Maar die vraag bly: Reflekteer ’n losbandige seksuele lewe ’n gebrek aan staatsmanskap? Of staan die twee sake los van mekaar?
Alles deur die skrywer Leopold Scholtz
Volkereg: Die problematiese streep
Tog, wat die wêreld tans het, al is dit hopeloos onvolkome en selfs skynheilig, is beter as heeltemal niks. Tans bestaan daar darem ʼn jurisprudensie waarop teruggeval word. Maar veel is dit nie. Welkom in die internasionale politiek!
Gebruik gerus jou onsinverklikker
Lees beskouings uit verskeie rigtings. Bly liefs weg van die soort anti-intellektuele denke en leuens waarmee die kuberruimte oorspoel word. Gebruik jou onsinverklikker en gesonde verstand.
Wat is gratis gedekoloniseerde, afrosentriese onderrig?
ʼn Sinsnede in ʼn koerantberig Maandagoggend, oor die onrus op verskeie Suid-Afrikaanse kampusse, het my nogal opgeval. Daarin som die ontevrede studente hul eise in dié woorde op: “Gratis gedekoloniseerde, afrosentriese onderrig”.
Zuma-strategie stadig maar seker aan die uitrafel
Hoe lank kan pres. Jacob Zuma nog uithou as politieke hoof van Suid-Afrika en van die ANC?
Is Tsafendas ʼn held?
Met dié dat die aandag die laaste dae gevestig is op die moord op dr. Hendrik Verwoerd in die Volksraad 50 jaar gelede, het stemme opgegaan dat sy moordenaar, Demetrio Tsafendas, postuum tot struggle-held bevorder moet word.
Twyfel oor duursame vrede in Sirië
Die Siriese burgeroorlog is basies onoplosbaar. Bowendien is dit die bron vir groot onstabiliteit in die wêreld, onder meer die vlugtelingprobleem in Europa. Waarom kan die mense nie ophou om hul eie land so te vernietig nie? Leopold Scholtz soek na ʼn antwoord.
Daar ís belangriker goed wat saak maak
Aksie lok reaksie uit. Reaksie lok teenreaksie uit. En só kan ’n saak eskaleer totdat niemand meer onthou waaroor die oorspronklike geskilpunt gegaan het nie.
Vlugtelinge in Duitsland – eenvoudige oplossing maar moeilik uitvoerbaar
Dit was verlede week– om presies te wees, op Woensdag, 31 Augustus – presies ʼn jaar gelede dat bondskanselier Angela Merkel ʼn sinsnede geuiter het wat haar moontlik vir die res van haar lewe gaan agtervolg. Wir schaffen es (vry vertaal: “Ons sál slaag”), het sy op ʼn perskonferensie in Berlyn gesê.
Kan die ANC homself nog werklik hervorm?
Die ANC-alliansie is tans gewikkel in ’n steeds intenser wordende onderlinge burgeroorlog. En solank ene Jacob Gedleyihlekisa Zuma die leier van die alliansie is, sal dié burgeroorlog al meer politieke bloed laat vloei.
Op die altaar van ‘politieke korrektheid’
Verlede week is die Duitse historikus Ernst Nolte in Berlyn oorlede. Die gemiddelde leser sal sy naam nie ken nie – maar moenie ophou lees nie, want al was dit slegs by implikasie, was sy werk nogal van belang vir Suid-Afrika.
Koalisies: Haelgeweer-huwelik of demokrasie-brug?
Koalisies kan, veral in die groter stede, dálk iets goeds vir die Suid-Afrikaanse demokrasie inhou. Kom ons skilder ’n scenario waarin die DA en die EFF saam ’n stad moet bestuur. Dit kan op een van twee rigtings uitloop, skryf Leopold Scholtz.
Munisipale verkiesing: Vir die eerste keer stem Suid-Afrikaners ‘on-etnies’
Suid-Afrikaners se stemgedrag verlede week het iets buitengewoon interessants aan die lig gebring. Vir die eerste keer het ’n beduidende persentasie Suid-Afrikaners “on-etnies” gestem, meen Leopold Scholtz.
Nuwe politieke skeidslyn: ‘Oop’ teenoor ‘geslote’
In die ou Suid-Afrika was die begrippe links en regs bepalend. Links (dieselfde as “liberaal”) was ’n vloekwoord; regs (of “konserwatief”) ’n towerwoord.
Withuis-droom: Trump kort ’n deksels groot hupstoot
Niemand met enige ervaring kan op dié oomblik onvoorwaardelik sê wie die Amerikaanse presidentsverkiesing gaan wen nie. Dis eenvoudig onmoontlik, skryf Leopold Scholtz.
Staatsgreep: Turkse reaksie veroosaak dilemma vir Navo, EU en die Weste
Pres. Reçep Tayyip Erdogan se felle – sommige meen buitensporige – reaksie op verlede week se mislukte staatsgreep in Turkye het die Weste voor ’n yslike dilemma geplaas. Bly dié lande getrou aan hul beginsels, of geniet belange die voorkeur?
Die volle waarheid is altyd ingewikkeld en grys
Mense se stemgedrag verander regoor die Weste saam met die politieke kultuur. Waar linkse partye ʼn dekade of twee, drie gelede die inisiatief geneem het en regses op die verdediging was, is dit nou andersom.
‘n Oorlog kan uitbreek!
Op die keper beskou is die wêreld tans in ’n onstabiele en gevaarlike fase van sy geskiedenis. ’n Oorlog kan as gevolg van ’n enkele, onbedoelde insident uitbreek. Oordrewe? Moontlik. Leopold Scholtz ondersoek ‘n paar oorwegings.
Navo-spitsberaad: Bal Russe vuis of nie?
Aanstaande Vrydag en Saterdag kom die regeringsleiers van die 28 Navo-lidlande vir hul jaarlikse spitsberaad byeen, dié keer in Warschau. Die belangrikste item op die agenda is hoe om wat ervaar word as die Russiese bedreiging te beantwoord.
Wat sê die Britte met Brexit?
As ʼn mens die reaksies op Afrikaanse media se berigte en kommentare lees, lyk dit of baie lesers die uitslag, dat Engeland die Europese Unie gaan verlaat, simplisties op grond van hul eie ideologiese uitgangspunte benader. Leopold Scholtz neem die referendum en uitslag onder die loep.