Vandeesweek gee ons ʼn blik op kykNET se jongste dokumentêre reeks, “Vreemder as fiksie”, en kyk na die “Testament: The Story of Moses” en “The Gentlemen” wat op almal se lippe is.
Alles deur die skrywer Leonie Bezuidenhout
Luister: Armand Barnard ‘jaag die son’ met sy musiek
“Maak nie saak of jy ʼn moeilike week gehad het nie, jy kan in jou bakkie klim en die son jaag see toe,” verduidelik Armand die boodskap van die liedjie.
Luister: ‘Eerlike, diep’ Bobby neem weer pen op
“Ek het ‘Verlore seun’ reeds ʼn tydjie gelede al geskryf, maar ek is gemaan dat ek nie té eerlik en diep moet raak nie. Op die plek waar ek tans in my loopbaan is, gee ek nie meer so baie om nie.”
Sepiegids: Liefdesvlam flikker vir Gaby, Rian in ‘Binnelanders’; lui trouklokke in ‘Suidooster’?
Mari se geheime plan teen Sanet bou momentum in “Diepe waters” en Sasha wil baie graag die nuwe onderwyser se aandag trek in “Arendsvlei”.
Luister: Karlien Husselman vind die mens agter musiek
“In die tyd wat ek weg was uit die musiektoneel het ek depressie gehad weens trauma. Ek het na die Here geroep en Hy het my opgelig.”
Luister: Ongerepte wildernisse weer in Bonné se visier
“Ons ervaar kosbare oomblikke, wat snaaks en opwindend is, maar ons raak ook dieper en gee insig tot die menslike gees deur die natuurstories wat ons vertel.”
Video: ‘Versterk só aanlyn teenwoordigheid as entrepreneur’
Magriet Groenewald se jongste wenk vir entrepreneurs is om seker te maak jy het ʼn goeie aanlyn teenwoordigheid.
Luister: Slaap, die sleutel tot algehele gesondheid
Kinders word nie om dowe neute al vir donkiejare vroeg bed toe gestuur nie. Dr. David Goncalves gesels met Maroela Media oor die belangrikheid van ʼn goeie slaappatroon vir ʼn kind se algehele gesondheid.
Só word Westdene-busramp 39 jaar later nog onthou
“My eerste gewaarwording was kinders by die wal wat te hoog is om uit te kom. Sommige van hulle het verbete vasgeklou aan hul tasse. Ek het besef dat hulle in die pandemonium om uit te kom mekaar gaan verdrink.”
‘Lekker mense, tasbare gees’ op Super Sokkie-bootreis
“En elke keer as almal op die boot ‘Kaptein’ en ‘Jy soen my nie meer nie’ so lekker uit volle bors saamsing terwyl die Maroela-strandballe deur die lug vlieg, dink ek: Dis ons lesers dié, en hulle is lekker mense.”
Luister: Jong Anzélle verower treffer vir treffer musiekharte
Anzélle sê haar musiekstyl en die manier waarop sy musiek skryf het intussen handomkeer verander.
Sepiegids: Louis, Naomi weer nader aan mekaar in ‘Binnelanders’; Mari dryf wig tussen Sanet, Ben in ‘Diepe waters’
In “Suidooster” deel Sammy iets met Mymoena wat haar asem wegslaan, en in “Arendsvlei” raak Rachel en Bompie se passie vir mekaar gevaarlik.
Fliekresensie: Straathond voer gesinne mee in boeiende avontuurfliek
Maak ʼn knoop in jou oor. Gaan bietjie uit gedurende die baster-langnaweek en trakteer jouself en jou gesin.
Video: ‘Sosiale media ʼn entrepreneur se beste vriend’
In die jongste wenk-video verduidelik Magriet Groenewald hoe om as entrepreneur sosiale media tot jou voordeel aan te wend.
Luister: Hoe lyk ʼn kind wat emosioneel gesond is?
In hierdie episode gesels dr. David Goncalves, sielkundige, oor emosionele gesondheid van kinders en hoe voldoende voeding daarmee verband hou.
‘Skatkis van kennis’: Hans Heese sterf
“Hy’t gereeld stories vir my gelewer vir die koerant, oor interessanthede van kombi’s, Peugeots en die groot oorloë. ʼn Skatkis van kennis en belangstellings ver en wyd.”
Tennisster se kêrel (42) sterf skielik
Hy was ten tyde van sy dood in Miami saam met Aryna Sabalenka, waar sy besig was om voor te berei vir haar deelname aan die Miami-Ope.
Wat is op die kassie?
Vandeesweek kyk ons na die nuwe fliekweergawe van ʼn Deon Meyer-roman, en Taylor Swift bring haar fenomenale konsertreeks The Eras Tour na die kassie.
Sepiegids: Groot besluite word geneem in ‘Suidooster’; Henry, Lettie se troudag breek aan in ‘Diepe waters’
Conrad is oortuig Tracy en Tertius voer iets in die mou in “Binnelanders”, en Lee-Roy betrap vir Janice en Lionel in ʼn ongemaklike situasie in “Arendsvlei”.
Bekroonde draaiboekskrywer (86) sterf
Hy het die Oscar-beeldjie wat hy in 2011 gewen het aan “alle hakkelaars regoor die wêreld” opgedra.