briewe uit Bagdad” oor sy tuiskoms en sy verlange na Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Die gevolg van eerlik wees
Die Sluiper raak aan’t skel en ek lag later kliphard want teken sal ek nie teken nie. Einde ten laaste vertel hy my dat ek hom geen ander keuse laat as om my te “fire” nie, skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: ʼn Engel is van ver af gestuur
Koos Greeff vertel in hierdie week se bydrae in die gewilde “Briewe uit Bagdad”-reeks van ‘n wonderwerk wat voor sy oë in Bagdad plaasgevind het.
Briewe uit Bagdad: Die ‘demob’
“Ek kon myself nie keer nie, moes maar omdraai en wegstap want die trane vloei oor my wange,” skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: ʼn Vriend in Sadam se ‘army’
So stuur ek hom van bakboord na stuurboord en weer terug deur blokkades en geweld want ons kliënte soek net die beste van alles. En Amjed hol net en mor niks nie, skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Die duiwe
Só word ek en die duiwe maats, want elke keer as dit “kaboem”, dan styg hulle op en soek hulle ʼn vredevolle sitplek in hierdie stad van geweld.
Briewe uit Bagdad: Die ‘Monsters’ van Irak
Nou die dag bestel ek ʼn Leatherman-“tooltjie” oor die pos en toe ek na die straatadres uitvra, gee die ouens my ʼn Afrikaanse naam vir daai deel van Bagdad. Iets soos “Joubertsdal” en ek verwonder my hieroor, skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Die Woord lóóp
“Google help my om die lotjie te vertaal in Arabies en net daar kry die drukkertjie lewe en spoeg die papiere uit. En ek vat die pad met “tape” en gom en plak oral oor die stukkie Skrif – natuurlik sonder verwysings na die Bybel want ons is mos darem in ʼn Moslem-land,” skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Die groot glas whisky
Meteens begin my kop te draai en ek voel vreemd lighoofdig. Dag eers een of ander pestilensie het my bespring maar toe dring dit deur, whisky jou bog… skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Al Mansoor-basis
So daag ek vroegdag in Al Mansoor-basis op. Dis die hoofkwartier van ons maatskappy en dis pragtig met baie palmbome en groot huise so in die skaduwee van die reuse moskee wat ou Sadam daar begin bou het… skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Afrika is nie vir sussies nie
Nou die dag sit ek in my kantoor en hoor die “kaboem”. Skieter – die boertjie in beheer van die sekuriteit mompel ewe – “dis ʼn motorbom daai”… skryf Koos Greeff.
Briewe uit Bagdad: Om hoop te gee
Agmed – die apteker kom toe hier in en staar lank na die skildery. Later draai hy heel ernstig na my en sê dis hoe hy baie dae voel…
Briewe uit Bagdad: Arbeid adel
Die helfte van die toilette werk ook nie lekker nie want dis makliker om “Buite orde” te skryf as om ʼn eenvoudige seël te vervang… skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Die groot verlange
Dis warm en die stof-rook hang so ʼn dik bank oor Bagdad. En vandag verlang ek na baie mense, skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Katvroutjie
“Sit netnou en skrywe toe storm ‘Katvroutjie’ by my kantoor in. Die deur was eintlik toe maar sy hol by Morgan verby en ‘sidestep’ ook vir Grace en vind my in die agterste limiete van die kantoor…” skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Die werkers en die proviand
Ek het ʼn interessante lot wat vir my werk… Meer as 150 mense en van minstens sewe bevolkingsgroepe met eie taal en kultuur, skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Die eerste aand
“Ek pluk sommer die gordyne oop en Damien val amper oor die bed in ʼn poging om my te stop. Toe hoor ek van skerpskutters en sluipmoordenaars wat op loer lê vir ons…” skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Briewe uit Bagdad: Die blyplek
“Bagdad is ʼn reuse plek – ek skat so groot soos die Kaapse Skiereiland of amper. Maar daar stop dit, want dis plat en dis lelik.” Koos Greeff kom by sy blyplek in Bagdad aan.